Red my van die dood…

Hier is net ‘n vinnige, kort enetjie vir ‘n slag… (eerste keer?)

Vandag gaan ek die dood die hele dag in die oog staar. Ek gaan nou ry, en daar waar ek gaan, wag daar agt dooie beeste en drie dooie worsvarke om opgesny te word, en in pakkies te klim. Die worsvarke moet nog eers met die beeste dans in die menger, en dan hulle rus vind in die dermpie…   Hulle doen dit nie vanself nie.

Elfuur moet ek ‘n man begrawe wat ek nog nooit ontmoet het nie. Hy is nie in ons gemeente gewees nie, hy het ook verkies om sonder kerk te lewe…

Sy dogter is in ons gemeente, en ek moet hom begrawe met net ‘n halfuur se gesels oor sy lewe…

Hoeveel leer  ‘n mens werklik ken van iemand in ‘n  halfuur voor sy begrafnis? Kan ‘n halfuur genoeg wees om te praat van al die jare se liefhê, en haat? Kan ‘n halfuur vertel van groot vreugde, en seer langs die lewenspad?  Kan onse mense vertel van passievolle liefdemaak met die persoon van jou drome? Kan ons vertel van die kere wat ons op die bergtoppe gestaan en sing het?  Kan ons vertel van die ellende onder in die put, die ervarings van in die modder van die lewe lê?

Al wat ek kon hoor in die halfuur, was dat die man getroud was, dat sy vrou baie sieker as hy is, dat hy drie kinders in die lewe gebring het, en dat hy altyd gelag het.

Miskien is dit die mooiste getuigskrif- hy het altyd gelag…

Ek moet vanoggend vertel van die Goeie Herder wat ons lei, deur die donker dieptes en die dal van doodskaduwee heen, deur die waters waar daar vrede is, tot by die Vader se huis.

Ek ken nie die man nie. Ek ken wel die Herder… miskien is dit genoeg…

Vanaand, as ons klaar die slagmesse gewas en gebêre het, gaan ek nogal genoeg van dood gehad het vir een dag. Enige voorstelle om die LEWE te vier as ek vanaand by die huis kom?

 

15 thoughts on “Red my van die dood…

  1. Sjoe ek het al baie kere gewonder hoe begrawe ‘n predikant iemand wat hy glad nie geken het nie. Hoe op aarde leef mens sonder ‘n kerk en sonder GOD?

  2. Yip, disse ander ding daai. Wat ek altyd oor wonder is hoe die slegste mens na sy dood by ‘n begrafnis skielik ‘n engeltjie was….alles vergete. dis net vir my weird.
    Ek dink gooi ‘n lekker CD, kliphard virten minste ‘n halfuur en ontspan met ‘n glasie rooi of ‘n biertjie.

  3. Siende dat daar soveel dood was, gooi ‘n groot stuk dooie koei op die rooster – dit sal jou laat beter voel! Nee, dit klink seker ongevoelig… party dae voel ‘n mens of die dood maar kort op jou hakke is, maak nie saak wat jy doen nie. Dit laat mens weer met nuwe oë na die lewe en die lewendes kyk – so hernuwing is soms nodig.

  4. donkie, whisky kan my nogal die lewe gee. wonder of dit is hoekom whisky whisk-beate (lewenswater) is…. maar nie te veel nie, want dan verloor ‘n mens weer die lewe….(terloops, ek’s te bang ek mis iets om ooit te veel te drink😉 )

    o, en die bos natuurlik…..so paar hyenas, buffels, leeus, naguile in die agtegrond…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s