More kom Pastoriemoeder uiteindelik terug…

na ‘n heerlike twee weke se rondlê in Ierland…

En nou sal ek vanoggend graag by al die geliefde susters van die virtuele Donkiegemeente wil hoor:

Wat sou nou die gepaste manier wees om haar weer te verwelkom?

Die dag gaan so verloop-

Sy land 09h00 uit Frankfurt uit.

Met ons effektiewe bagasiestelsel sal sy waarskynlik 10h00 uit die “Arrivals” deur stap. Sy sal saam met haar ma en haar ousus na ousus se huis toe moet ry…

Want die Donkie was weer onnooslik gewees. Ek het maande terug vir die Hoërskool belowe om more die matrieks se “einde van 12 jaar op die harde banke, kort voor die laaste groot eksamen”- diens in ons kerk te hou, wat om 09h30 begin.  Ek kon dit nie uitruil nie, want Matriekmerrie en haar maters, wat ek omtrent almal van die doeke stadium af ken, moet vir oulaas op die regte paaie gewys word…

Tienuur op die kop wil ek in my se stadige bakkie spring, en dan twee rubberstrepe al die pad los tot by haar suster se huis naby die Wilgers hospitaal.  Die Britse verkeerspolisie moet my op radar optel, soos die foto onder van facebook af gesteel (David Nilsen’s photos…) vanoggend getuig…

Ek beplan om die spoedgrens deeglik te oorskrei. En teen so ongeveer 12h00 in Bose Stad nommer 2 aan te kom, en haar in my arms toe te vou…

Sy gaan waarskynlik honger wees- ek het op presies dieselfde vlug teruggekom van Spanje af, en ontbyt was êrens rondom die bokant van Botswana bedien…

Ek moet ook vir Matriekmerrie ‘n gloeilamp vir haar scooter se flikkerlig koop. Dié goed kry jy nie noord van Zambesiweg en suid van die Savannahsentrum nie…

 

 

Ek het verskoning ingesit vir die twee vergaderings wat ek sou moes bywoon in my hoedanigheid as “Voorsitter van die Kerkraad…”  Die res van die dag is oop. Maar êrens op die platteland is vier monstertjies wat ook verlang na hulle se mammie…

So, geliefde susters, met al hierdie informasie tot u beskikking, wat beveel julle aan?

Sushi by CTFM? Ander voorstelle mbt eet, drink, blomme, ens?

Hier onder is wat ek ook beplan om tussen 10 en 12 moreoggend te doen- waarsku solank die Metropolisie om ‘n veilige afstand te eerbiedig…

 

 

Ekskuus- die foto is nou nie so inspirerend soos wat Jeanne sou opsit nie… 🙂

Advertisements

12 thoughts on “More kom Pastoriemoeder uiteindelik terug…

  1. Ja vrind die volgende sal help : Die huis spiekeries
    Kinderse se huiswerk op datum en gebad as moeder by die huis kom
    ‘n snackie by die inkomslag by die deur
    Jy wat haar verwelkom by haar sussen met ‘n groot bos blomme,
    ‘n ete soos verkies.
    Daarna boek julle 2 in by ‘n geskikte gastehuis
    Borrelbad, sjampanje en baie sjokolade en kerse
    Ek hoop die help

    • Jy dink so mooi! Maar ongelukkig werk sy Vrydagoggend… 🙂

      Kinders se huiswerk is reg
      Huis is reg sover as wat 4 kiddies dit toelaat om te wees
      Pienk miniatuur varkore gekoop
      ete- dalk sushi by CTFM op pad huis toe…
      sjokelade en kerse reeds gereed, sal sjampanje op pad huis toe koop.
      Ek wens ons kon die gastehuisding die naweek doen, maar daarvoor is ek nou te broke…

  2. Gelukkig lees ek dit nou eers. Nou is sy al by die huis, en ek glo jy het niemand se raad gevolg nie, net gedoen wat JY weet die beste vir jou en haar en julle gesin is….. mmmmm 😉 As die pappa en mamma gelukkig is, is die kinders ook!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s