BLOU maandag…

Wat de ongeluk is dit met Maandae deesdae? Ek dink Maandag is ‘n gesondheidsrisiko, en moet ten alle koste vermy word.  As ek nou Adam Sandler in “Click” was, het ek nou my universal remote control geneem en al my Maandae gedelete totdat ek die dag aftree.

Foto met groot respek gesteel by: http://trendsupdates.com/proven-wednesday-is-the-worst-day-of-the-week/

Maandae het my kollega gekies as sy afdag. Dit was ‘n goeie move… Maar ons kan nie albei af wees op dieselfde dag nie. Ek sou graag wou weet wat is die statistiek vir die verspreiding van rampe op Maandae, in vergelyking met die res van die week. My “gut-feeling” sê dis baie erger op Maandae. Maar dalk is dit net ‘n optiese illusie, of die lugleegte van Torcelli, of die Coreoluskrag in die Suidelike Halfrond. Ek weet nie.

Vanoggend was nog nie pret nie. In ons gemeenskap is ons in sak en as. Twee van die Laerskool se kinders het saam met hulle ouma verongeluk. Ek moes maar by die skoolhoof gaan kuier, dat ons kan help dink hoe om die skool deur hierdie ramp te kry. Die familie was nie in ons gemeente nie, maar dit ruk ons almal tot stilstand.

Nou nog daardie nuus van die twee Albatros vliegtuie wat vermis geraak het. Kyk, ek was ernstig gister- as ek ‘n halwe kans gehad het, was ek ook ‘n vlieënier. Ek besit darem die Raybans…  Pilots is soos bikers, goeie mense wat lewe vir die adrenalien. Net soos elke biker wat stukkend op die teerpad lê, is elke vliegtuig wat val vir my ‘n baie hartseer saak. Die einde van ‘n droom. Ten minste sterf ons hêppie!

Ek moes ook by die slagpale gaan draai. Ons hou Bazaar vroeg in September. En ek is verantwoordelik vir die vleis. En dis ‘n joppie wat ek nie baie laaik nie. Behalwe dat ek regtig nie weet wat ek doen nie, is dit nogal moeilik om die boere in so ‘n moeilike jaar soos hierdie vir vleis te vra.  Vanoggend is die varke geslag. Ek is ‘n sissie! Ek haat ‘n slagpale!  Dit is vir my verskriklik om die beeste daar buite die gang te sien staan, en as hulle by die deur instap, dan is dit die einde van die reis…  Ek is nie ‘n vegetariër nie. Ek hou baie van vleis. Ek is net so skynheilig om van my vleis in pakkies te hou.  Gister moes ek die gemeente weer mooi herinner dat ons van more af die vleis gaan verwerk. En toe is ek amper bewoë toe ek dit met die gemeente deel dat vanaand ‘n paar varke se laaste aand op aarde is… wat gaan aan met my?

Gelukkig het die Goeie Nuus preek gisteraand baie mooi gewerk, veral die aanhalings van al my blogvriende, dit het die gemeente baie geniet.  Ja, heelwat mense in my gemeente weet dat ek blog, en ‘n hele paar lees dit selfs… niks regtig om weg te steek nie…

Ek sien net op ‘n vriendin se WordPress blog dat daar mense is wat haar identiteit ook probeer vasstel, en haar by haar werkgewers probeer verklap. Ek verstaan hierdie neiging van Suid-Afrikaners glad nie! Wat se soort mens sit heeldag en lees ander mense se blogs om maniere te probeer kry om hulle te brand?  Ek glo een ding vas: Wat jy saai, sal jy maai. Ek verstaan nie hoekom party mense joy daarin vind om ander seer te maak nie. Ek is naief, ek glo dat ons die vermoë het om ander mense se lewens BETER te maak, en dat ons met liefde soveel meer kan regkry. Dis wat ek probeer saai met my lewe. Ek verstaan nie die negatiewe, bitter maniere waarop sommige mense almal rondom hulle se lewens probeer vergiftig nie. En op ‘n mistroostige dag soos vandag  maak die mensdom oor die algemeen ‘n mens sommer negatief.

Laastens- vir die ouens wat so score hou oor die negatiewe- vanmiddag is vir my baie sleg. Ek en vrou moet laerskool toe gaan, waar ons een kind op die rooi tapyt is. Hy het nie iets stout gedoen nie. Hy is aandagafleibaar, en het drie mooi rooi kringetjies op sy laaste rapport gehad…  Dit gaan sy hart breek, en ek wil self in my hande huil oor hierdie outjie so moeilik grootword. Ja, ons het hom by goeie mediese hulp gekry, ja, die dinge het baie verbeter die afgelope ruk. Maar sy rapport het vir ons ‘n heerlike afspraak in die hoof se kantoor gebring vanmiddag…  Dieselfde hoof wie se kantoor ek vanoggend in gesit het. Gelukkig praat ons nie oor die dood van my kind nie.  Daar is lewe, daar is hoop.

Ek hou nie van vandag nie. Lyk my dit raak nou elke Maandag se storie. Ek wens ek kon vandag eerder 30 km in Spanje met my rugsak stap! Ek lees op baie van julle se blogs dat vandag ook nie pret daar by jou is vandag nie.

So nou- uit die swart gat uit. (Nee, ek het nou niks oor oom Dessie gesê nie!) Vertel vir my: As vandag nou een van daardie Semper Excretum dae in jou lewe is, en jy enige iets kon doen vanaand om dit beter te maak, wat sou jy graag wou doen? Hierdie droom het nie ‘n pryslimiet nie- gaan groot. Wat sou jou laat beter voel as jy dit vanaand kon doen as jy van die werk af kom?

 

22 thoughts on “BLOU maandag…

  1. Drome sal net dit bly tensy jy iets daaromtrent doen, so ek gaan jou vertel wat ek gaan doen eerder as wat ek wil doen.

    Ek gaan my tekkies aantrek en ‘n entjie draf, so tien kilo’s behoort net reg te wees. By die eerste hoek gaan ek die ambulans en my vrou bel om my te kom red. Terug by die huis sal ek die ambulansmense bedank vir die suurstof en my vrou vir die water, en dan sal ek maar ‘n bietjie houtwerk gaan doen

  2. Jy weet dit was maar ‘n grys dag hier ook gewees – om te hoor jy word gehaat net omdat jy lief het is nogal ‘n lae blow gewees, maar juis daarom kan ek vanaand net mooi dit doen wat my gelukkig maak, my gesin styf, warm en veilig aan my bors druk. Warmte en vrede vir julle.

  3. More lyk my antwoord dalk anders…. maar… Ja nou weet ek!!! ‘n Lekker lang borrelbad saam met my manlief by kerslig!!!! En dan ‘n stadige vuurtjie waarop ons ‘n vleisie braai. Ek dink ons moet dit sommer more aand doen!! mmmmmmm…..😉 Gaan hom NOU vertel wat wag😉

  4. Ek hoop jy voel beter vanoggend, al sien ek nou net hulle het daardie 2 wrakstukke gevind.
    Ek blog nou al vir langer as 4 jaar, en ek moet saamstem dat ek geen idee het hoekom mense ander wil tenakom nie. Jinne, die goed wat ek al beleef het in hierdie tyd is genoeg vir 10 jaar se soapie scripts. En ons sien dit maar elke dag om ons ook. Dit is sad. ‘n Bietjie verdraagsaamheid, bahandel ander soos jy behandel wil word en daai groot een van die balk in jou eie oog, kan baie vêr gaan.

  5. Pingback: Die voëlding « OLGA SE OKSELTJIES

  6. Pingback: Tannie Tossel se blokstorie « Toortsie se Blog

  7. Ek weet jy is besig met die vleisding en van gister wat nie lekker was nie, maar het jy ons hier by WordPress nou bietjie gevergeet, soos liewe Heksie?

  8. Pingback: Drie klippe in my skoen « Kouevuur

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s