Ek is… (Jeanne se uitdaging op Litnet…)

Op Litnet het Jeanne ‘n woeste uitdaging gestel. En Son word kwaad vir haar goeie Donkierige vriend as ek ‘n dag nie blog hier op WordPress nie… So dalk spoel die uitdaging oor WordPress toe.  Die uitdaging was dat ons een lied moet kies wat ons identifiseer.

Natuurlik is my gunsteling tradisioneel- “O die Donkie is ‘n Wonderlike Ding…”  Maar my tweede gunsteling het ek so beskryf op litnet…

Jeanne het ons uitgedaag om ‘n liedjie te kies wat ons identifiseer, en te sê hoekom.

Vir my is daar een wat altyd dadelik uitstaan. As ek die dag doodgaan, gaan die gemeente dit maar net moet aanvaar dat dit kliphard op die einde van die diens gespeel gaan word, voordat almal uitgaan om ‘n Castle Draught in plaas van daardie simpel begrafnistoebroodjies te gaan geniet.  Dit gaan HARD gespeel word, want jy MAG dit nie sag luister nie. En ‘n paar oumense gaan dalk ook omval, en deur die Jordaan beweeg agter my aan.

Daardie lied: Dire Straits se Brothers in Arms…

Lees nou eers met verskuldigde eerbied…

These mist covered mountains
Are a home now for me
But my home is the lowlands
And always will be
Some day you’ll return to
Your valleys and your farms
And you’ll no longer burn
To be brothers in arms

Through these fields of destruction
Baptisms of fire
I’ve witnessed your suffering
As the battles raged higher
And though they hurt me so bad
In the fear and alarm
You did not desert me
My brothers in arms

There’s so many different words
So many different songs
We have just one world
But we live in different ones

Now the sun’s gone to hill
And the moon’s riding high
Let me bid you farewell
Every man has to die
But it’s written in the starlight
And every line on your palm
We’re fools to make war
On our brothers in arms

Julle kan gerus maar weer ‘n keer die musiekvideo op Youtube gaan kyk…

Hoekom?

1. Elke mens het ‘n plekkie wat hy “huis” noem. waar hy tuis is en waarvoor hy bereid is om te baklei. Ek het ook my plekkie en my mense wat my laat mens wees.

2. Die lewe is soms  ‘n stryd, soms brand mense om te baklei… Sommige battles is die moeite werd om te baklei, en dit is verskriklik belangrik saam met wie jy baklei…  Ek glo dat ek ‘n baie lojale vriend is, wat vir my vriende oor kole sal loop.

3. Daar is enkele mense wat nader as bloedfamilie is. Daardie band wat daar tussen soldate is wat saam deur die oorlog gegaan het, verstaan nie-soldate net glad nie…

4. As die lewe ‘n helse stryd meegebring het, dan wil ‘n mens graag glo dat daar ‘n plek is wat jy jou huis kan noem, waarheen jy kan terugkeer as die oorlog verby is…  As Christen hou ek vas aan ‘n belofte van ‘n Vaderhuis aan die einde van die stryd…

5. BAie mense maak seer in die lewe, maar daar is die enkele vriende in my lewe wat altyd daar is vir my- ” You did not desert me…” Ek wil graag ook bekend wees as ‘n vriend waarop mense kan staatmaak as die lewe se battles hulle tref.

6.  Daar is so baie woorde en liedere, maar ons lewe in net een wêreld- dit sê vir my nogal verskriklik baie. Dit sê dat ons partykeer wil baklei met mense sonder dat ons alles weet… Ek het my beginsels, waardes, standpunte waarvoor ek sal sterf. Maar dit beteken nie dat ek jou moet laat sterf vir my idees nie…

7. Die son is besig om onder te gaan, en die maan kom op- die dag van stryd gaan verby- ons word ouer…Ons word wyser, (hoop ek!)

8. Eendag het elkeen van ons ‘n afspraak met die dood.  Daardie dag wil ek nie skaam wees vir wie ek was, of wat ek met my lewe gemaak het nie…

9. Alles in hierdie wêreld getuig saam dat ons “fools” is as ons kies om oorlog te maak oor ons idees.

10. Daardie elektriese kitaar van Mark Knopfler is vir my van skooldae af so ongelooflik melankolies en uitstekend!

Ek het hierdie CD in die 80’s probeer koop, en kon hom vir ‘n lang tyd nêrens in Suid-Afrika kry nie. Ek en my vrou was op ‘n rugsaktoer in Europa in 1995, en toe eers kon ek dit in Frankryk ten duurste koop!  Deesdae is dit sommer Cheap Cheap by die meeste musiekwinkels verkrygbaar.

So as jy eendag in jou gunsteling koerant gelees het van ‘n Dominee se troosdiens wat hartroerend afgesluit het met hierdie meesterstuk, weet dan dat Bileam se Donkie uitgeklok het, en deur die Jordaan is…

20 thoughts on “Ek is… (Jeanne se uitdaging op Litnet…)

  1. Ek was darem nie kwaad nie, was meer bekommerd oor jou, veral oor gister. Bly jy is terug.

    Ek LIKE hierdie uitdaging! Ek het daai album nog op tape besit, ek het nog twee skoenbokse vol tapes hier bo in die kas. Maar ek dink die tape is uitgerek geluister😆

    Ek wil twee songs gespeel he as ek groet. Maar ek sal gaan blog oor die hoe en die waar. Die wanneer is ongelukkig nog onbekend😉

  2. Pragtige woorde, nog mooier uiteengesit. Vir my is dit moeilik om te kies tussen The Impossible Dream en I Believe – words to live by. Ek stem saam met Son, ons mis jou as jy nie hier by WordPress is nie.

  3. Wil jy nie een keer skryf hoe dit is om op verskillende blokwerwe te skryf nie? Verskil dit of is dit maar oral dieselfde, hoekom jy dit doen, ens. Dis nou as jy lus is.

  4. Ek gaan sommer my eiertjie hier lê:
    Op hierdie stadium in my lewe is daar 2 songs – 18 Till I Die van Brian Adams wat my elke dag herinner dat om oud te word nie beteken dat jy nie jonk kan bly nie. Tweedens U2 se I Still Haven’t Found What I am Looking For, om my te herinner dat dood my konstante metgesel is, en dat ek elke dag daarna moet streef om volwaardig mens te wees. ‘n Wens wat nooit volwaardig vervul kan wees nie, maar waarna mens elke dag kan streef.

    En dan as ek eendag my laaste asem uitblaas, wat more of as ek 80 is kan wees, moet elkeen met ‘n drink in die hand kan terugdink aan my lewe wat ek gelei het, en die voorbeeld wat ek gestel het. Daardeur sal ek dan wil hê elkeen moet sonder skroom ‘n toast op my menswees kan drink met Queen se No One But You (Only the Good Die Young) wat kliphard speel.

  5. Pingback: Ek is « Wosonki

  6. Pingback: Ek is… a crash boom bang human oppad na die angels! « Kouevuur

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s