Ek is bang om op die oomblik te blog. Dit wat ek sê, wil ek so graag hê moet opbouend vir ander mense wees, en hulle nie saam aftrek in die donker gat wat ek self nou moet deur nie. Ek wou nie sommer vir die volgende week iets sê tot ek beter is nie. Maar ek het tog weer gedink om julle te misbruik. Ek moet vanaand by my dogter se matriekafskeid die opening waarneem. Ek doen dit as ‘n pa, maar ook as een van die gemeenskap se geestelike leiers. Ek deel sommer nou al my spiets met julle, dalk kan julle raad gee dat dit beter kan wees. Ek wil so graag hierdie een keer iets moois vir die kinders saamgee vir hulle pad vorentoe. Dalk beteken dit ook net iets vir iemand wat soms my blog lees. En as jy nie van preke hou op my blog nie, gaan kuier elders, dan is hierdie een vandag nie vir jou nie.
Opening by die Matriekafskeid van Hoërskool Bosveld Suid 2011
Vandag het ons kinders ‘n besondere mylpaal bereik. In ‘n sekere sin kom sê hulle tot siens na die twaalf jaar van skool. En nou lê die pad van die toekoms vir elkeen van julle en wag. You have reached the end of your years at school, and the future is eagerly anticipating your arrival.
Vanaand is een van die aande in jou ganse lewe wat jy op jou mooiste lyk ooit, en lyk julle nie pragtig nie! Julle lyk sommer gereed om hiervandaan diep spore te gaan trap in die toekomspad. You all look so beautiful and ready to take on the future!
As ‘n pa wil ek so graag vir julle vanaand drie dinge inpak in julle tassie vir die reis.
- Onthou wie jy is. Remember who you are.
Jesaja 40: 31 Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie, en sy insig is ondergrondelik. Hy gee die vermoeides krag. Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val. Maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop, en raak nie afgemat nie…
But those who trust the Lord for help will find their strenght renewed. They will rise on wings like eagles, they will run and not get weary, they will walk and not grow weak…
Teks gedeelte- Psalm 121: Ek kyk op na die Berge, waarvandaan sal my hulp kom? My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie!
Wie is jy? Jy is iemand wat gemaak is om met arendsvlerke te vlieg, en voluit te lewe. Jy is geroep om ‘n wonderlike lewe te leef, omdat jy op die Here vertrou.
Who are you? You were born to fly on eagle’s wings, and live an exceptional life, because you choose to trust the Lord!
2. Onthou waar jy vandaan kom. Remember where you came from.
Psalm 139:13- “U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder. Ek wil u loof, want U het my op wonderbaarlike wyse geskep… U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voor ek gebore is. Hoe wonderlik is U gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem, hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.”
Waar kom jy vandaan? Die Here het oor jou gedroom. Die Here het jou kunstig in ‘n moeder se liggaam aanmekaar geweef. Die Here het vir jou ouers gegee, mense wat jou begelei het tot vandag. Hy het mense gebruik om jou te help vorm tot die mens wat jy vandag is. En Hy selfs stap die lewenspad saam met jou. Jy is volgende jaar op jou eie voete. Onthou wie jy is. Onthou waar jy vandaan kom. Wees dankbaar vir die Here wat jou gemaak het en steeds seën, onthou die ouers of voogde wat jou begelei het tot op hierdie punt in jou lewe.
Lord, you created every part of me, you put me together in my mother’s womb. I praise you because you are to be feared, all you do is strange and wonderful. … You saw me before I was born, the days alotted to me had all been recorded in your book, before any of them ever began…
3. Onthou waarheen jy op pad is. Remember where you are going to!
Julle het gedink dat julle al baie van die lewe geleer het. Die oomblik as jy uit die veilige ruimte van die skool en die ouerhuis uitstap, gaan jy skielik baie meer verantwoordelikhede hê. Jy gaan baie keuises in die lewe moet maak. En dit gaan jou nog baie meer laat groei, om die man of die vrou te word wat jy gemaak is om te wees. Onthou net hierdie woorde van Galasiërs 6: 4 “Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek, as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ‘n ander te vergelyk. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het…”
Jy gaan nou jou eie keuses begin maak. Jy alleen gaan verantwoordelik staan daarvoor. Die Here gaan jou nie met iemand anders vergelyk nie, Hy kyk hoe jy jou lewenswedloop hardloop. Waarheen is jy op pad? Ons kry elkeen wonderlike geleenthede om eendag voor die Vader se voete neer te lê, en te hoor dat ons goeie en getroue diensknegte was. Of nie. Mag jou doen en late goed wees, dat jy trots kan wees op jou lewe. Dit is jou keuse.
Galatians 6: 4- Each one should judge their own conduct. If it is good, , then he can be proud of what he himself has done, without having to compare it with what someone else has done. For everyone has to carry his own load… Do not deceive yourselves, no one makes a fool out of God. A person will reap exactly what he sows… ”
Conclusion
- You were fearfully and wonderfully made by a loving God, to have an exceptional life. And God used people to form your life up till today- remember them. Onthou die Here het jou kosbaar gemaak, en mense gebruik om saam met jou die pad te stap.
- Die Here is altyd by jou om jou krag te gee en met arendsvlerke te laat vlieg. God is always with you to bless you, and give you the strenght to fly on eagle’s wings.
- You will receive a life full of opertunities, to live life to the fullest, in honour of God. You will not be compared to anyone else- the Lord wants to bless you to have your own, excellent journey! Jy kry ‘n lewe vol geleenthede, waarin jy nie met iemand anders vergelyk word nie. Die Here stap met jou ‘n pad, en is daar om jou te seën, sodat jy ‘n uitnemende lewe tot sy eer kan leef.
Gaan vlieg nou met arendsvlerke die grootmenswêreld in!
Go Fly upon eagle’s wings into the future!
Mag die Here julle elkeen vashou, dra en seën
AMEN