Om saam met Son te droom…

Son het ons drie selfsugtige drome gegee, elk met drie onderafdelings.  As ek nou alles kon kry wat ek graag wou hê, sou dit so lyk:

  1.  My eie huisie by die see…
  •  Selfstandige huisie, met ‘n boorgat en sonkrag en groentetuin
  •  In sy motorhuisie staan ‘n ou Beach buggy en ‘n nuwe Harley
  • Die huisie is groot genoeg vir baie boeke en Cd’s, en ‘n dubbelbed vir my en my vrou…

2. Ek droom van ‘n toekoms vir al 4 my kinders…

  • In besonder dat my matriekmerrie redelik binnekort ‘n opening kry êrens om grafiese ontwerp te studeer…
  •  dat ek al vier op ‘n manier kan help om wel verder te studeer in wat ook al hulle rigtings is…
  •  dat elkeen van hulle ‘n werk sal kry waarmee hulle hul daaglikse brood kan verdien…

3. Soos Miss Congeniality droom ek oor World Peace:

  •  Ek droom van ‘n land waarin niemand meer skuldig hoef te voel oor die verlede nie.
  •  Ek droom van ‘n land waarin elkeen van ons kinders ‘n gelyke kans sal hê om te werk en te leef.
  •  Ek droom van ‘n einde aan misdaad, veral teen vroue en kinders!

So die genie wil seker weet: waar moet die Huisie staan?  Tietiesbaai. Erens ongerep…  Gansbaai? Kleinmond?  Al wat ek vra is see-uitsig en nie te veel Transvalers nie…

15 thoughts on “Om saam met Son te droom…

  1. Ek het alweer die toets gedop, né… nommer twee en drie pas nie in by Son se raamwerk nie…

    2. Om die hele Camino te gaan stap…
    Saam met goeie vriende en vriendinne hierdie keer
    Terwyl ek op my doelgewig is
    en genoeg Euro’s het om meer as Pilgrim’s Menu’s te eet…

    3. Ek wil ervarings op my Bucket List waar maak…
    By Ruben’s in Franschhoek gaan eet…
    Met ‘n warmlugballon vir ‘n sjampanje ontbyt oor die Victoria watervalle gaan…
    Met ‘n Harley Route 66 in Amerika gaan ry (met genoeg dollars om ook lekker te eet!)

  2. Maankind, maar nou maak jy mos ‘n interessante nuwe gesprek oop!
    As ek nou in die Kaap vir een keer in my lewe by ‘n uitstekende restaurant wil eet, waar sal dit wees? Peter Veldsman op die waterfront? Want ek is al so moeg vir die Spur se rubber…
    Ek het daardie seekosrestaurant in die hawe (nie waterfront nie, die een tussen die containers wat lyk of hy sommer van paletplankies aanmekaar getimmer is een Saterdagoggend, en toe die klomp landsvlae so onder die sinkplate vasgekap het…

    En Gauteng vriende- waar is die beste restaurant in Pretoria? Johannesburg?

    • Ek het regtig gedog Ruben’s sou dié plek wees. In die winkel langs die restaurant het ek verlede jaar ‘n Chef mes van Damaskus staal gesien wat ek met my hele hart begeer- maar hy was toe al R1800 gewees….

  3. Ruben’s gaan een van die dae iewers anders self wees, dalk sal ek vir die Genie ‘n meevaller vra om vir Maankind, MaanMan, Bileam en Pastoriemoeder soontoe te vat😉

    Tietiesbaai?! KEN jy Tietiesbaai, Bileam? I’m impressed😉 Wat van Jacobsbaai?

    Ek hou van jou no 2 en 3, sommer baie, so ek sal jou oorsien dat jy die reels oortree het🙂

  4. Ruben gaan ‘n restaurant in die Waterfront oopmaak, het die nuus vandag gehoor by ‘n betroubare bron. In die Kaap gaan eet jy by Poncho’s in Observatory, in Canal Walk gaan eet jy by Cafe Magnifico, net buite Stellenbosch kan jy ‘n MEAN hamburger eet by Beyerskloof of jy kan vonkelwyn proe en buffet eet, vir ‘n goeie prys, by JC Le Roux.😆 Kan jy agterkom ek hou van lekker kos?😆

    • Daar is nog soveel wat ek van die Kaap moet leer! (daardie) hamburgers klink fantasties! ‘N Mens moet eet, so waarom dit nie geniet nie? Praat ek nou so lekker saam terwyl ek regtig ten minste 20 kg ligter wil wees vir Suikerbossie!

    • Son, JC le Roux was vir my ook lekker! Daar is baie onverwagte lekker plekke, een van die lekkerstes is @365 in Pringle Baai. Die ‘grotes’ en bekendes het my nog altyd heel teleurgestel. Franschhoek se lekkerste een is die een wat goot gemerk is met ILLY koffie, so op ‘n hoek, ek het sy naam vergeet.
      Ruben self is lankal weg van Franschhoek af, hy is van daar af na die One & Only toe in die Waterrfront.

      • O wag – ek het vergeet van Quarterdeck restaurant by Grand West – daar eet jy tot jy omval aan ‘n buffet met meer as 100 soorte disse vir NET R129 per persoon!

  5. Dit is maar die probleem met restaurante wat bekendheid verwerf het….porsies word al hoe kleiner terwyl pryse die hoogte inskiet. Ek kan dit nie oor my hart kry om bv. R150 vir 2 lamstjoppies en bietjie mash te betaal, as ek weet ek kan dit net so, indien nie lekkerder, gaarmaak nie. Vir my gaan lekker eet, oor smaaklike kos, ‘n hele bord vol, wat my na die tyd laat voel dit was nie ‘n rip-off nie. Die beste buffet wat ek byvoorbeeld onlangs gehad het was by Stone Cradle Restaurant, dis so net af van die R21 langs die Rietvlei natuurreservaat in Centurion…WOW, ek het nog nooit so ‘n verskeideheid kosse gesien nie…en dit vir R125.00, wat alles insluit van Sushi regdeur tot Oxtail. Ek haat dit om by restaurante in winkelsentrums te eet, MAAR Dominiques in Cresta is volgens my die beste waarde vir geld restaurant in Jozi. Ordenklike porsies lekker kos teen BAIE billike pryse. Maar ja, met ‘n baba en 7 jarige in die huis kom ek deesdae net by kindervriendelike plekke met speelplek😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s