Wat ‘n vrou graag in ‘n man wil hê…

Suna se worsteling met die manne het my diep aangegryp.  Is daar nog mans wat liewer vir hulle vrouens is, as vir hulleself? Dit is wat Vega vir haar 3 dogters daar toegewens het.

 

Ek wonder al baie jare lank oor hierdie ding. Stephen Covey het mos gesê ‘n mens moet by die eindpunt begin, en terugwerk na vandag toe. Wat sou jy graag wou hê mense moet op jou begrafnis van jou sê? Ek sou so graag eendag onthou wou word as iemand wat wel vir sy vrou lief was. Ek sou graag wou onthou word as ‘n pa wat werklik omgegee het. Ek dink nie ek gaan dit maak tot by die Dominee van die Eeu/Dekade/ Jaar/Maand/Week nie, anders sou ek seker ook by die Algemene Sinode gesit en mooi bydraes maak het, wat die kerk vir die volgende eeu op die regte pad sou help.

 

Ek het diep nagedink oor die rol van die man in die vrou se lewe. Soos die Prediker het ek ook besluit: Ook dit kom tot niks, dis ‘n gejaag na wind… ‘n Man kan nie ‘n vrou gelukkig maak nie…Ek het dit met Pastoriemoeder gedeel…

 

En toe my oë twee weke later weer kon sien, het ek anders besluit. Behalwe nou vir Mel Gibson se fliek: “What Women want”  het ek ook my boekrak gaan bestudeer. En afgekom op John en Diana Hagee se boek. Dis in die helfte gedeel, met die tweede helfte onderstebo. Hy het geskryf: Wat elke man in ‘n vrou wil hê… en sy oor: Wat elke vrou in ‘n man wil hê (CUM uitgewers, ISBN 978-1-77000-295-1) Die man se weergawe is natuurlik reg, en die vrou s’n agterstevoor.

 

En tog moet ‘n man ook soms Diana Hagee se stukkie lees. Oor wat die vrou graag in ‘n man wil hê. En dalk oortree ek nou die kopiereg, maar ek ag dit my verantwoordelikheid om hierdie wyshede met die broers in verdrukking te deel. Want ons almal wil graag weet- dit verhoog ons kanse om gelukkig te wees!

 

Hulle het verskillende ouderdomme dames gevra: Wat wil jy graag in ‘n man hê? En hier is die antwoorde wat die mensdom tot stilstand geruk het…

 

Ouderdom 25

  • Baie aantreklik
  • Sjarmant
  • Finansieel suksesvol
  • Goeie sin vir humor
  • Fisieke fiksheid
  • Modieuse klere
  • Goeie maniere, en waardeer die fyner dinge  (nie net fyndraai nie!)
  • Spesiale verrassingsgeleenthede
  • Verbeeldingryke romantiese minnaar…

Ouderdom 40

 

  •  Aantreklik
  • Maak kardeure oop, en trek stoele uit
  • Genoeg geld hê vir ‘n lekker ete
  • Meer luister as wat hy praat
  • Lag vir my grappies
  • Moet sakke kruideniersware gemaklik kan dra
  • Een das in sy kas hê
  • Hou van goeie tuisgemaakte kos
  • Onthou verjaarsdae en herdenkings
  • Darem een maal per week romanties raak

Ouderdom 55

 

  • Sny gereeld sy hare
  • Moenie winde opbreek of homself krap in die openbaar nie
  • Leen nie te gereeld geld nie
  • Moenie aan die slaap raak as ek frustrasies lug nie…
  • Vertel dieselfde grappie nie te dikwels nie
  • Fiks genoeg om naweke van die rusbank af op te staan
  • Dra gewoonlik bypassende sokkies en skoon onderklere
  • Hou van goeie kitskos
  • Onthou my naam af en toe
  • Skeer party naweke

Ouderdom 75

 

  • Moenie klein kindertjies bang maak nie
  • Onthou waar die badkamer is
  • Het nie te veel geld nodig om aan die gang gehou te word nie
  • Snork net liggies as hy slaap
  • Onthou waarom hy begin lag het
  • Is fiks genoeg om sonder hulp op te staan
  • Dra gewoonlik klere
  • Hou van sagte kos
  • Onthou waar hy sy tande gelos het
  • Onthou dat dit ‘n naweek is.

Ouderdom 85

  • Haal asem
  • Moenie die toilet mis mik nie.

So- broers, die geheim is- hou net lank genoeg uit- dit word makliker anderkant 85 om ‘n vrou gelukkig te maak!

 

Suna, ek hoop dit help so bietjie?

 

Hagee, Diana; 2005; Wat elke vrou in ‘n man wil hê;  Vereeniging, Christelike Uitgewers Maatskappy

12 thoughts on “Wat ‘n vrou graag in ‘n man wil hê…

  1. My man maak na 38 jaar nogsteeds die kardeur vir my oop, dit wil gedoen word😉 Ek is nou ook nie ‘n Spreuke 31 vrou nie, dus kan ek nie te veel na sy kant toe vingerwys nie.

  2. My lysie:
    1. Ek sal net so hard soos my man werk om ons lewe te bou, maar hy gaan nie sit en kyk hoe ek werk nie – hy werk ook.
    2. Ek is nie by die heup aan hom vas nie, maar ek verwag nietemin 100% getrouheid. Ongeag waar, ongeag onder watter omstandighede, ongeag wat op die skinkbord aangebied was – NOT NEGOTIABLE.
    3. Ek sal sorg dat ek elke dag goed versorg, skoon en netjies is, so ek verwag dit van hom ook – beauty lies in the eyes of the beholder, so ‘n man hoef nie ‘n Mnr Wereld te wees nie, as hy ‘n mooi persoonlikheid het en my mooi behandel, sal hy vir my mooier as mooi wees.
    4. Ek sal skottelgoed was, elke liewe aand, as hy sal kos maak🙂 Toemaar, ek sal ook kos maak as hy insist😉
    5. Ek sal huis skoon maak as hy sal stryk – net sy eie klere, want ek koop nie kelre wat ek moet stryk nie.
    6. Hy moet darem so nou en dan ‘n boek lees en so nou en dan wil teater of fliek toe gaan – sy toppunt van sosiaal verkeer moenie rugby, braai en bier wees nie.

    En laaste, maar die belangrikste – ek sal daarvan hou as hy saam met my sal kerk toe gaan, al is dit net een keer ‘n maand.

  3. Dis seker nou al ‘n ou grap, maar ek reken daar steek soms waarheid daarin. Hoekom, oor die algemeen, gaan mans voor vrouens dood? Want hulle wil. My man se^ altyd ”don’t sweat the small stuff” en dis so waar. Niemand is perfek nie. Behandel mekaar met respek en deernis. Daar is net een ding wat my wit boos maak, en dis daai nonsens wat die ouens vir mekaar vertel van ”kyk die menu, maar eet by die huis”. Se moer. Watse respek is dit nou? Ek IS die menu en klaar.🙂

  4. *Bloos* Ek kannie eers saampraat nie, ek is met MY perfekte man getroud. Ons het deur die genade ‘n manier iewers, erens gevind om mekaar ten volle te verstaan, sonder argumente deur al die jare te kom. Om mekaar onvoorwaardelik lief te hê en om elkeen se foute as deel van dit waarvoor ons lief is te aanvaar. Ek weet nie of dit te doen het met die feit dat ons laat getroud is of dat hy 16 jaar ouer as ek is, of dat ons net altwee rustige tempramente het nie, maar ek word by die dag net liewer vir dit wat hy is en dit wat hy doen…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s