‘n Dag in die Tuin van Kennis

Ag, ek het maar net ‘n mooi titel gesoek, Tukkies kan mos nooit so groot wees vir ‘n oud-Kovsie nie!

Ek sit met my eie ADD is ‘n klas oor Missionale Leierskap. En my gedagtes dwaal, en my vingers vroetel met die Blackberry.

Ek kom agter dat ek ouer word. Elke keer raak die manlike studente net meer en meer seuntjies. Maar die jonge dames!

Liewe ouers. Lente is ‘n pragtige tyd op die kampus. En as ek my oë ophef na die somersmodes vir dame studente, dan wil ek spontaan in ‘n lofgesang losbreek…

Ek glo dit weer vas vandag- die vrou is verseker die kroon van die Skepping. Ek persoonlik hou baie van die idee van ‘n Skeppingsverhaal. Daardie ontdekking dat ‘n man op sy eie ‘n boggerop is, die Here self het gesê dis nie goed om hom alleen te los nie. Daarom is daar uit die man iemand geskep wat hom waarlik volkome mens sal maak. Iemand soos hy, maar dank die Vader so anders as hy. Sy gelyke en die een wat hom help om mens te word.

Die vrou is vir my wonderlik! En mooi!

Ek hou soveel meer van hierdie verklaring as om te dink dat iets so edel sommer eendag uit die primordeal ooze gekruip het. Behalwe nou miskien wanneer ek die dag goed die hel in is vir my vrou!

Terwyl ek so in die akademiese atmosfeer is- een van die grootste debatte is tussen geloof en wetenskap. Die streep is getrek. Kies jou kant, want ons gaan baklei…

Wetenskap en godsdiens is aartsvyande. En op litnet word die stryd gestry deur jou opponent so sleg as moontlik te sê.

Een van die wonderlikste boeke wat ek ontdek het, het vir my so baie van my eie vrae geantwoord.

The Language of God deur Francis S Collins. Hy is ‘n uiters gerespekteerde wetenskaplike. Hy word die Vader van die Menslike Genoom genoem, die leier van die span wat die DNS struktuur van die mens uiteindelik vertaal het. Hy sal vir jou bewys dat evolusie verseker plaasvind.

Hy was ‘n ateis, wat die Here ontdek het in sy lewe. En wat hy in hierdie boek vir my kom sê het, is dat ‘n keuse nie nodig is nie. Jy kan altwee hê met integriteit. Die een sluit nie die ander uit nie.

Dit het verskriklik baie vir my beteken, want ek het ook Dawkins en Hitchens gelees. Collins bring “n stuk balans wat ek baie waardeer.

Waaroor gaan dit eintlik in hierdie blog? Die mens is die kroon van die Skepping, en die mooiste hiervan is die vrou! Sela!

12 thoughts on “‘n Dag in die Tuin van Kennis

  1. Primeordial ooze indeed..lekker laat jy my nou lag. Al glo ek en jy nou nie dieselfde nie, Bileam, stem ek wel saam met jou dat mense wonderlike vessels is om siele in te huisves.
    Mense is vir my mooi, of hulle nou oud, jonk, maer, vet of skeeloog is, almal van ons het iets aan ons wat mooi.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s