Nuwe gedagtes vir ‘n Nuwe Seisoen

Lentedag was nog altyd ‘n baie spesiale geleentheid vir my. Behalwe nou in die Hoërskool daar in Noord Natal, waar jy op 1 September somersdrag sal dra, al lê die sneeu dakhoogte en die ysbere molesteer die alleenlopers.

Maar vandat ek beheer het oor wat om aan te trek, gaan dit baie beter! Dit is so opwindende seisoen. Oral begin nuwe blare uit die ooglopend dooie takke uitspruit. Pragtige bloeisels kondig aan dat nuwe vrug op pad is. Die skoolseuns kyk met ‘n nuwe glinster in die oog na die jongedogters. Dis tyd vir nuwe lewe in die romantiese deel van ons wese. Dis tyd om weer te begin oefen, die Argus se inskrywings maak netnou oop. Dis ‘n tyd vir nuwe planne, nuwe inisiatief, nuwe drome!

Wat beplan ek in hierdie nuwe seisoen? 1. Skryf 13h00 in vir die Argus- nommer 18 in die pyplyn.
2. Begin hierdie maand al oefen vir die kans om ‘n sub 4 Argus te ry.
3. Begin werk aan my geestelike dissipline, om meer tyd vir stilte te maak.
4. Maak meer tyd om my vrou te dien met my menswees
5. Maak meer tyd vir elke kind.
6. Kry my dogter in ‘n tersiëre inrigting wat haar drome kan laat waar word.
7. Begin ondersoek instel of ek wel my doktorsgraad by Maties moet probeer doen, soos uitgenooi.
8. Kry my groentetuin produktief.
9. Wees baie meer selektief waarmee ek my brein voed.
10. Gaan baie meer op Huisbesoek! (My Diensverhoudinge bestuurder sal bly wees om dit te hoor!)

Dis ‘n tyd om die winter se donker gedagtes uit te vee, en nuut te dink. Wat wil jy graag aan dink of werk in hierdie lenteseisoen?

Hierdie inskrywing geheel en al op die BB geskryf waar ek wag vir helpers om vleis te kom help laai vir ons basaar. Dis ‘n oorwinning! Ek is nie omgekrap nie, ek herbenut gemorste tyd!

16 thoughts on “Nuwe gedagtes vir ‘n Nuwe Seisoen

  1. ‘n Sprankelvars lente-lysie. Die seisoene draai nou vinnig hierdie kant ook en die laaste twee aande was nogal koel. Dit raak ook nou al heelwat vroeer donker saans. Een van die dae is dit weer die changing of the clocks hierdiekant. (Om skielik oornag twee ure agter julle tydsgewys te wees is altyd vir ‘n goeie week of twee verwarrend, etens en slaaptye voel ook nie ‘reg’ nie.)

  2. Aangesien ek al Noord-Natal kleure gehad het, kan ek vra van watter deel van Noord-Natal jy kom?

    Ek hou nie daar van om rond beveel te word nie, nie eers met ‘n lys wat ek self opgestel het nie. Ek gaan dus net lustige voortploeter en hopelik ‘n beter mens word.

  3. Gister is ek vroeg huis toe (vir die eerste keer in ‘n lang tyd) na die vonkelwynproeëry en ete en toe sien ek die wingerde begin al groen botsels maak en die vyebome het al voorvye aan! Ek s altyd SO bly as dit 1 September geword het!

    Oor jou lysie:
    Ek hou duim vas jy kry ALLES gedoen, veral no 4, 7 & 10🙂

  4. Ons is so paar manne wat in die oggend bymekaar kom en bid. Het juis in die week gesels oor die nuwe seisoen op hande en dat mens se lewe ‘n nuwe geestelike seisoen ook moet betree. Soos Oom Donkie sê, gooi daai swaar winter jas eenkant en laat jou lig helderder as ooit skyn.
    Ek het 1 ietsie op my lys: Om ‘n beter man vir my vriendin te word, haar te respekteer en onvoorwaardelik lief te hê.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s