Saterdag aand Blues…

Ek het ‘n pakkie skaaptjops, en ‘n bottel Saint Clare…

 

My vrou sit in Ierland… sy het my verlaat…

My drie seuns is op ‘n kamp…

My dogter is agttien en gaan nou strate toe saam met die pelle…

 

Dis net ek, en my rekenaar, en more se preek wat, nog ‘n skoon vel papier op Word is…

Onderwerpe:  wat gaan daar by jou aan op ‘n saterdagaand?

16 thoughts on “Saterdag aand Blues…

  1. Verlang is ‘n moeilike ding, ne. Terwyl sy weg is, beplan iets romanties vir haar vir wanneer sy terug is. Verder, gebruik die me-time om ‘n lekker boek, of twee, te lees. Om op Huisbesoek te gaan as jy kan. En skryf sommer elke dag vir Pastoriemoeder ‘n paar woorde uit jou hart uit neer, dan kan sy dit lees wanneer sy terugkom. En weet hoe baie jy verlang het 🙂

    • Sy gaan in elk geval nou nou haar nuuskierigheid nie meer bedwing nie, en hier of op facebook lees… Sy weet hoe ek verlang, ek is maar simpel wat dit aanbetref, kom nie so lekker sonder my gesin oor die weg nie. Die maand in Spanje was vir my baie erg lateraan gewees… Wens ons was ryk genoeg om sulke goed altyd saam te doen, maar ek gun haar dit saam met haar ma en twee sussies… dit sal seker nie weer kan gebeur nie, skoonma begin te swak word om so ver te vlieg…

    • Ek waardeer- ek waardeer! Maar ek is nie baie op die bol sonder hulle nie… Ek het gedink om ‘n lank vergete Canfruit preek te preek more, een uit 1996 uit. En toe kry ek ‘n reuse verrassing. Ek kan nie meer my preke van 1996 preek nie. Dis asof dit totaal iemand anders s’n is, my styl het ongelooflik baie verander. Ek het nie meer al die antwoorde nie, ek veroordeel nie meer nie, daar is deesdae baie meer deernis en liefde en empatie in my preke… taalgebruik het baie meer informeel geword. Ek word seker maar ouer…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s