Sondagmiddag- waar sou jy eerder wou wees?

Dit is Sondagmiddag vieruur. Ek sit en wag vir my vrou om te Skype uit Ierland uit. Ek sit by die huis in ‘n Bosvelddorp. Dit is deksels warm, die pastorie se dak het nie pienk goeters in nie, en ons slaapkamer is genoeg om ‘n mens aan die hel te herinner. Die middagslapie was ‘n mislukking- net te warm vandag weer daarvoor. Dit terwyl ek so lekker lomerig voel na ‘n fantastiese middagete by goeie vriende, gepaardgaande met ‘n wonderlike botteltjie rooi…

 

Dit het my nou laat fantaseer. Waar sou ek vanmiddag eerder wou gewees het?

 

  1.  In Sligo in Ierland, saam met my vrou by die Strand pub wat so op die Atlantiese oseaan uitkyk.
  2.  By die Blue Peter in Bloubergstrand, met ‘n biertjie in die hand.
  3.  Op Clifton se strand, as dit ‘n mooi dag is, met die seiljagte wat so net agter die branders kom vasmeer- dit is darem net een van die mooiste strande in die ganse wêreld…
  4. By Morgan Baai, op die strand…
    Wag- hier is ‘n onbewustelike herhalende tema! Behalwe dat ek my vrou baie mis,  ly ek aan ‘n tekort aan seewater op die vel.
  5.  In die Drakensberge, daar by Monk’s Cowl teen die berg op langs die sfinx verby…
  6. By die Brouery in Clarens, besig om ‘n verskeidenheid biere te probeer…
  7.  Langs ‘n krieketveld, waar Suid-Afrika die onreg van vanoggend op die krieketveld herstel teen Australië
  8. Op my motorfiets op die Rooi-els pad na Kleinmond toe…
  9.  Op my motorfiets in die Laeveld- die paaie rondom Graskop…
  10.  In Cappucinos in Menlyn saam met goeie vriende…

Ek kan nie veel aan die meeste van hulle doen nie. Maar ek gaan nou lekker met my geliefde Skype…

En daarna gaan ek op Huisbesoek…

 

Waar daar ‘n motorfiets met ‘n tank vol petrol is, daar is nog hoop…

 

Geniet jou Sondagmiddag!

9 thoughts on “Sondagmiddag- waar sou jy eerder wou wees?

  1. Jy het beslis ‘n tekort aan seewater. Behandeling: vakansie in die Overberg. Medisyne sonder voorskrIf beskikbaar. Kontak my en Maankind vir selfsorg akkommodasie. Goeie resultate gewaarborg.

  2. 1. Ek sou vandag saam met my man in Ecuador wou wees (hulle is vir die dag na General Villamil Playas – ‘n strand). Hy sou vandag terug gewees het maar sal hopelik die 25ste terug wees. Ons het vroeër vandag op Skype gesels…

    2. Ek sit en beplan vir ons ‘n naweek in die Drakensberge vir die einde van die maand vir ons 29ste troudagherdenking (eerste naweek na hy terug is uit Ecuador)

    3. Ons gaan by Clarens en Golden Gate aandoen oppad berge toe.

    4. Ek tel die slapies….

    NS: Hoop jou rit op Huisbesoek was lekker!

  3. 1. In Chile, Argentinie of Mexico, in enige straatkafee, met brood en wyn – of Tequila en enchiiladas

    2. Op ‘n seiljag (verkieslik my eie een) besig met ‘n toer om die wereld – around the world in 80 days.

    3. Op Tafelberg – om sommer net daar te sit en die vertes in te kyk.

    4. Op Jamaica, op di estrand – tewryl iemand besig is om my hare in sulke klein vlegseltjies te velg.

    5. Met ‘n Scooter op reis deur Europa.

    “Dreams are good friends… ” *sug*

  4. Sondag-blues vang ons baie gereeld.

    Ek sou graag met my voete in seewater wou sit of boek lees in die koelte met die klank van die see in my ore . . . .

    Op Kransvley met die donkies wat kom wortels vra . . .

    Voor ‘n braaivleisvuurtjie in die bosveld na sonsak en die sterretjies steek kop uit . . .

  5. Sondagmiddag is ‘n vieslike ding wanneer ‘n mens se Liefie ver is. Ek lees nou eers jou inskrywing, maar as ek gister sou moes antwoord sou ek kon skryf: Alles is perfek reg net soos dit nou is. My kinders kuier, al my kleinkinders is hier en lag en kuier en geniet mekaar se geselskap. Ek stres nie oor die kos nie. Later wanneer hulle weg is, gaan vang my Liefie en ek
    n middagslapie.

    En oor twee weke gaan ons see toe vir baie lank. My drome is almal reeds waar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s