Die ongelooflike wonder van seks…

Nee, nie regtig nie, ek praat mos nie uit die slaapkamer uit nie. Wou net jou aandag hê en vir jou goeie more sê. Mag jy ‘n heerlike week hê en ten minste een van jou drome waar maak!

Ek gesels so oor die naweek met ‘n vriendin op die eposse, en sy haal ‘n paar sinnetjies van Neil Diamond aan.  En toe is dit ook een van my heel gunsteling liedjies van alle tye.

I’ve been this way before- Written by Neil Diamond

I’ve seen the light
And I’ve seen the flame
And I’ve been this way before
And I’m sure to be this way again
For I’ve been refused
And I’ve been regained
And I’ve seen your eyes before
And I’m sure to see your eyes again

For I’ve been released
And I’ve been regained
And I’ve sung my song before
And I’m sure to sing my song again

Some people got to laugh
Some people got to cry
Some people got to make it through
By never wondering why

Some people got to sing
Some people got to sigh
Some people never see the light
Until the day they die

But I’ve been released
And I’ve been regained
And I’ve been this way before
And I’m sure to be this way again

One more time again
Just one more time

 

Jy kan dit hier gaan kyk en luister… Kyk dit, dis asemrowend mooi!

 

HIerdie is mos die jaar wat ek woes dink oor my lewenspad. Die plekke waar ek al was, en nog graag heen wil gaan. Die mense wat ek nodig het om mens te wees. Reisgenote soos my liewe vrou, my kiddies, my suster, ou vriende, nuwe vriende…

Hierdie week se lewenspad is nogal woes. More verjaar my jongste. Donderdag is my dogter se matriekafskeid, en om een of ander rede slaan dit my hard- hoe kan my klein rooikoppie nou al klaarmaak met skool? Waar is die tyd heen?  Sy gaan so ongelooflik mooi lyk op haar matriekafskeid.  As ek nou al so voel, hoe op aarde gaan ek haar troudag eendag oorleef?

En Vrydagaand… sal Saterdag eers bekend gemaak kan word. Dis goed, maar dis erg vir my…

Ek voel baie melankolies vanoggend, en gaan vandag seker nie baie produktief wees nie.  Dalk meer tyd om vir ‘n paar ander mense se seer te bid, ‘n goeie boek te lees, my Bybelstudie oor Prediker 4 uit te werk, en hopelik met ‘n kollega met sy eie stuk seer te gaan koffie drink, en vir hom iets te beteken…

Ek gaan dalk net een keer hier verby, maar wil graag elke dag die lig sien… en aan ander uitdeel…

4 thoughts on “Die ongelooflike wonder van seks…

  1. Dankie tog ‘n dominee is ook net ‘n mens….. kon van kleintyd af nie die “sitkamer” vir dominee se besoek verstaan nie. Sterkte sommer vir alles wat die week jou pad gaan kom…!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s