Daar staan vanaand ‘n tent in die agterplaas…

Kom ek val in die huis in met die belydenis- ek het vanaand die aanddiens gebank!  My kollega het gepreek, en my jongste het bietjie liefde nodig gehad.

Die sake werk so: van die vier kinders is my jongste die enigste een wat van jongs af verhoudings met die teenoorgestelde geslag het. Baie onskuldig, maar hy kan baie geheg raak aan sy meisie.  Die eerste een het hom afgesê vroeër in die jaar.  En toe is daar glo die oulikste meisie in sy klas, en hulle gaan nou uit. Dit behels basies ‘n tjoklit so nou en dan, en sommige pouses sit hy en gesels met haar.

Maar vanmiddag met middagete kon ek sien die jong man se gemoed is nie lekker nie. Kort na die ete het hy op die grasperk gaan lê, en op sy kitaartjie getokkel, terwyl hy ver in die hemelruim intuur. En hy word kwaad as sy suster en broers hom uitvra, en wou ook niks vir my vertel nie.

Na my wedervaringe die naweek was ek nogal doodmoeg, en het ‘n wonderlike middagslapie geneem. Toe ek wakker word, sien ek jongste het ‘n tent in die agterplaas opgeslaan. Hy wil nou vanaand daar slaap, om bietjie “weg te kom van dit alles…”

So teen halfvyf het ek maar nog ‘n kampstoel opgeslaan langs syne voor sy tent, en die Weber nadergetrek en ‘n vuurtjie aangesteek. Ek het van ons basaarwors uitgehaal, en braaibroodjies gemaak. En toe het ons twee lekker gesit en gesels terwyl die kole reg kom. Dwarsdeur al drie kere wat die kerkklokke hier langs die huis gelui het. Ons braaibrood was baie lekker, en die boerewors was fantasties (ek het dit help maak!)  Maar die Pa-Seun gesprek was een van die kosbaarste dinge in ‘n lang tyd in my lewe.

Ek weet Jesus sal verstaan dat ek nou nie vanaand kerk toe gegaan het nie. Ek het weggebly van die een samekoms van die heiliges… Maar my seun se hart was vanaand prioriteit nommer 1. En ek glo dat hy ook vanaand die boodskap sou kry dat hy vir my baie kosbaar is, en dat ek daar is vir hom as die lewe se storms vir hom te erg begin voel. Van kleins af weet hy mos nou: Vroumense kan ‘n man klaar maak! En Pa verstaan…

Advertisements

10 thoughts on “Daar staan vanaand ‘n tent in die agterplaas…

  1. Kosbare oomblikke wat vir seun (en Pa ook as ek ‘n raaiskoot moet waag) wat onthou sal word vir ‘n leeftyd.

    Met die reuk van wors op die kole en braaibrrodjies wat in die lug hang is dit egter debateerbaar hoeveel daar in die gebou langsaan op die preek gekonsentreer is 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s