Mr Bean se Glipsie (om aandag van my glipsies af te lei ivm skelmpie…)

Ek en my kinders is mal oor Mr BEan. Mr Bean ry altyd rond in ‘n ou groen  Mini. My kinders ken ‘n Mini net as ‘n Mr Bean karretjie.  ‘n Mens wil jou breek oor Mr Bean se gesigsuitdrukking, as daardie baie lang ou hom so om die stuurwiel van sy mini vleg.

foto http://www.squidoo.com/FunnyMrBean

Maar wat gebeur nou as Mr Bean dalk in die werklike lewe sy hande op ‘n Superkar lê? Soos die McLaren F1 Supercar?

Hy vou hom om ‘n boom! Rerig! Gisteraand in Cambridgeshire gebeur!

Lees die BBC se berig hier:

Gelukkig het hy nie baie seer gekry nie, net sy skouer lig beseer.  Ek wonder hoe het sy gesigsuitdrukking toe gelyk?

Ek sou nie omgee om so ‘n karretjie soos die onderste een onder my afdak te hê nie! Ongelukkig kan ek nie eers die boonste een bekostig nie! Alhoewel my eie voorkeur eerder die Enzo Ferrari sou wees- die F60 model.

Foto 1- foto http://www.squidoo.com/FunnyMrBean

Foto 2- http://top-supercar.blogspot.com/2011/02/mclaren-f1.html

11 thoughts on “Mr Bean se Glipsie (om aandag van my glipsies af te lei ivm skelmpie…)

    • Nee man, Porsche is vir armgatte! (So tussen ons gesê- eintlik is jy heeltemal reg- ek is persoonlik baie lief vir die 911 se lyne. Ek sou glad nie omgee as ‘n miljoener hier lees en dan uit pure simpatie vir my een nuut kom aflewer by die Pastorie nie.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s