Op hierdie oomblik…

  1.  Sit daar ‘n klomp mense op die gras by die Blue Peter, en kyk hoe die son oor Robbeneiland sak, met ‘n Peroni Draught in die hande, en ek is nie daar nie…
  2.  Is daar mense wat kyk na die Grand Canyon, en ek is nie daar nie…
  3.  Surf daar ‘n beeldskone rooikop in die water by Maui, en ek is nie daar nie…
  4.  IS daar mense op die ferry by Istanbul, wat vanaand by Doy Doy’s agter die Blou Moskee gaan Beyti Kebabs eet, en ek is nie daar nie…
  5.  Stop die rooi Ferrari buite die Casino in Monaco, en die blondine met die lewenslange bene klim grasieus uit, en ek is nie daar nie…
  6.  Is ‘n paartjie op pad vir ‘n romantiese langnaweek in die Laeveld, en dis nie ek nie…
  7.  Sit die mense in die munisipale Refugio bo-op o Cebreiro, sommiges het by Meson Carolo gaan Pelgrims Menu eet, en ek is nie daar nie…
  8. Is daar mense wat in die movies sit, en ‘n fliek kyk wat hulle nog altyd wou kyk, en ek is nie daar nie…
  9.  Is ‘n jong man besig om ‘n jonge dame witwarm te soen langs die Seine rivier langs die Notre Dame Katedraal op die Ile de City, en dit is nie ek nie…
  10.  Is daar mense wat so pas kreef by die Muisbosskerm bestel het, terwyl die son net soos op Bloubergstrand sak, en ek is nie daar nie…
  11. Is ‘n kerkraad in die Bosveld besig om te besin oor die een dominee wat bedank het, en die ander een wat wil aftree, en Goddank, dis my kollega en nie ek nie, wat dit moet help uitsorteer vanaand…
  12.  Skyn die son helder op die Noordpool, en niemand is daar nie…
  13.  Loer mense onder Gadaffi se bed in Tripoli, want hulle wil hom ophang en dan partytjie hou, en ek is nie daar nie…
  14.  Is daar jagters in die veld, wat die kampvuur aangepak het, en nou ‘n brandewyntjie inskink want die Koedoebul hang agter in die vleiskamer, en ek is nie daar nie…
  15.  Is daar lewe op ‘n ander planeet in ‘n paralelle heelal, en die quantum- ekke daardiekant  weet ook nie meer hoe om sy vrou te verlei nie, en ek ook nie…
  16.  Is daar mense wat êrens besig is om liefde te maak, en dit is nie ek nie…
  17.  Slaan ‘n man die vrou van sy lewe deur die gesig met sy vuis, en gelukkig is ek nie daar nie…
  18. Is daar ‘n vroutjie in Pretoria Oos Hospitaal wat kreun om ‘n baba in die wêreld in te druk, en dank Vader, dis nie myne nie…
  19. Is daar iemand wat by die lykshuis ingestoot word, en dis nie ek nie…
  20.  Sit iemand en nonsens skryf op sy blog, want hy wag vir Australian Masterchef om op te kom,  en het niks anders om vandag te sê nie want hy is te donners moeg… dit is ek…
Advertisements

16 thoughts on “Op hierdie oomblik…

  1. 😆 Iewers klim iemand nou op ‘n vliegtuig oppad Mexico toe… en dit is nie ek nie.

    Iewers op ‘n plaas buite Skelmbos sit daar ‘n vrou op ‘n sitkamerbank en eet kaas en olywe en kouevleis en garlic pannini’s (want sy is te moeg/lui om te kook na ‘n harde dag se werk) en lees op ‘n Blackberry die nonsens wat party mense skryf en geniet dit… DIT is ek 😆

    • Deurmekaar né! En dit nadat ek tot my groot spyt uitgevind het Nietsche? Shopenhauer? Varkbol lewe nog op litnet…

      Maar iemand by die see wat hier lees kan ‘n lekker glasie rooiwyn inskink, en kyk hoe die maan oor die see blink. en net die lewe geniet vanaand, jy hoef nie op hierdie inskrywing te reageer nie… Just BE!

  2. Erens by die see het iemand vanaand op sy dek gesit met ‘n glasie Old Brown en gekyk hoe die maanlig skitterdans oor die water, met ‘n twaalfjarige wat onder haar pa se arm ingeklouter het om te “cuddle”…
    Ek vat sulke oomblikke en probeer elke sekonde se sensasies inprent op my geheue.
    Man, ek moet sê; daar’s so paar van jou genoemde oomblikke waar ek ook so bietjie van wegskram – ek’s net so bly daai vroutjie in Pretoria Oos se nuweling is ook nie myne nie! Ek dink weer dat ek graag sou bywees met daardie mannetjie wat sy vrou slaan. Net so een klappetjie. So kleintjie…

  3. Hoop jy’t verkwik wakker geword.
    Iewers in Gauteng sit iemand in ‘n kantoor en huil omdat ‘n onbekende dier vermoor is nadat hy so hard baklei het om te lewe en sy mense vriend se hart is stukkend want hy’s nie meer daar om bewonder te word soos God hom geskape het nie …

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s