Verlede week het ek toe…

  1.  Vriendelik wees met almal wat my pad kruis.

    Hierdie toets het ek al Maandag gedruip… Voor middagete al. Telebemarkers met “Unknown Numbers”…

  2. ‘n Wonderlike Bybelstudie oor Jona 3 uitwerk

    Baie suksesvol afgehandel…

  3. Iemand begrawe wat ek glad nie geken het nie.

    Ten spyte van ‘n blogger op litnet  se aaklige kommentaar daaroor, het ek dit met deernis gedoen, en tog vir mense iets beteken.

  4.  8 beeste en 3 worsvarke verwerk

    Suksesvol afgehandel- baie netjies gedoen.

  5. verder lees aan ‘n uitstekende boek oor leierskap, sodat ek ook ‘n “clue” kan hê…

    Gedeeltelik suksesvol- ek het so vyftig bladsye gevorder- Bill Easum se boek “Leadership on the Other Side…”

  6.  My nie laat ontstel deur mense wat snaaks aantrek en hulle hare vreemd kam en dan iets wil sê nie…

    Enkele bloggers en sekere spietkops het dit moeilik gemaak, toets gedop. Onsuksesvol

  7.  Ophou worry oor Politburo se blog wat gister gesê het 44 miljoen mense haat my… en vir hom…

    Onsuksesvol- gister se Huffington Post se bydrae oor die Suid Afrikaanse moroon se foto waar hy so by die swart seuntjie se “lyk” met sy jaggeweer poseer het dit glad nie beter gemaak nie…

  8. Iemand se lewe elke dag ophelder, sommiges deur nie by hulle op te daag nie…

    Baie suksesvol- ek het by baie mense nie uitgekom nie…

  9. Tyd saam met elke kind spandeer.

    25% suksesvol, net by die jongste ordentlik uitgekom met sy stukkie hartseer. Vrydag se nonsens was darem alles vir Ousus- maar nie by haar self uitgekom nie…

  10.  Hopelik weer by Hooglied Prakties uitkom…

    Nee wat, dop die toets heeltemal…

  11. Erens ‘n mooi stuk musiek luister

    Sit nou en luister Sarah Brightman, kon nie verlede week nie- dus onsuksesvol

  12. My Inkomstebelasting opgawe begin uitsorteer…

    Nog nie tyd gehad om daaraan te raak nie… Onsuksesvol

  13. Saam met ‘n vriend koffie drink en diep dinge gesels…

    Ja, ek het ‘n paar keer dit reggekry- Mission accomplished…

  14. ‘n Huwelik van 2 jaar terug se nonsens finaal by Binnelandse Sake probeer uitsorteer…😦

    Glad nie tyd gehad om by hulle in hulle kantoorure uit te kom nie- Onsuksesvol…

  15. My groentetuin begin voorberei vir die nuwe seisoen…

    Nie daaraan geraak met Vrydag en Saterdag se nonsens nie- Onsuksesvol

  16. ‘n lekker ver ent op Huisbesoek gaan…

    700 km- Suksesvol, met baie pyn…

  17. weer begin oefen, want van Spanje af vreet ek net en doen niks fisies nie.

    Tel drie dae se agt ure per dag vleiswerk as oefen?

  18. Bietjie verder begin lees in die boek oor Emosionele Intelligensie wat van Februarie af op my lessenaar lê.

    Nee glad nie- Onsuksesvol

  19.  My lessenaar probeer uitsorteer dat ek weer vir ‘n slag kan sien hoe lyk hy…

    Die hoop is nou dubbeld so hoof- Onsuksesvol

  20.  Ophou funny lysies maak en begin werk…

    Gedeeltelik suksesvol, ek het nie baie lysies verder gemaak nie…, en baie hard gewerk.

    Finale evaluering: Dit was ‘n BAIE besige week, waarin ek nie by baie van my doelwitte kon uitkom nie.  Dit wat ek kon doen, het ek goed gedoen met die beskikbare tyd. Ek is tevrede…

 

Hierdie week se lysie…

1. Handel ‘n kerkbasaar suksesvol af.

2. Werk ‘n mooi Bybelstudie oor Jona 4 uit.

3. Kom by Hooglied Prakties uit…

 

Dit behoort genoeg tyd in beslag te neem!

 

Sterkte vir jou week!

 

12 thoughts on “Verlede week het ek toe…

  1. En waar is die lysie van die goed waarby jy WEL uitgekom het wat nie op die lys was nie? Jy dop jou huiswerk!
    Ons kyk te veel kere vas teen dit wat ons nie gedoen het nie, maar aanvaar bloot die goed wat ons wel suksesvol gedoen het as vanselfsprekend. DInk bietjie, dan gaan die balans bietjie anders lyk!
    Doelwitte is fine, but there is more to life…

  2. Miskien moet mens net Maandagoggende gou nabetragting hou
    1. Skryf die lekkerste ding wat jy die vorige week gedoen het neer en treasure dit.
    2. Skryf die slegste taak wat jy WEL afgehandel het neer en wees bly dis verby
    3. Skryf die goed wat jy absoluut MOET doen in die volgende week neer en DOEN dit, moenie uitstel nie. Procastrination is EVIL😆
    4. LEEF sommer net!

  3. Nee jong! Daai vurk is te vol! Gooi so bietjie van die hooi af…
    Ek weet nie hoe kom jy by als uit nie. Ek het darem hierdie naweek 6 swart sakke vol robbies en ‘n bakkievrag hout – als opgegaar oor die laaste tien jaar – uit my motorhuis ontruim, ‘n droëmuur ingesit en my werkswinkel ingerig. Ek is omtrent kruppel!
    My oudste dogter merk toe ewe opgewek op: “Hey dad, this looks so good, we’ll have to get the rest of the house to look like this!”
    Kreun…

  4. Ek is WERKLIK beindruk!! Jy het nog Sondag ‘n fantastiese preek ook gelewer wat nie eens op jou lysie is nie. Ek dink jy het BAIE goed gedoen. Jy verdien ‘n bier.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s