Psalm 91 se beskerming teen gevaar in die dag?

Vanoggend het ek en my matriekmerrie baie vroeg vanuit die Bosveld vertrek Gomorra toe.

Die verpletterende nuus was dat, ten spyte van 4 A simbole en ‘n baie sterk B in die Junie-eksamen, met ‘n gemiddeld van 75 persent in die eksamen, het Potch Universiteit vir Chips, Hamburgers en Owerspel nie vir haar plek nie. Nie in ‘n koshuis nie, en nie in die grafiese ontwerp departement nie. By verdere navraag blyk dit dat sy keuring gemis het omdat sy nie kuns as skoolvak het nie.

Een van die privaat ontwerpskole het haar vir ‘n onderhoud genooi vanoggend. Sy het binne 24 uur ‘n nuwe portefeulje van ses potlootsketse gemaak, die PUK wil mos nie haar oorspronklike een pos nie. Bliksems!

Vanoggend het die oudste met bewende knieë en haastige sketse in ‘n Engelse onderhoud ingestap, en hulle binne ‘n uur oortuig om haar te aanvaar vir volgende jaar, vir ‘n internasionaal erkende graadkursus in Grafiese ontwerp. Aan die einde van die onderhoud sê hulle dat hulle haar binne ‘n week sal laat weet wat die uitslag is.

Ek en sy is toe Menlyn toe, want ons het nou baie tyd in die stad. Ons stap deur ‘n boekwinkel of twee, toe lui my selfoon. Binne ‘n uur het hulle besluit sy is goed genoeg, en ons moet (asseblief) weer terugkom om die papierwerk te kom haal. Ons verlaat Menlyn net daar, ure voor ons sou…

Kort daarna was daar ‘n massiewe rooftog en skietery in Menlyn! Die oproep het ons verseker betyds daar uitgekry! As ‘n mens sulke dinge begin raaksien, is ek baie dankbaar!

Ek sukkel nog egter met een groot geloofstryd- die private inrigting is maklik R20000 per jaar duurder as wat PUK sou wees! Daarvoor het ek nog nie ‘n plan nie! Ek leer sommige geloofslesse so moeilik!!!

5 thoughts on “Psalm 91 se beskerming teen gevaar in die dag?

  1. Dankbaar julle is veilig.

    Baie geluk vir jou dogter se keuring. Sy sal hard werk omdat sy weet wat dit geverg het. My jongste wat nou 2de jaar veeartseny swot baie hard omdat sy deur ‘n helse trauma is na matriek met haar punte en die onsekerheid van keuring. (Die dept het ‘n fout gemaak met meer as een vraestel en dit het ons ‘n hofsaak gekos om haar regte punte uit hulle te kry)

    En GLO… daar sal finansiele uitkoms wees. As mens weet jy is so in God se hand, sal Hy jou nie net los nie. Hy los mens nooit, maar jy moet hand uitsteek soos ‘n kind en nie met jou kop dink soos ‘n grootmens nie. Maar moeilik vir almal van ons, ne!

  2. En ek het nogal aan julle gedink toe ek hoor van die Menlyn ding, maar so ewe gedink nee wat, wat sal julle nou daar gaan maak😯

    Bly oor haar keuring, BAIE bly julle is veilig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s