Woensdagoggend by die Ouetehuis…

Daar is nie een ou oom met ‘n Harley by ons Ouetehuis nie, selfs nie een nie.

Die Tannies se fotos het geel geword…

 

Hulle sit daar in die son op die stoep

Hulle sien uit na die elfuur tee.

Vrydag kom die biblioteektrollie, vol van boeke van weleer,

met bewende hande hekel hulle bababaadjies wat niemand dra nie…

 

Hulle gedagtes hou vas aan eergister,

Vandag is so oneindig lank,

maar oor more wil niemand waag dink nie..

 

Genadeloos tik die staanhorlosie

die skadu’s kom al nader…

 

En tog, in een kamer, sit twee vriendinne lekker en lag…

Verlede week het ek toe…

  1.  Vriendelik wees met almal wat my pad kruis.

    Hierdie toets het ek al Maandag gedruip… Voor middagete al. Telebemarkers met “Unknown Numbers”…

  2. ‘n Wonderlike Bybelstudie oor Jona 3 uitwerk

    Baie suksesvol afgehandel…

  3. Iemand begrawe wat ek glad nie geken het nie.

    Ten spyte van ‘n blogger op litnet  se aaklige kommentaar daaroor, het ek dit met deernis gedoen, en tog vir mense iets beteken.

  4.  8 beeste en 3 worsvarke verwerk

    Suksesvol afgehandel- baie netjies gedoen.

  5. verder lees aan ‘n uitstekende boek oor leierskap, sodat ek ook ‘n “clue” kan hê…

    Gedeeltelik suksesvol- ek het so vyftig bladsye gevorder- Bill Easum se boek “Leadership on the Other Side…”

  6.  My nie laat ontstel deur mense wat snaaks aantrek en hulle hare vreemd kam en dan iets wil sê nie…

    Enkele bloggers en sekere spietkops het dit moeilik gemaak, toets gedop. Onsuksesvol

  7.  Ophou worry oor Politburo se blog wat gister gesê het 44 miljoen mense haat my… en vir hom…

    Onsuksesvol- gister se Huffington Post se bydrae oor die Suid Afrikaanse moroon se foto waar hy so by die swart seuntjie se “lyk” met sy jaggeweer poseer het dit glad nie beter gemaak nie…

  8. Iemand se lewe elke dag ophelder, sommiges deur nie by hulle op te daag nie…

    Baie suksesvol- ek het by baie mense nie uitgekom nie…

  9. Tyd saam met elke kind spandeer.

    25% suksesvol, net by die jongste ordentlik uitgekom met sy stukkie hartseer. Vrydag se nonsens was darem alles vir Ousus- maar nie by haar self uitgekom nie…

  10.  Hopelik weer by Hooglied Prakties uitkom…

    Nee wat, dop die toets heeltemal…

  11. Erens ‘n mooi stuk musiek luister

    Sit nou en luister Sarah Brightman, kon nie verlede week nie- dus onsuksesvol

  12. My Inkomstebelasting opgawe begin uitsorteer…

    Nog nie tyd gehad om daaraan te raak nie… Onsuksesvol

  13. Saam met ‘n vriend koffie drink en diep dinge gesels…

    Ja, ek het ‘n paar keer dit reggekry- Mission accomplished…

  14. ‘n Huwelik van 2 jaar terug se nonsens finaal by Binnelandse Sake probeer uitsorteer… 😦

    Glad nie tyd gehad om by hulle in hulle kantoorure uit te kom nie- Onsuksesvol…

  15. My groentetuin begin voorberei vir die nuwe seisoen…

    Nie daaraan geraak met Vrydag en Saterdag se nonsens nie- Onsuksesvol

  16. ‘n lekker ver ent op Huisbesoek gaan…

    700 km- Suksesvol, met baie pyn…

  17. weer begin oefen, want van Spanje af vreet ek net en doen niks fisies nie.

    Tel drie dae se agt ure per dag vleiswerk as oefen?

  18. Bietjie verder begin lees in die boek oor Emosionele Intelligensie wat van Februarie af op my lessenaar lê.

    Nee glad nie- Onsuksesvol

  19.  My lessenaar probeer uitsorteer dat ek weer vir ‘n slag kan sien hoe lyk hy…

    Die hoop is nou dubbeld so hoof- Onsuksesvol

  20.  Ophou funny lysies maak en begin werk…

    Gedeeltelik suksesvol, ek het nie baie lysies verder gemaak nie…, en baie hard gewerk.

    Finale evaluering: Dit was ‘n BAIE besige week, waarin ek nie by baie van my doelwitte kon uitkom nie.  Dit wat ek kon doen, het ek goed gedoen met die beskikbare tyd. Ek is tevrede…

 

Hierdie week se lysie…

1. Handel ‘n kerkbasaar suksesvol af.

2. Werk ‘n mooi Bybelstudie oor Jona 4 uit.

3. Kom by Hooglied Prakties uit…

 

Dit behoort genoeg tyd in beslag te neem!

 

Sterkte vir jou week!

 

Daar staan vanaand ‘n tent in die agterplaas…

Kom ek val in die huis in met die belydenis- ek het vanaand die aanddiens gebank!  My kollega het gepreek, en my jongste het bietjie liefde nodig gehad.

Die sake werk so: van die vier kinders is my jongste die enigste een wat van jongs af verhoudings met die teenoorgestelde geslag het. Baie onskuldig, maar hy kan baie geheg raak aan sy meisie.  Die eerste een het hom afgesê vroeër in die jaar.  En toe is daar glo die oulikste meisie in sy klas, en hulle gaan nou uit. Dit behels basies ‘n tjoklit so nou en dan, en sommige pouses sit hy en gesels met haar.

Maar vanmiddag met middagete kon ek sien die jong man se gemoed is nie lekker nie. Kort na die ete het hy op die grasperk gaan lê, en op sy kitaartjie getokkel, terwyl hy ver in die hemelruim intuur. En hy word kwaad as sy suster en broers hom uitvra, en wou ook niks vir my vertel nie.

Na my wedervaringe die naweek was ek nogal doodmoeg, en het ‘n wonderlike middagslapie geneem. Toe ek wakker word, sien ek jongste het ‘n tent in die agterplaas opgeslaan. Hy wil nou vanaand daar slaap, om bietjie “weg te kom van dit alles…”

So teen halfvyf het ek maar nog ‘n kampstoel opgeslaan langs syne voor sy tent, en die Weber nadergetrek en ‘n vuurtjie aangesteek. Ek het van ons basaarwors uitgehaal, en braaibroodjies gemaak. En toe het ons twee lekker gesit en gesels terwyl die kole reg kom. Dwarsdeur al drie kere wat die kerkklokke hier langs die huis gelui het. Ons braaibrood was baie lekker, en die boerewors was fantasties (ek het dit help maak!)  Maar die Pa-Seun gesprek was een van die kosbaarste dinge in ‘n lang tyd in my lewe.

Ek weet Jesus sal verstaan dat ek nou nie vanaand kerk toe gegaan het nie. Ek het weggebly van die een samekoms van die heiliges… Maar my seun se hart was vanaand prioriteit nommer 1. En ek glo dat hy ook vanaand die boodskap sou kry dat hy vir my baie kosbaar is, en dat ek daar is vir hom as die lewe se storms vir hom te erg begin voel. Van kleins af weet hy mos nou: Vroumense kan ‘n man klaar maak! En Pa verstaan…

Die dinge en duiwels van die dominee se dagreis na die Dopper domein…

Nee, eintlik nie dit nie, dit was vanoggend se inskrywing, maar Son het so mooi met D alliterasie begin speel daar by die kommentare.

Ek word deesdae op litnet beskrywe as baie walglik deur sekere vermoedelik Christene, en dan ook nog deur die ateïste aangeval aan die ander kant. Ek voel vanaand soos daardie tyre tussen die skip en die hawemuur!

VAndag was gelukkig heelwat minder opwindend as gister. Die ou wat daardie Chinese vloek oor my gespreek het van “Mag jy in interessante tye lewe”… dit het tydelik gewerk…

Gisteraand elfuur kom ek mos daar by my ma se huisie aan, waar vroulief en die oudste twee lankal slaap na hulle uitputtende dag… My ma is nog wakker, die teatersuster se gebedslewe is mos uitstekend as ek op ‘n motorfiets ry. En tien keer beter as dit in die nag is. En dit het gehelp, want selfs ek was skytbang gisteraand… My ma gee my mos toe ‘n slaappilletjie. En ek kry nie dadelik geslaap nie, ek haal my laptop uit, en begin op Word vanoggend se blog skryf. Maar daardie pilletjie is potent, en ek kom dit nie agter nie. Ek  spaar dit later, en gaan klim in die bed.  Toe ek vanoggend kyk wat ek alles geskryf het, wou ek myself breek! Dit lyk kompleet soos iemand wat dronk is, en al hoe dronker word, en al meer nonsens skryf!  Ek weet sommiges sal sê dis hoe my blog mos maar altyd lyk! 🙂  Maar gelukkig het die moeder nie ‘n wifi sone nie, en kon ek eers vanoggend by een uitkom om te publiseer. Ek moes BAIE wysig. 🙂

Nou vanoggend: daar staan my motorfiets met sy pap agterwiel. Die pil het my uitgesit dat ek eers so half nege myself uit die bed uit kon sleep. Ouboet help pa toe om die agterwiel uit te kry. En om die analogie te gebruik wat my so dikwels in die moeilikheid kry- sorry sensitiewe lesers! Hy kom makliker uit as in. So andersom as kraam!  Dis nou die agteras van my motorfiets. Ek en Ouboet het hom binne enkele minute uitgetrek, en die agterwiel los gehad.

So is ma en Ousus vanoggend Menlyn toe, om matriekafskeid skoene te gaan soek. En Ouboet maak die fout van sy jong lewe- hy gaan saam met hulle. My ma het ‘n ontbytafspraak met ‘n wonderlike vriendin by die Dros in Pretoriusstraat, en ek doen al my motorfietsparte by Bike Assesories so 500 m daarvandaan. Ek gaan laai vir moeder af, en gaan gee gou my band in. Hulle haal een grote spyker daar uit. Een of ander aashool het dit in Lynnwoodweg verloor.  Dis toe nes die oumense gewaarsky het- Spyker gaan jou jou gat laat sien!

O, ja, so met die rambeling saam- toe ons vanoggend die agterwiel uithaal, toe kom die remskoen saam uit. En toe sien ek hy is papierdun… Nie meer baie briek oor nie. Dit gebeur as ‘n onhandige ou soos ek self sy motorfiets moet diens vanweë kostes- ‘n motorfietsdiens by die Italiaanse agente is MYLE duurder as ‘n kar s’n!  Ek koop toe maar ook nuwe remskoene, en sit ‘n nuwe binneband in die agterwiel. Tien minute, R375 later sluit ek aan by Moeder en jong vriendin. Hemel, maar daardie Dr Os se diens is sleg deesdae! Gekraakte koppies, jêm wat iemand anders al oopgemaak het, wag vir baie minute vir die forkenknife as die kos al gekom het, en dan is alles koud…

In elk geval, Pastoriemoeder en Ousus SHOP, en Ouboet is verveeld. Ek en my moeder kyk die Tri Nations finaal. Heelwat later kom die res van die gesin daar aan. Nou moet ek en Ouboet die agterwiel terugsit!

En dit was ‘n gemors van epiese proporsies!  Want daar is vyf dinge wat gelyktydig moet gebeur:

  1.  Die ketting moet oor die sprocket bly
  2. Die remskoene moet in die Brembo raampie bly (en dis ‘n F-op!!!)
  3. Die Brembo raampie moet op sy plek op die raam van die motorfiets bly.
  4.  Aan die anderkant van die as se gat is daar ‘n spacer wat die ghries binne hou, wat verskriklik maklik uitval…
  5.  Die agteras moet deur al hierdie openinge inglip, sonder om ingedonder te word met ‘n hamer, sodat hy nie sy skroefdraad verloor nie…

Gravitasie trek al hierdie goeters gelyktydig grondwaarts. As die ketting op is, pas die remme se disk  nie tussen die remskoene in nie. As die remskoen reg is, val die spacer uit.

Dit het my laat wonder: Hoekom het die Engelse buurman vir my ‘n Fork gebring?  Het ek so hard vir een geroep?

Hoe lyk die gemiddelde motorfietsmechanic, het hy agt arms soos ‘n seekat?  Is dit hoekom hulle so BAIE ure boek as hulle ‘n motorfiets diens? En is daar nie dalk ‘n makliker manier om ‘n agterwiel terug te sit, waar remme ook vervang moes word nie?

Na lang gesukkel (moeder en Pastoriemoeder het seker maar gebid vir die sondaar daar in die parkeerterrein?) het die lang stywe agteras ingeglip in die gesmeerde opening waar hy tuis hoort. Sy moer is ordentlik vasgedraai, en toe eers het die gebeure van gister die wyk begin neem.

Die laaste paar kilometers huis toe was regtig lekker behalwe vir die FuFUFuFU tolhekke, waar dit ALTYD ‘n issue is om te stop, die beursie uit te kry, te betaal, die beursie terug te sit, die handskoene weer aan te trek, en nie jou gat af te val in die olie wat die lorries by die tolhek gemors het nie…

Dit, en jong swart mans in splinternuwe BMW’s Volvo’s en vandag: ‘n Aston Martin, wat almal openlik voor die spietkops so naby as moontlik teen 240 km/u teen my verby skuur. Wat my laat wens vir ‘n Kawasaki ZX 14, met ‘n warm tjip in, en ‘n .44 Magnum.

Go ahead, make my day…

Maar more sal ek weer oor naasteliefde by die nagmaal preek, en dit uit my hart uit bedoel! Want nou moet ek baie gaan bieg…

Huisbesoek kan baie gevaarlik wees, pasop waarvoor jy wens!

So op my Vrydag afdag moes Ousus se portefeulje betyds ingehandig wees by die Potchefstroomse Universiteit vir Chips,  Hamburgers en Owerspel, vir keuring in haar gekose beroepsrigting. En aangesien een van my wense Maandag ‘n lekker ver ent ry op Huisbesoek was (my motorfiets vir nuwe lesers), het ek ingewillig om dit te vat. Ek het gedog hier kom nou een van die dae van die lewe wat ‘n mens vir altyd gaan onthou. En toe word dit een van die dae wat ek vir altyd gaan onthou. As een van die BAD dae…

Ousus moes Vrydagaandaand in die Kleinteater in Pretoria optree. Die jongste twee is uitgeplaas om by maatjies te slaap. Ousus het saam met die skoolbus gery, en Ouboet na skool saam met ma in die Corollatjie.

Die eerste hickup het gekom toe Pastoriemoeder gou om 8h15 van haar skool af wegglip, om die dag te koördineer. Ousus het iets in haar kamer gehad (van my) wat Pastoriemoeder so ontstel het, dat sy haar dadelik gestuur het om dit op die regte plek te sit, voor ek omgekrap sou raak. Strike 1. Ek moes nog my motorfiets se ketting stywer gestel het, want ek het vroeër in die week nie tyd gehad nie. Ek soek my Allen Key tool, waarvan ek DRIE besit, een in elke fiets se saalsak, en een onder die motorfiets se sitplek. Een van die fietse se tool was in die bakkie. Ek soek, en ek kry dit nêrens nie. Strike 2.  Ek verloor dit die eerste keer, en begin donker Afrikaans praat. Pastriemoeder ruk haar op vir my, en sê ek moet alleen Pretoria en Potch toe gaan. Sy gaan nie meer saam nie. Nou moet ek my klere vir die aand se oorslaap in die topboks probeer kry, sy  kom baklei weer, netnou vou die kind se portefeulje. Strike drie. Ek is uit op my voete. Ek spring op die motorfiets, en jaag weg, rigting Potchefstroom, met die gewig van drie duisend demone op my skouers… en net die Portefeulje in die topboks. En ‘n baie slap ketting.

Die rit loop aanvankllk heel mooi. Ek stop by daardie Petroport langs die Lanseria lughawe op pad Krugersdorp toe. Drink ‘n koffie, antwoord gou ‘n kommentaar of twee.  Beplan my dag- 1 ½ uur tot in Potchefstroom , halfuur in Potch, ek sal weer so vieruur in Pretoria kan wees en die toneelstuk saam gaan geniet. So was die plan.

Tot ek in die N14 by die Zenex garage ingedraai het, rigting Magaliesburg, om kort daarna rigting Tarlton links te draai. Daar klim daardie los ketting af, en steek viervoet vas rondom die agterwiel. Ek kon dit nie verstaan nie, die volgende oomblik is dit net karre rondom my wat uitswaai, en ek wat gly waar die fiets wil. Gelukkig nie geval nie. Maar dadelik geweet hier is moeilikheid met ‘n hoofletter K.  Ek dog Brits sit sommer net hier anderkant die bult van Krugersdorp, ek bel ‘n klasmaat wat baie goed in motorfietse is om my te kom help. Dis 12 h2o.  Hy moet net wag om sy kinders by die skool te kry, dan kom hy. Hy sal ‘n ander ketting koop, en dan so 3 uur by my wees. My moed val soos ‘n gewigstootbal in my skoene in…  Daardie kantoor maak vieruur toe, en ek is net ‘n uur weg sou ek  ‘n heel motorfiets gehad het. Ses dae te  voet…  Hier kom ‘n lang wag, want my vriend is selde betyds.

Uiteindelik skakel hy Drie-uur en sê die verkeer is baie erg. Hy gaan laat wees, Hy kom vieruur daar aan, gelukkig met die regte ketting, maar die ding moet korter gemaak word. Ystersae word uitgepak, vyle, hammers, die ingenieursfirma se draaibank… ok nee, nie die laasgenoemde nie. Alles word mooi netjies, dog tydsaam herstel. Maar as ‘n mens so uiters verleë oor iemand se hulp is soos ek, sê jy niks.

Ek kom 17h20 daar by Krugersdorp weg. Nou ry ek asof daar sewe honderd bloeddorstige Rotweilers agter my aan is Potch toe. Ek trek daar  by die Puk in ‘n uur later,  en probeer die portefeulje aflaai. Maar dis Vrydagaand, geen student in sig nie. Hulle het gaan jol.  Net  hier anderkant speel  Die Blou Bulle teen die Luiperds. Elders vry  studente om donker hoekies. In vanmelewe se dae het ons… Vrou, wat het ons vansmelewe se dae gedoen?  Ons het maar presies dieselfde gedoen!

Nou ja toe, uiteindelik het ek iemand opgespoor wat iemand ken wat vertroud is met die prosedure om ‘n kunsportefeulje vir keuring by die regte persoon te kry. Hoop ek. Anders gaan die Rooi Brigade my assasinate…

Mission Accomplished!  Vyf ure laat, maar darem. Nou kom ek agter hoe honger ek is- vanoggend se Weetbix is nou antieke geskiedenis. Ek gaan gooi Brandstof in. En toe trek ek by die Mooirivier Mall in. Wou eers gaan Spur, toe onhou ek Kovsies en Pukke Spur op Vrydagaande, Saterdagoggende na sport, Sondagaand na kerk, en maandag vir die twee vir die prys van een  hamburger special. Ek stap maar verby,  want daar is ‘n lang wagtou van studente wat wag vir ander studente om nou klaar te maak dat hulle ook kan feesvier.  Maar die Cape Town Fish Market is ver bo studente se begroting. Myne ook, maar ek is nou roekeloos. Ek gaan netnou in die donker hierdie gevaarlike paaie terug aanpak, en as dit my aand is om deur die Jordaan te gaan, gaan ek dit nie met ‘n morsige hamburger in my maag doen nie.  My kredietkaart is geduldig. En daar is baie oop plek by die CTFM.  Daar sit net  paar verdwaalde ekonomieproffies in die een hoek. Hulle bespreek die modderstoeibad van die Dow en die Olieprys in geel bikini’s… Aan die ander kant sit   bebaarde 21 jariges wat  lyk soos die wyse manne uit die Ooste- hulle studeer filosofie. En wysbegeerte.  En praar ‘n klomp ka…  rboloading tergnieke voor die wereldbeker!  Daar is min mense, en weird mense, in die CTFM?  Ek het nog nooit voorheen in die CTFM geëeet nie, soos ek gesê het, bo my vuurmaakplek. Maar vanaand voel ek v… ere.  Ek, met my nuwe denim vol olie. My motorfietsbaadjie vol stof en ghries. My hare wat in alle rigtings staan, en ‘n wilde uidrukking in my oë. Die Langhaar wysbegere kyk my op en af. En in hulle oë sien ek… respek!  Ander plekke sou my uitgekyk het of die kat my daar ingedra het. Maar hier pas ek in!

Daar regs van die voordeur sit  daar so Japanese dude met  sulke skrefiesogies  en twee choppers, en dan chop chop hulle jou kos vir jou op in bite-size, of dit nou hoender is, of kalkoen, of die maltese poedel van jou skoonma- chop chop chop suye.  Sushi vir Doppers!

Aan die linkerkant is nog ‘n toonbank, en daar is hulle besig met ‘n Chinese roerbraai, maar dit  het ‘n vreemde naam, iets soos ‘n  Tramazamalalmnxnsueuasdsasasa.   Ek is roekeloos vanaand. Want netnou lê ek dalk en bloei op die N12, ek wil vir ‘n slag die lewe geniet. Ek bestel ‘n sesgereg van die Tramazamalalmnxnsueuasdsasasa  af. Met een van Windhoek se heel bestes.  Die eerste twee geregtie is sushi. Daar kom eers sulke eina- bliksem- mar-dis- warm wasabi  op, saam met pink lelletjies gemmer, ‘n bakkie vir die meng, en twee verskillende soorte sojasous.    Die eerste gereg is so ‘n affering van nagemaakte krap sprietjies, gekap om soos grasstokkies te lyk wat jou sal kiele en steek soos dit sou as  jy in die hooimied vry.

Die tweede gereg is so  ‘n seewier koevertjie,met snitte salm in, en nog wasabi!  Sesamesaad en sushi- rys. En rysbolletjies. ‘n Ontploffing van sensasie in jou mond… Ek is mal oor sushi!

Gereg 3 is gekrummelde kalamari met ‘n mayonaise sous.  Vierde gereg- sulke pedofielklein seekatjies word losgelaat om op die warm plaat te dans. Op kokende olyfolie! En hulle word so met messe gekapkapkap. Uiiteindelik beland hulle saam met nog sushirys op jou bord.

Vyfde gereg- hofgereg,.  Ek kies vis, want ek is gatvol vir vleis na die week se slagtery. So ‘n mooi wit blokkie vleis word ook netjies gebraai, met sampioene en groen murgpampoentjies word gestirfry, en op my keuse van pasta bedien.  Die nagereg  was so heerlike kaaskoek met aarbeisous oor. Nie te soet nie, nie te bitter nie, net reg.

Ek het baie lekker geëet- die sesgang  Tramazamalalmnxnsueuasdsasasa Is R110. Nie te duur nie- “the condemned man ate a hearty meal…” Dit was BAIE lekker. Maar nou moes ek nog terug Pretoria toe, waar Pastoriemoeder darem opgedaag het met ekstra klere. Ek kon nie in Potch ‘n gastehuis soek, met net oliebesmeerde klere nie. Maankind sou my nie toelaat om so op haar wit lakens te lê nie!

Ek spring nege uur gisteraand weg in Potch. Gedagtig aan die pothole wat ‘n mens nie in die donker met aankomende ligte so maklik sien nie, kies ek om maar die N12 te ry, daar deur die myne en langs Soweto verby.  So ‘n nagrit is werklik die tipe ervarings waarvan rillers gemaak is. Jy is driekwart van die tyd verblind. Dit voel vreemd onwerklik, veral die townships se rook wat so oor die pad spoel en sigbaarheid wegvat. Daar is stukke waar die lyne nie meer sigbaar is nie. Jy sien soms ‘n katogie, en bid net dat jy die pad reg lees.  Dit voel later so onwerklik soos ‘n Playstation game. Maar die einde is nie ‘n reset knoppie nie, hierdie keer is dit for keeps…  Uiteindelik kom ek op die N1 uit, en is daar darem beter beligting. Die pers ligte van die nuwe tolhekke is al aangeskakel, dit lyk soos aliens wat die hardwerkende mense wil leegsuig. Al verskil is, dit is nie aliens nie!  Die suigaksie bly.

Toe ek in Lynnwoodweg indraai, dog ek alles is nou reg. Hierdie dag se moeilikheid is verby. Netnou is ek by my ma se huis, en is alles weer reg. Moenie glo nie! In Lynnwoodweg trap my agterwiel ‘n spyker raak.  En hy word verskriklik vinnig pap- ek kan nie op hom ry nie. So die laaste 2 km na Ma se huis toe het ek langs die motorfiets gestap, met sy enjin in 1e rat dat hy homself darem vorentoe neem. Man, was ek GATVOL toe ek 11uur gisteraand uiteindelik by my ma se huis instap.

Gister het toe net glad nie uitgewerk soos ek dit beplan het nie. Vriend Nat… Nietshe Nietzxshggepigeee hoedef’n mensditookalspel beskuldig my gereeld dat daar nie ‘n God is nie. Vriend Natn..s.,shigeige, na gister kan ek jou verseker daar is ‘n Bose Een in die wêreld! Hy het opgeklim in my tuisdorp, en my nie gelos tot middernag gisteraand nie.

Dit was nou ‘n Kilo Alpha Kilo dag in my lewe. Weet julle wat het dit nog steeds die moeite werd gemaak? Vriende het my deurgedra- ‘n ou vriend wat sy middag opgeoffer het om my met sy skills te help. En Blogvriende, wat ek nog nie persoonlik ontmoet het nie, wat baie besorgd op die selfoon in verbinding gebly het, en selfs van Pretoria Noord af sou ry om my te kom oplaai?  Tot my skaamte moet ek sê dat my blogvriende gister baie meer omgegee het as gemeentelede!  Baie dankie vir julle, ek het gister oorleef, en gaan verseker vir ‘n paar van julle nog stiek vir ‘n bier! In Besonder Son, en die Wosonki’a- julle is absolute sterre in my heelal!

 

Uit op Huisbesoek…

Vandag maak ek een van Maandag se voornemens waar. Ek gaan uit op Huisbesoek. Dié wat nie my walglike sondes so in die publieke oog gevolg het nie, huisbesoek is my motorfiets se naam. Ek is nie sommer net op enige ou Duitse motorfiets nie. Nee, myne kom uit die land van styl- die land wat ook Ferrari en Lamborghini opgelewer het, om van Bugatti nie eers te praat nie… (ons sê egter niks van Fiat vir die doel van hierdie oefening nie, né!) Ek ry ‘n Italiaanse motorfiets! Nee, ongelukkig nie die Ducati 998 nie… het jy al gehoor wat kos daardie brand se dienste? Amper in Ferrari klas! Gelukkig (vir die langpad, sou glad nie omgee in die dorp nie) ook nie Verspa of Lambretta nie. Wat bly oor? Aprilia, natuurlik!

Ons het grootgeword met die groot 5- BMW, en die vier Japanese nefies, en die ou grappie: Kawasaki! Yamaha? Suzuki Honda! Toe ek so vyf jaar gelede weer die ontbranding van die ou verleiding in my lewe ervaar, het ek ernstig gesoek na ‘n BMW F 650 GS. Maar die tweedehandses was ook ver buite bereik van die plattelandse dominee se sak. Ek hoor ook daardie rumours van ryk dominees, maar dis seker net in die oostelike voorstede van Pretoria- Oos van Hans Strijdomweg…

Ek stap eendag by ‘n tweedehandse motorfiets plek in, en daar staan twee BMW’s en ‘n ding wat ek glad nie ken nie- ‘n Aprilia. Ek vra vir die Portugees daar in Zambesiweg wat se ding is hierdie, wat na die mitiese Vlieënde Perd vernoem is. En hy sê vir my van die Italianers. Wat in elk geval die twee BMW’s ook gebou het, en hulle het dieselfde Rotax 654 enjin in. Die Aprilia het nie die blou en wit propellertjie op nie, en is heelwat goedkoper… (vir dieselfde ding!) En haar figuur is baie meer aanloklik as die Duitse niggies s’n. Ek koop gewoonlik nie voertuie impulsief nie. Daar was daardie glipsie oor die Vito, maar ons praat nie daaroor nie… Ek is terug huis toe om my navorsing te gaan doen. En waaragtag- die Internet bevestig dit. Destyds (nog steeds?) is al die BMW 650’s in Aprilia se fabriek in Italië onder lisensie vir BMW gebou. En hulle het inderdaad dieselfde enjin, sommige BMW’s het net ‘n Twin Spark, waar myne net die enkele vonkprop het. Die Rotax 654 enjin uit Oostenryk, wat jy ook in Bombardier se Quads sal aantref, het verskeie pryse ontvang as die beste enkelsilinder enjin in die wêreld. Wel, Rotax moet iets regkry wat betroubaarheid aanbetref, as die meeste microlights met hulle vlieg ook… ‘n Ou wat onder ‘n stukkie seil in die hemel rondhang, wil seker nie gereeld worry of daardie waaier agter hom nog werk nie…

Ek het in die eerste Junkmail wat ek gekoop het, my motorfiets raakgeloop, meer as ‘n week in publikasie in. Ek was stom verbaas toe ek die vorige eienaar bel, en hy sê niemand het nog na die fiets kom kyk nie. Ek en Ouboet spring in die Bakkie, en ry dadelik deur Pretoria toe. Ons kom by die man se meenthuiskompleks, en toe hy die motorhuis se deur oopmaak, toe sê Ouboet dadelik: Koop hom, PA! En ek dag toe ook dis wyse raad. Want my fiets was spotless. Vyf jaar oud, presies 10 000 km op die klok… Gou bank toe gegaan, en my huislening gaan beroof. En die volgende dag met ‘n banktjek en vroulief teruggery al die pad Pretoria toe, om haar te gaan haal om saam te kom, en ‘n intieme deel van my lewe te word…

Haar naam is Huisbesoek, want, as iemand bel om my te soek, kan my vrou mos eerlikwaar sê: Dominee is uit op Huisbesoek… En ons almal weet tog dit is wat van Dominees verwag word, om gereeld uit op Huisbesoek te wees! Nou ja, netnou is ek uit op Huisbesoek. My dogter moes ‘n portefeulje bymekaar stel vir keuring daar by my ou Aartsvyande, die P.U. vir Chips, Hamburgers en Owerspel… En sy vertrou nie die Koeriers nie, want as hulle dit laat wegraak, is ‘n groot kans in haar toekoms daarmee heen. So vandag is ou Huisbesoek ‘n Delivery Bike. Maar sy gee glad nie om nie. En ek ook nie. Ek het dit nogal nodig na die hele week se werk met dooie karkasse… Sussie moet gou ‘n koevert gaan koop om alles in te sit, en dan vat ons die langpad.

Vanaand slaap ek en Huisbesoek oor in Pretoria, die groot en bose stad, want sussie tree op in die Kleinteater, en Mammie en broers kom deur met die bakkie… ‘n Moerse klomp tolgeld… Die ding wat my die kwaadste maak, is tolhekke en motorfietse. As ek op Huisbesoek deur die tolhek gaan, weeg ons saam seker so 280 kg. My tolgeld is dieselfde as wanneer ek met my 1.6 ton bakkie, vol gelaai met my karavaan agter aan (1.5 ton gelaai?) deur die tolhek gaan. Om elke keer my beursie uit my leerbaadjie se sak te haal, is nag. Motoriste raak so ongeduldig. Eers moet jy veilig tot stilstand kom. Dan jou handskoene uittrek en so sit dat hulle nie val nie. Dan jou beursie uit die sak uit haal, jy kan dit nie in die ry doen soos motoriste nie. Die geld uittel. Die beursie weer bêre, die handskoene aantrek, en dan vertrek. Dit vat ‘n rukkie. So motoris, dis hoekom jy ‘n middelvinger kry as jy ongeduldig raak en toet. Ons betaal dieselfde as julle om op daardie pad te wees. En dis moerse onregverdig! SANRAL- julle is deur die k*K!

In elk geval, al daardie onderdrukte emosie sal nou nou uitkom op die motorfiets. Ons gaan pret hê! Ongelukkig is ou Huisbesoek maar aan die stadige kant, soos Thumpers mos maar is. Topspoed is 170 km/u en dan suip sy petrol soos ‘n ou Italiaanse hoer in ‘n hawekroeg. Ek sal maar rustig teen 140 km/u cruise… Eendag, hopelik, sal daar ‘n 1200 GS in my lewe wees. Maar vandag is ek gelukkig, ek het ‘n motorfiets, ek het ‘n tank vol petrol. En nou gaan ek rubber brand. Terwyl jy op kantoor moet sit. Sorry. Verry Sorry!

Om te bloei vir volkenvaderland…

Vanmiddag het ons ses dae se  vleiswerkery afgehandel. Een honderd drie en dertig netjies gepakte kratte vleis staan gereed en wag om teen ‘n baie goeie prys verkoop te word.

Terwyl ons so klaarmaak, biep die Blackberry, en herinner my dat die  SANBS weer in ons omgewing is vandag. Die Bloedbank wil hê ek moet ‘n deposito maak. Ek hoop om verskriklik baie deposito’s te maak in my lewe, en hopelik geen onttrekkkings ooit aan te vra nie.

Ek moes nou eers huis toe ry, en vir ure in die bad gaan lê dat die varkreuk van my kan afspoel Daarna moes ek myself behoorlik inchat. Want sien, bloedskenk is nie vir my maklik nie. Want dit behels ‘n prik op die vinger, wat ALTYD ‘n senuwee tref en my teen die dak laat vashop.  Dan sak daardie druppel bloed soos ‘n stuk gietyster tot hy so KEKLANK teen die bodem tref. Daardie toets pass ek gewoonlik.

As ‘n mens hier uitgekom het, beteken dit jy moes eers die ekwivalent van die matriek wiskunde eindeksamen vraestel deurgewerk het.  En die persoonlike vrae wat hulle vra! Jy moet belowe jy het nie onlangs saam met Jollie Angelina in die bed gespring nie, behalwe nou as jy Bradd Pitsweer is, wat ek nie is nie…  Jy moet met jou hand op die Boy Scout Veldgids sweer dat jy nie onlangs seks met jou naaste se os of sy esel, sy diensmaagd of sy slavin gehad het nie.  Nee, ek het nie…

Belowe jy dat jy na die beste van jou wete nie onlangs ‘n naakte persoon van die teenoorgestelde geslag gesien het, en onbehoorlike gedagtes in jou Medulla Oblongata ervaar het nie? Nee….

Jou mediese geskiedenis word deeglik nagevors. Was jy al ooit in Uganda? Het jy gorillabrein geëet? Het jy al ooit onbehoorlike omgang met ‘n malariamuskiet gehad, wat jou sonder jou instemming gepenetreer het?  Was jy by die tradisionele geneesheer, wat vir jou dolosse gegooi het en jou toekoms voorspel het, voordat hy jou voorvel met ‘n stomp en geroeste assegaai afgesaag het?  Liewe hemel mense, is dit hoekom julle op bladsy een gevra het of ek wit, pink, liggeel, ligbruin, donkerbruin, haselneutbruin, mattblack of shiny Nigerian black is?

Het jy al geelsug gehad, of blou balletjies, of groen oë?  Mense, wat is dit met die kleurkryt toets? Toets hulle of ‘n mens kleurblind is, of nie?

Die enigste vraag wat omtrent sin maak, is die tweedelaaste een, wat hulle so tricky wegsteek tussen die ander potensiële nee’s. Is jou bloed veilig om vir iemand anders van die menslike spesie te gee, om sy lewe te red? Hemel, ek hoop so. Na al die vrae is ek nie meer seker nie.  As jy hierdie een ook in die haas nee gemerk het, dan moer hulle jou bloed weg nog voor hulle by die Hammanskraal tolhek verby beweeg. Illegal Dumping of Hazardous Medical Waste, noem hulle dit…

Na die vorm, en die prik in die vinger, neem hulle altyd my bloeddruk. En dan neem hulle dit weer. En dan kyk hulle bekommerd na my, en vra of ek ok is. Wat sou dit tog nou beteken?  Natuurlik voel ek ok, anders sou ek mos nie hier gewees het nie…  As jy so sê- op eie risiko gaan jy aan.  Hulle verwag darem dat die boonste een (sistolies?) darem daar naby die syfer op my paytjek sal wees, en die onderste een (diabolies? demonies?)  nie veel hoër as Julius  se IK nie…  Op eie risiko loop ek oor na die dame wat die hoop plastiese jiffysakkies en die hele lab se glasbotteltjies het. Daar is omtrent tien plastiese sakkies, wat elkeen ‘n Castle Draught se ekwivalent in bloed kan vat. Hierdie hele pakket vertrou hulle toe aan jou bewende hande, terwyl jy bewerig na die opvoustoeltjie toe stap, en amper in dieselfde nederige posisie as die tandekwak se stoel jou lê vind.

Dan kom daar so GROOT swart suster, met ‘n wrede uitdrukking in haar oë nader. Haar voorouers was heel behendig met Zulu assegaaie by Bloukrantz, en hierdie is nou haar beurt met daardie naald! Whitey, vandag gaan ek jou kry! Nee, dis toe net die vrees wat my so laat hallusineer- eintlik was sy die dierbaarheid self.  Niks van daardie Bulala Amatigata stront nie, ek belowe. Baie vriendelik groet sy my, en verneem wat my naam en geboortedatum is. So asof ek vir die grap gou my sakkie sou omruil met die mislikepaliteit spietkop agter my in die ry.  En dan, wanneer sy relatief seker is ek is nie Maarmoer Gaddafi nie, dan glip daardie naald in my aar in, en begin die lewe stadig uit my uitsyfer.

Ek word stadig bleker van my kroontjie af, soos die kleur uit my uit in die bottel in val. ‘n Mens het ‘n kwartier tyd om daardie gallon vol te bloei. In daardie tyd tik elke sekonde stadig af. ‘n Mens het so baie tyd om te dink oor al jou sondes, wat in my geval baie is, soos sekere Blou Windpomp motorwagte graag vir my wil uitwys. ‘n Mens het nog meer tyd om te dink oor die sin van die lewe, of daar ‘n God is of nie. Daar is. Het God ‘n humorsin? Verseker het Hy, Hy het dan vir jou ook gemaak!

Maar nadat ek die sin van die lewe weer mooi onder die knie gekry het, was daar nog veertien en ‘n half minute oor.  Dit het my teruggeneem na my lewe, en verskeie tonele het voor my geestesoog verby geflits. Terug na daardie eerste keer… Ons was eerstejaars in die koshuis op universiteit. En ons moes eenvoudig gaan bloed skenk, die koshuis wat die meeste eenhede geskenk het, het sekere bonuspunte gekry wat ons status as topkoshuis nog verder kon vestig. Bloei, bliksems, bloei, is ons vriendelik genooi deur die Oumanne. Hoe kan ‘n mens dan nou nee sê as jy so vriendelik gevra word.

Die eerste probleempie was gewees dat ek nie kon onthou of jy moet eet of nie, voor jy bloedskenk nie. Ek het kort voor dit ‘n mediese ondersoek deurgemaak, waarin ‘n vastende monster getrek is (vir my Blou vriende- dis nou daardie gedrog in die grot wat nie eet nie…) Ek het besluit- dis seker wat hier ook moet gebeur. Ek het die vorige aand laas geëet, en die volgende middag na klas gaan bloei.

Dit was ‘n effense foutjie. Eintlik ‘n baie groot een. Niemand het gevra of ek geëet het nie, die slim mense weet mos hierdie goed!  Ek het my bloed geskenk, en dit was heel goed. So effentjies duiselig gevoel. Tot ek vinnig opgespring het…

Twee maande voor dit het ek ‘n motorfiets afgeskryf, en die bynaam Kammikazi gekry- nee nie die vriendelike dokter in Bloemfontein op hierdie blogs nie. Die selfmoord vlieëniertipes. Daardie keer het ek so in die teerpad gelê, en baie stadig by my bewussyn gekom.

Ek word wakker. Maar ek is heeltemal gedisorienteerd. Oor my buk die mooiste blonde engel, met ‘n baie bekommerde gesig. Sy vra of ek orraait is. So dis hoe dit voel om dood te gaan. Glad nie erg nie… (dis nou as jou saak met die Here reg is en jy gereed is om hemel toe te gaan…)  Maar wat maak ek dan hier? Ek het nie op die oomblik ‘n motorfiets nie, myne is ‘n wrak. Ek het nie in my Beetle gery nie. Het ‘n kar my raakgery? Stadig begin my oë verby die blonde engel se pragtige ogies fokus. Ek is in ‘n baie groot vertrek. Die Hemel se troonsaal? Toe nou nie. Die Pluimbalsaal. En toe begin geluide terugkom, en ek hoor hoe Reitz se manne vir my lag. Die bliksems.  Die Reitz  4 se pappies was ook nie nice nie! Ek het reg agteroor geval toe ek uitpass, en my kop hard teen die vloer geslaan.  En al die studente het vir my gelag. Behalwe die blonde engel…

Sy het gehoor dat ek nie geëet het nie, en toe gesorg dat ek baie koekies en koeldrank kry.

Na so tien minute het ek gedog ek is nou reg. Ek het op ‘n stoel gaan sit, en weer uitgepass- reg agteroor!  Toe laat hulle my lê, en stuur my vriende om vir my kos by die kafeteria langsaan te gaan koop. Dit was baie erg. Maar dis regtig heelwat beter as wat dit die eerste keer was, solank ‘n mens ietsie eet.

Nou ja, met die vernederende episode meer as twee dekades in die verlede, het my aandag na vandag toe geskuif. My sakkie was vol gebloei.  Die suster het die sakkie geweeg, en toe daardie naald uit laat glip. Ek het opgestaan, en met net ‘n ligte systappie my pad gevind tot by die koekies en koeldrankie. En sonder om teen enige bome te bots, my pad gevind terug huis toe.

Ek hoop regtig my bloed kan iemand se lewe help red vandag. Ek gee nie om of die ontvanger wit, geel, pienk, pers of swart is nie, mag daardie persoon genesing ervaar en gou weer voluit lewe.

Soms wens ek net dat my bloed ‘n babatjie kan help om te kan lewe. Of ‘n pragtige blonde engel êrens se lewe help red.

My ongelowige vriende, en veral vyande moet hierdie een maar vergewe: Ek skenk bloed, omdat Iemand eendag bloed geskenk het, sodat ek kan lewe. Dis net ‘n klein dankie vir die wonderlike gawe van LEWE.  En ek bid dat die ontvanger van my pint bloed sal LEWE, en gelukkig sal wees as mens.

Op hierdie oomblik…

  1.  Sit daar ‘n klomp mense op die gras by die Blue Peter, en kyk hoe die son oor Robbeneiland sak, met ‘n Peroni Draught in die hande, en ek is nie daar nie…
  2.  Is daar mense wat kyk na die Grand Canyon, en ek is nie daar nie…
  3.  Surf daar ‘n beeldskone rooikop in die water by Maui, en ek is nie daar nie…
  4.  IS daar mense op die ferry by Istanbul, wat vanaand by Doy Doy’s agter die Blou Moskee gaan Beyti Kebabs eet, en ek is nie daar nie…
  5.  Stop die rooi Ferrari buite die Casino in Monaco, en die blondine met die lewenslange bene klim grasieus uit, en ek is nie daar nie…
  6.  Is ‘n paartjie op pad vir ‘n romantiese langnaweek in die Laeveld, en dis nie ek nie…
  7.  Sit die mense in die munisipale Refugio bo-op o Cebreiro, sommiges het by Meson Carolo gaan Pelgrims Menu eet, en ek is nie daar nie…
  8. Is daar mense wat in die movies sit, en ‘n fliek kyk wat hulle nog altyd wou kyk, en ek is nie daar nie…
  9.  Is ‘n jong man besig om ‘n jonge dame witwarm te soen langs die Seine rivier langs die Notre Dame Katedraal op die Ile de City, en dit is nie ek nie…
  10.  Is daar mense wat so pas kreef by die Muisbosskerm bestel het, terwyl die son net soos op Bloubergstrand sak, en ek is nie daar nie…
  11. Is ‘n kerkraad in die Bosveld besig om te besin oor die een dominee wat bedank het, en die ander een wat wil aftree, en Goddank, dis my kollega en nie ek nie, wat dit moet help uitsorteer vanaand…
  12.  Skyn die son helder op die Noordpool, en niemand is daar nie…
  13.  Loer mense onder Gadaffi se bed in Tripoli, want hulle wil hom ophang en dan partytjie hou, en ek is nie daar nie…
  14.  Is daar jagters in die veld, wat die kampvuur aangepak het, en nou ‘n brandewyntjie inskink want die Koedoebul hang agter in die vleiskamer, en ek is nie daar nie…
  15.  Is daar lewe op ‘n ander planeet in ‘n paralelle heelal, en die quantum- ekke daardiekant  weet ook nie meer hoe om sy vrou te verlei nie, en ek ook nie…
  16.  Is daar mense wat êrens besig is om liefde te maak, en dit is nie ek nie…
  17.  Slaan ‘n man die vrou van sy lewe deur die gesig met sy vuis, en gelukkig is ek nie daar nie…
  18. Is daar ‘n vroutjie in Pretoria Oos Hospitaal wat kreun om ‘n baba in die wêreld in te druk, en dank Vader, dis nie myne nie…
  19. Is daar iemand wat by die lykshuis ingestoot word, en dis nie ek nie…
  20.  Sit iemand en nonsens skryf op sy blog, want hy wag vir Australian Masterchef om op te kom,  en het niks anders om vandag te sê nie want hy is te donners moeg… dit is ek…

Red my van die dood…

Hier is net ‘n vinnige, kort enetjie vir ‘n slag… (eerste keer?)

Vandag gaan ek die dood die hele dag in die oog staar. Ek gaan nou ry, en daar waar ek gaan, wag daar agt dooie beeste en drie dooie worsvarke om opgesny te word, en in pakkies te klim. Die worsvarke moet nog eers met die beeste dans in die menger, en dan hulle rus vind in die dermpie…   Hulle doen dit nie vanself nie.

Elfuur moet ek ‘n man begrawe wat ek nog nooit ontmoet het nie. Hy is nie in ons gemeente gewees nie, hy het ook verkies om sonder kerk te lewe…

Sy dogter is in ons gemeente, en ek moet hom begrawe met net ‘n halfuur se gesels oor sy lewe…

Hoeveel leer  ‘n mens werklik ken van iemand in ‘n  halfuur voor sy begrafnis? Kan ‘n halfuur genoeg wees om te praat van al die jare se liefhê, en haat? Kan ‘n halfuur vertel van groot vreugde, en seer langs die lewenspad?  Kan onse mense vertel van passievolle liefdemaak met die persoon van jou drome? Kan ons vertel van die kere wat ons op die bergtoppe gestaan en sing het?  Kan ons vertel van die ellende onder in die put, die ervarings van in die modder van die lewe lê?

Al wat ek kon hoor in die halfuur, was dat die man getroud was, dat sy vrou baie sieker as hy is, dat hy drie kinders in die lewe gebring het, en dat hy altyd gelag het.

Miskien is dit die mooiste getuigskrif- hy het altyd gelag…

Ek moet vanoggend vertel van die Goeie Herder wat ons lei, deur die donker dieptes en die dal van doodskaduwee heen, deur die waters waar daar vrede is, tot by die Vader se huis.

Ek ken nie die man nie. Ek ken wel die Herder… miskien is dit genoeg…

Vanaand, as ons klaar die slagmesse gewas en gebêre het, gaan ek nogal genoeg van dood gehad het vir een dag. Enige voorstelle om die LEWE te vier as ek vanaand by die huis kom?

 

Hierdie week gaan ek…

  1.  Vriendelik wees met almal wat my pad kruis.
  2. ‘n Wonderlike Bybelstudie oor Jona 3 uitwerk.
  3. Iemand begrawe wat ek glad nie geken het nie.
  4.  8 beeste en 3 worsvarke verwerk
  5. verder lees aan ‘n uitstekende boek oor leierskap, sodat ek ook ‘n “clue” kan hê…
  6.  My nie laat ontstel deur mense wat snaaks aantrek en hulle hare vreemd kam en dan iets wil sê nie…
  7.  Ophou worry oor Politburo se blog wat gister gesê het 44 miljoen mense haat my… en vir hom…
  8. Iemand se lewe elke dag ophelder, sommiges deur nie by hulle op te daag nie…
  9. Tyd saam met elke kind spandeer.
  10.  Hopelik weer by Hooglied Prakties uitkom…
  11. Erens ‘n mooi stuk musiek luister
  12. My Inkomstebelasting opgawe begin uitsorteer…
  13. Saam met ‘n vriend koffie drink en diep dinge gesels…
  14. ‘n Huwelik van 2 jaar terug se nonsens finaal by Binnelandse Sake probeer uitsorteer… 😦
  15. My groentetuin begin voorberei vir die nuwe seisoen…
  16. ‘n lekker ver ent op Huisbesoek gaan…
  17. weer begin oefen, want van Spanje af vreet ek net en doen niks fisies nie.
  18. Bietjie verder begin lees in die boek oor Emosionele Intelligensie wat van Februarie af op my lessenaar lê
  19.  My lessenaar probeer uitsorteer dat ek weer vir ‘n slag kan sien hoe lyk hy…
  20.  Ophou funny lysies maak en begin werk…