‘n Dag by die Engeltjie fabriek

Dankie vir die omgee! Ja, pastoriemoeder se Corolla mag oud wees, maar sal nog die Kaap haal, veral met gister se nuwe bande en wielsporing…

Vanoggend het Theuns Eloff eerste lesing gehad en gepraat oor die tye waarin ons lewe en kerk in moet wees. Die man is skerp, ‘n mens kon hom amper vergewe vir die PUK se nonsens. Amper! Baie goeie spreker.

Ek het vanoggend na Nelus Niemandt geluister oor Missionale gemeentewees. Dalk verkeerde keuse, al die goed het ons lankal gehoor by die Vennootskap van Gestuurde Gemeentes.

Na middagete se hotdog het ek by Jan du Rand se werkswinkel ingehol. Hy is een van die wêreld se voorste kenners op Johannes en Openbaring. Ons het weer saamgedink oor 1 Johannes se boodskap vir ons identiteit. In my 1e jaar by hom klas gekry, en ons was skytbang vir hom. 25 jaar later is hy afgetree en ek middeljarig! Maar die prof is steeds baie skerp.

Die laaste sessie het ons by Louis Brittz en Renette Bouwer klas gekry. ‘N klassieke orreldosent, en ‘n kontemporere musikant wat verskillende kante van kerkmusiek vir ons belig het. Baie goeie sessie gewees!

Net voor aandete het ons ‘n heerlike verrassing gekry. Die spyseniers het vir ons ‘n heerlike wynplaas se wyne gereël en ek het twee goeie glase Cabernet gekry. Aandete was briljant met lekker skaapboud en hoenderpastye en daarna ‘n poeding met vla. Dit voel sommer of die kerk vandag weer omgee vir ons.

Vanaand het ek by ‘n goeie vriendin in Garsfontein gaan kuier, wat ‘n pragtige woonplekkie vir my dogter kan voorsien, 7 km weg van die kampus waar sy gekeur is. Deure gaan oop maar alles is dubbeld so duur soos wat ‘n staatsgesubsideerde universiteit sou wees- dit bly ‘n bekommernis maar al my gelowige vriende bly my verseker die Here sal voorsien. Ek moet seker maar nog baie leer oor geloof, en is nou self ingeskryf in die School of Hard Knocks. Vandag was ‘n goeie dag, tsv gisteraand se min slaap. Mooi aand daar by julle elkeen, ek is nou vakenmoeg!

4 thoughts on “‘n Dag by die Engeltjie fabriek

    • Nee hare is oud en net die plein 1300 sonder aircon en kragstuur. Maar het net 130k kilos op, so om te vervang is onmoontlik. Gaan nie ‘n goeie ander kar kry vir die R25k wat hy werd is nie. Hoop jy kry weer so mooi Run X in die hande! Hoop vandag is mooier as gister!

  1. Ek hoop regtig jy gaan party van die sessies met ‘n koeksister of wat vetmaak. Dit sal interessant wees om te weet wat Louis en Reinette se take is oor kerkmusiek van vandag, en waarheen ons oppad is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s