Blog challenge: Wys my joune en ek wys jou myne.

Soos versoek deur Modderkoekie…

Dis eintlik baie maklik- alles in my lewe is omtrent oud en redelik opgebruik… As ek dit op die oomblik kon gebruik, sou ek ‘n foto van my ou Beetle ingesit het- maar hy is nie op die oomblik in diens nie.

Gemaklike ou klere en goeters…

Die oudste hiervan is die trui. My ma het hom vir my in die laerskool al gebrei. Dit is êrens in die geskiedenis in warm water gewas, en is daarom nog steeds moontlik om aan te trek.  Net as ek by die huis is, en lus is om vriende oor te nooi, sal ek hierdie trui nog in die winter aantrek. Hy werk lekker vir langs my braaivleisvuur…

My Aprilia Denim raak ook nou lank in die tand. Ek het eendag, op ‘n Harley Davidson dag by Gerotek, in die bout wat uitsteek op ‘n teerpaal vasgeloop, wat dadelik ‘n groot winkelhaak in my toe splinternuwe denim ingeskeur het. Ek het toe maar vir ‘n vriendin gevra om vir my hierdie Aprilia embleem te maak en vas te werk op my denim. Die denim is nou klaar, die bodem val heeltemal uit. So binnekort gaan daardie embleem op my motorfietsbaadjie vasgewerk word.

Die Weermaghoed is die een waarmee ek diensplig gedoen het. My van is op die ander kant vasgewerk. Ek gebruik hom graag as ek gaan jag. Maar omdat my hart baie klein geword het, en ek nie meer so lekker kan raakskiet nie, het ek sewe jaar gelede laas probeer om ‘n bok te vermoor.

Al drie hierdie dinge is van my ou gunstelinge, wat die lewe sommer net beter laat voel as ek dit aanhet!

Hoe lyk dit, vriend Wosonki, gaan jy volgende vertel?

Advertisements

16 thoughts on “Blog challenge: Wys my joune en ek wys jou myne.

  1. Terug pieng: Wys my joune… « Wosonki

  2. Dis goeters soos daai trui wat maak dat jy hou ogies optjank as jou huis afbrand, nie jou duur winkelgoed nie. Want mens kan dit nie koop nie en jou ma se hande kry rumatiek. Waardeer dit ekstra vir my.

  3. Dankie vir die saamskryf en deel. (ek het ook sulke denims wat al so lekker saf opgedra is, maar as ek nog in besit van ‘n laerskool trui was, sou dit nou net om my een arm pas..hehehe)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s