Die Oerchaos het my nou getref…

Liewe georganiseerde vriende,

Hiermee bely ek uit my sondige pikswart hart dat ek in chaos verval het tydens die afgelope paar weke se Basaar reëlings. En dit is besig om my onder te kry…  Ek voel so verdwaald waar ek nou sit. My korrespondensie is weke agter. My SARS opgawe se dokumentasie moet nou begin bymekaar kom vir e-filing… Erens in hierdie hoop is die antwoord van al die mediese rekeninge rondom my dogter se verstandtande ekspedisie.  Ek vermoed die FBI dokumentasie rondom JFK  se sluipmoord in Dallas lê hier êrens, asook die transportakte van die ou Suid-Afrika soos deur Harry die Strandloper aan Jan van Riebeeckstad in Welkom oorgedra.

Dit is ernstig op my to do lysie om orde in die chaos te skep. Dit gaan egter so teen my normale ingesteldheid van uitstel. Maar ek kom nou agter die probleem gaan nie weg as ‘n mens hom los nie. Dit word net al hoe erger. Papier kan paar op my lessenaar en kleintjies kry, vinniger as hasies.

Ek wens ek kon bietjie meer orde in my lewe kry.

Hoogagtend die ongeorganiseerde uwe,

Die Donkie!

 

 

NS- as jy dink dit is al my boeke- daar is nog  vier rakke bo die een wat bo uitsteek op die foto, vol boeke…

16 thoughts on “Die Oerchaos het my nou getref…

  1. Maankind, jy is mos ‘n profeet! Ja, daar is sulke basiese dinge wat nou moet regkom. Ek het maar vir more ‘n dag verlof ingesit dat my gees net weer by my liggaam kan uitkom. Verder MOET ek nou begin oefen, my dopamienvlakke is weg… Basiese goed wat ‘n mens weet om te doen, en nie doen nie, dis die goed wat my nou in die alie byt…

  2. Solank as ‘n man weet dit waarna jy soek lê op die tweede stapel van die hoek af, veertien lae af, dan is jy nog in goeie shape.
    Goeie plan om die leer byderhand te hou vir ingeval jy dalk deur die plafon moet ontsnap, mens weet nooit wanneer dié papierwerk geweldadig raak nie.

  3. My pa se kantoor (en klerekas!) het presies net SO gelyk, maar hy kon sy hand te enige tyd uit(in)steek en presies uithaal waarna hy soek. As my ma sy klerekas soms reggepak het, het hy wilde stuipe gekry, want dan kon hy niks vind nie.

    Anyway, die boekrak lyk nie te erg nie, kry net daai lessenaar in orde😉

    • Ek is nou nie meer in daardie posisie om iets dadelik te kry nie. En ek raak nou moeg vir die chaos. So in die volgende paar dae sal daar orde wees. Die boekrak- al weer op pad oorvol toe. Maar weet jy, ek het al soveel keer baie boeke weggegee of by die Hospice afgelaai, en dan wens ek ek kon hulle weer terugkry lateraan. Wens die hele boksemdaais kon op een kindle gewees het!

  4. Ek kry ‘n angsaanval net deur te kyk na daardie deurmekaar lessenaar. Is jy nie bang daar broei skerpioene of erger uit onder al daardie papiere nie?😀

  5. Hoe het ek hierdie inskrywing gemis? ek blog heeltemal te min!!
    Ek sal kan werk op hierdie lessenaar!!! Dis so lekker om te probeer inhaal om als reg te kry… jy haal nooit in nie!!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s