Op my bedkassie

Leon von Moltke het seker weer iets hier begin…

Ek het mos maar ‘n deurmekaar dag vandag, en ek voel ook nou ook nie heeltemal so 10-4 nie. Toe het ek eers gewonder of daar in my chaos ‘n bedkassie is. Ek het een opgespoor langs my bed. As ‘n argeoloog en sielkundige nou oor 2000 jaar hierdie kassie moes opgrawe, soos daardie ruïnes van Pompeye, dan wonder ek wat sou hulle van hierdie fonds maak?

Die bedkassie is van Oregon Pine, en bo-op is ‘n lampie van ysterwerk en gevlegde gras. Bo-op lê:  Twee van my Swiss Army knives, 2 Casio G Shock Horlosies. Twee penne.

In die laai is ‘n K-Bar militêre mes, my Petzl koplamp en ‘n ander flits. Daar is batterylaaiers en muntstukke, adaptors van goed wat ek nie meer het nie, my hartmonitorband vir fietsry… En ‘n klompie los 9 mm patrone…

Boonste rakkie:  Blackstock se “Eiland van Toevlug” (geleende boek, vervelig…) Isak Burger se “Seisoene, Storms en Woestyne” (baie goed.) Dolf de Roos se “Real Estate Riches” (Yeah right!)  Max Lucado se “Op God se Aambeeld”- lank gelede gelees…  Die Kerkorde (ek het gewonder waar hy is vir maande…) Bill Hybels se “Courageous Leadership”.  John Freeman se “ Taking Great Photographs” So dikke van Flanagan & Finger oor “About everything a Manager needs to Know”… Joyce Meyer se “Wen die Stryd om jou gedagtes”, George Barna se “How to Increase giving in your Church”, Floris Knouwd se “Hoe kies ek ‘n lewensmaat”,  Neil Anderson se “A Way of escape” En Phil McGraw  se “Self Matters

Onderste rakkie: Patrick Holford se “Optimum Nutrition Bible” (onoopgemaak), Dr Peter Tyrer “Spanning” (baie oud) National Geographic se kaart van “The Gulf of Mexico, layers of Life” en ook “Great Migrations” Die Eenjaarbybel (Nuwe Testament) Dietrich Bonhoeffer se “The Cost of Discipleship” (uitstekende boek!) Nancy Gardiner se “Maak tuin in houers”, David Gatward se “Some Churches do ‘ave them…” (humoristies) Neil Anderson se “Bevryding van Vrees”  Car Magazine- Februarie 2011 uitgawe,  Rick Warren se “Purpose Driven Church” en Robert Schuller se “Life is not fair, but God is good…”

Dis nie noodwendig die beste boeke ooit nie, dis net deel van honderde boeke op die rak, en hulle is op die oomblik toevallig in my bedkassie.  Enkeles van hulle sou daar bly as ek my heel beste boeke ooit moes kies, baie ander sou bykom, en die meeste van hierdie keuse sou ook weer terug studeerkamer toe gaan. Ek is net te lui…

Wat maak julle uit van hierdie versameling, en wat sê dit onbewustelik? En wat is in jou bedkassie?

9 thoughts on “Op my bedkassie

  1. O ja, en Norman Vincent Peale se “Power of Positive Thinking…” as ek reg onthou wou die mense met die geestelike bevrydingsbediening laas nog hê ‘n mens moet hierdie boek, en enige iets van Robert Schuller dadelik bely en verbrand….

  2. Ag, lees bly darem maar lekker. Ek is bly my bedkassie is nie die enigste een wat swaar dra onder boeke nie, darem ‘n paar minder op myne. Ek hou van die verkeidenheid van onderwerpe, mens sal nooit alles van alles weet nie, maar ‘n bietjie van alles is cool.

  3. K-bar messe…9mil rondtes….gatling guns…olifant tenks….stealth bombers. Net jou tipieses Suid Afrikaanse bedkassie!
    Genoegsaam bewapen van buite en te oordeel aan die titels ook met kennis bewapen van binne lyk dit na ‘n wel gebalanseerde opset 🙂

  4. Op my bedkassie is ‘n glas water, Tatt2 Intimate Lube, ‘n Naelknipper, en Terry Brooks se The Sword of Shannara. Nie een van die goed het iets met mekaar uit te waai nie.

  5. Pingback: wat is in/op my bedkassie? « Toortsie se Blog

  6. Pingback: Kykie in my binnekamer « Kouevuur

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s