Die vloek om vervelig te wees… (herpubliseer vir Son…)

Liewe WordPress vriende,

Son het eergister gedreig en gesê ek skeep julle af.  Vanoggend sê sy ek is darem nie vervelig nie.  Ek is so dankbaar om dit te hoor! Maar dis nie wat die vriende in my dorp vir my sê nie. Hulle sê ek is baie vervelig op my blogs… Ek het hierdie enetjie in Februarie rond onder my naamblog gepubliseer, en doen dit net weer hier om vir Son leesgoed vir die naweek te gee.

Foto deur http://djrazaq.blogspot.com/2007_11_01_archive.html

Vrydagaand gesels so ‘n paar van my geliefdes om die braaivleisvuur. Mense wat regtig naby aan my hart lewe.  Mense wat ek met my lewe kan vertrou.

En hierdie goeie mense vertel vir my: hierdie blog van my is uiters vervelig. Dis seker hoekom ek net twee “followers” het!

Ek dink dit is die enkele ding wat ek nog altyd mee gesukkel het. Ek is ‘n vervelige persoon. Punt.
Daar gebeur nooit regtig iets opwindends in my lewe nie, behalwe wanneer my vrou my die dag wel soen.  Of die kinders my beursie uitlos. Of die kat nie teen my bed piepie nie. Sulke dinge is baie opwindend in my lewe!

Ek is maar ‘n doodgewone mens. Ek het nog nooit in sport presteer nie. Ek het gewoonlik reserwe vir die Hoërskool se derde span gespeel, behalwe wanneer daar genoeg ouens vir ‘n vierde span was- dan het ek reserwe vir die vierde span gespeel.

Ek het ook nie op skool in die kring van die nerds tuisgekom nie, met ‘n C- gemiddeld in matriek kan jy nie as akademiese reus gereken word nie.
Ek het nog nooit valskerm gespring nie. Ek het nog nooit 300 km/h op ‘n motorfiets gery nie. Ek het nog nooit in ‘n regte, egte Ferrari gery nie, wel ‘n kit-car ene. Ek het lanklaas ‘n donut met my kar of motorfiets gespin. Ek is die stadigste fietsryer in die dorp, en ry ook die stadigste motorfiets van almal wat verder as die Pick ‘n Pay ry.

Ek is nog altyd met dieselfde vrou getroud, het nog nie eers ogies gemaak vir ‘n ander man se vrou nie. Ek het nog steeds dieselfde kinders wat ek soms help grootmaak. Nog nie ander op ‘n ander dorp gaan maak nie.

Ek is nie die handsome-ste ou in die dorp nie. Ook nie in die straat nie. Nie eers in my eie huis nie.
Ek kan nie ander tale praat nie, selfs die Engels kom krom en skeef uit. Ek kan nie die Bybel in Grieks of Hebreeus aanhaal nie.

Opwinding in my lewe is om my hare anders te kam. Om nuwe onderbroeke by Woolworths te gaan koop, is vir my exciting! Ek hou van ‘n nuwe boek, om daar eenkant op die party te sit en lees. Vakansie is om die Weg op die toilet te sit en lees. Die diepste lewensfilosofie wat ek verstaan, is Bart Simpson, nie Karl Barth nie. My gunsteling stokperdjie is om in die veiligheid van my studeerkamer ander mense se opwindende lewens op die blogs op die internet te volg.

Ek is ‘n pliggie in my werk- sal nooit stir nie, en nooit moeilikheid maak nie. Ek sal alles presies doen soos my kerkraad van my vra. Ek het nog nie op ‘n sinode opgestaan en iets gesê wat die gang van die geskiedenis verander het nie.

Die tagtigs se musiek is vir my mooi.
Die mooiste vrou in my wêreld is 45 jaar oud.

As my lewe so boring is, dan is daar ook nie iets opwindends om oor te skryf nie. En as ek iets boring skryf, is daar net twee lewendige mense wat dit lees.
So, haal jy nog asem?

http://dimensionministries.com/blog/?m=200904

8 thoughts on “Die vloek om vervelig te wees… (herpubliseer vir Son…)

  1. Ek LIKE boring. Ons is ook boring. My vriende sê so. Ek kan net een glas wyn drink, en is bang vir die stad. Nie te kort nie, nie te lank nie, nie te maer nie, nie te vet nie, nie te mooi nie, nie te lelik nie. Nie te ryk nie, nie te arm nie.

    Wag ek blog dit…

  2. Pingback: Is jy ook boring? « MaanKind

  3. Ooo, hoe lekker lag ek nou! 😆

    Ek dink jy (en MaanKind) het nie ‘n cooking clue wat vervelig regtig is nie. En dis BESLIS nie een van julle twee nie.

    Jy is ‘n dominee, maar jy ry bike en jy is kreatief genoeg om jou bike Huisbesoek te noem. Jy ry die Argus en jy het al ‘n stuk van die Camino gestap (een van my drome). Niks vervelig daaraan nie. Jy is lief vir jou vrou, is nie skaam om dit te se nie, lol nie met ander vrouens nie, is soms mooi stout, het nie kinders op ander dorpe nie en luister na die beste era se musiek. Klink vir my meer na ‘n man wat ‘n MAN in een stuk is. Niks vervelig daaraan nie.

    So, nee. Probeer maar weer. 😉

  4. Jy dink miskien jy is boring, maar jy is ‘n anker in baie se lewens. Liewer dit as die opwindende losbollewe met al die drama daarmee saam. Gee my jou soort boring enige dag – dan weet ek waar ek staan met jou , want ek staan net so vas in my lewe.

  5. Maar sal so dominee sommer so oopbek hier staan en lieg! Is dit nog polities korrek om te sê lieg?
    As vervelig is soos jy dit hier beskryf…dan waar kan ek opteken?

  6. Pingback: Vervelig of doodgewoon? « Kouevuur

  7. Pingback: Boring…. « Toortsie se Blog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s