Woensdagoggend by die Ouetehuis…

Daar is nie een ou oom met ‘n Harley by ons Ouetehuis nie, selfs nie een nie.

Die Tannies se fotos het geel geword…

 

Hulle sit daar in die son op die stoep

Hulle sien uit na die elfuur tee.

Vrydag kom die biblioteektrollie, vol van boeke van weleer,

met bewende hande hekel hulle bababaadjies wat niemand dra nie…

 

Hulle gedagtes hou vas aan eergister,

Vandag is so oneindig lank,

maar oor more wil niemand waag dink nie..

 

Genadeloos tik die staanhorlosie

die skadu’s kom al nader…

 

En tog, in een kamer, sit twee vriendinne lekker en lag…

Advertisements

17 thoughts on “Woensdagoggend by die Ouetehuis…

  1. Jy was defnitief nie by my ma nie! Sy het pas ‘n prys gekry by ‘n handwerk kompetisie vir teddies wat sy brei vir siek kinders (met haar arthritishande) en sy bak gereeld koekies vir die hele ouetehuis, sy sorg dat almal leeswerk het, en en en

  2. Nee, maar soos jy vertel sou jou ma een van dié laggende dames gewees het, of hoe? Dit wat my getref het vanoggend, was die keuses wat mense in die Ouetehuis maak hoe hulle die ouer word wil hanteer. Party sit en wag op die dood. Ander lewe voluit, en maak ‘n baie groot verskil in almal rondom hulle lewe (soos jou ma!) Dit is juis wat ek raakgesien het toe ek vanoggend vier mense in die ouetehuis gaan besoek het- hoe daar baie wanhoop is, en dan skielik word ‘n mens oorweldig deur liefde en hoop wat uit een kamer uitstraal. En dit is vir my baie kosbaar!

  3. Ek hoor wat jy sê, ek het self vir ‘n paar jaar in ‘n ouetehuis gewerk, die staaltjies, die flukse tannies en die stoute oomie onthou ek goed. Hulle hoogtepunt was die roundtable se braai elke jaar waar hulle die musiek uit weleer laat weerklink het en ‘n draai of twee op die ouetehuis se saal se vloer gemaak het. Dieselfde saal waar hulle Sondag na die erediens geluister het wat van die kerk af herlei is en waar hulle biduur gehou het saam met Dominee en ook waaruit baie van hulle begrawe is …

  4. Toe my ma amper 2 jaar gelede 70 word, se ek en my suster ons moet nou vir haar plek in ‘n ouetehuis kry. Sy was glad nie impressed met ons nie en vra baie de hel in wat dink ons moet sy tussen ‘n klomp ou mense gaan maak!? Nou bly sy saam met ‘n paar ou mense in ‘n huis en hulle het ‘n jonger paartjie wat na hulle kyk. Die paartjie was werkloos en so het ons almal plan gemaak om mekaar te help. My ma se gesondheid is nog uitstekend, maar die kop wil nie meer altyd byhou nie, maar nog steeds is sy nie OUD nie. En sy is “the Belle of the Ball” in daardie huis. My pa is 76 en het nooit afgetree nie. Hy het net ‘n tweede beroep begin. Hy restoureer ou houtmeubels en kry tot werk uit Namibie. Mens is so oud soos wat jy wil wees 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s