Bileam se Donkie se skokkende belydenis: ek het ‘n Skelmpie!

Ek weet, ek weet! As die Sinode van Noord-Transvaal se Tribunaal hiervan hoor, dan gaan ek my anaal sien…  Dominees mag net saamwoon met een persoon van die teenoorgestelde geslag, waarmee ‘n mens mooi in die huwelik getree het voor die kansel.

Die mense wat BsD goed ken, weet ook dat ek baie, baie lief is vir my vrou, en niks sal doen om haar hart ooit te breek nie. Maar dit het gebeur, selfs met my. ‘n Mens kom op ‘n dag agter dat die vlam van ou liefde nooit heeltemal geblus het nie. Een vrou kan nie al die passie meer hanteer nie… Jy ontmoet skielik iemand op ‘n dag, wat jou herinner aan jou tienergevoelens, daar tydens ‘n mens se puberteit wanneer alles so intens voel en ‘n mens so oor jou ore verlief kan raak.

Dit het so gebeur- vir baie jare was daar net die een vrou in my lewe. En ek het my alles vir haar gegee. Maar ek het altyd net so stukkie vryheid gesoek.  Net om te kyk of ek nog kan, amper soos Chris de Burgh so mooi gesing het in sy lied “It would take much more…”  Ek is ook verlief op ‘n Italiaanse meisie. Vandat ek haar die eerste keer gesien het, kan ek my oë nie van haar afhou nie. Daardie kurwes is amper meer as wat ‘n man van vleis en bloed kan hanteer!  Ek hou so daarvan om op haar te klim, en allerhande knoppies te druk, wat haar baie gevoellig en vol liefde maak.  Sy het die mooiste stem, so sagte strelende stem. Ongelukkig is sy soms te sag, en dit kan lewensgevaarlik wees.

My vrou weet van haar. En sy gee nie om om my met haar te deel nie. Dit maak dat sy minder frustrasies van my kant af hoef te hanteer, en minder van my nonsens hoef op te vreet.

Ek het besluit om dit tog maar te waag om uit die kas uit te kom, aangesien niemand van die kerk ooit hier lees nie. Hier is my skelmpie- is dit nie ‘n pragtige foto van haar nie?

Hier was sy bietjie nat en vuil(soos ‘n man mos maar van jou skelmpie hou!)  maar ons het lank en ver gery…

Onderwerpe:  my skelmpie- sorry vrou!

18 thoughts on “Bileam se Donkie se skokkende belydenis: ek het ‘n Skelmpie!

  1. Oooooo! – dis met my Berg in die agtergrond (waar’s Demoerin en Turksvy nou :lol:)! As mens ‘n klip (berg) vir ‘n skelmpie kon gehad het, dan het jou skelmpie nou voor my skelmpie gestaan op hierdie foto. Jou skelmpie is amper so mooi soos myne😉

      • Ja, hierdie een keer het hy sy naam gebruik as ‘n werkwoord in plaas van ‘n beskrywende voornaamwoord, of wat ‘n mens dit ook al noem… DMI- daar is nie mooier omgewing in die ganse wêreld nie, behalwe as ek haar by Big Bay parkeer en so die skeepswrak uit die foto uitsny.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s