Lisensie kry flashbacks

Ek sit nou hier by die toetswerf en kyk, terwyl Matriekmerrie haar eerste amptelike bestuursles kry. Sy moet gedurende Desember haar eerste en hopenlik enigste toets slaag om op haar eie te mag bestuur.

Op die oomblik sukkel die instrukteur om haar daardie tru teen 90 grade in die paaltjies in te leer. Eish, hier lê nog baie werk voor!

Ek het kort na my 18e verjaardag my lisensie vir motor gekry, dit was vir my ‘n lewensbelangrike saak.

Op universiteit moes ek my groot motorfiets lisensie kry. Leerlinglisensies word al hoe makliker hoe langer jy met ander voertuie reeds op die pad is. Toe ek vir my lisensie gaan daar by Bloemfontein se Hamilton toetsgronde, het ek dit baie gelukkig getref. Net voor my het ‘n Sotho dame die spietkop spierwit geskrik afgelaai met ‘n Kode 10 voertuig,toets duidelik gedop. Ek wonder nog steeds wat het daar gebeur.

Die spietkop kom bewend na my kant toe gestap, clipboard in die hand. “Boetie, kan jy hierdie ding bestuur?” Vra hy met ‘n bars stem. Ek skud entoesiasties my kop op en af. Die omie sê: “bewys dit. As jy tot by daardie stopstraat kan ry, omdraai en lewendig terugkom, skryf ek jou lisensie sommer dadelik uit.”. Ek lewe nog, so ek is groot dank aan daardie Sotho dame verskuldig! Dit was soveel makliker as my karlisensie!

Die volgende jaar het ek ook my Kode 10 daar gaan doen, om soos baie ander studente my brood en botter te verdien met busbestuur.

Maar daardie oorspronklike vrees om ‘n paaltjie te stamp, en gedop te word, het steeds met my gebly.

Merrie is nog steeds besig met dieselfde maneuver! Gaan die kind ooit ‘n lisensie pass?

9 thoughts on “Lisensie kry flashbacks

  1. Ek kon nie paralel parkering doen om my lewe te red nie. Die dag toe ek gaan vir die toets – ons het toe nog in di edorp rondgery – was daar nêrens parkeerplek nie – dis was Desembermaand in di ePaarl. Toe sê die omie, ag wat, ry maar terug dat ek jou lisensie vir jou kan gaan gee. Ek kon my geluk nie glo nie. Eers JARE later het ek myself leer paralel parkeer😆

    Sy sal daar kom – wees net geduldig😈

  2. Ek het my Afrikaans-juffrou se golfie geleen om my lisensie mee te gaan kry. Dit was 1989. Toe, in die middel van die dorp, nadat ek nou mooi die toetsgronde se driepuntdraai afgehandel het en teen die bult weggetrek het, breek die clutch-kabel by die robot.

    Toe ry ek net aan en maak of niks gebeur het nie, want ek weet nie eintlik wat gebeur het nie.

    Nog so ‘n paar draaie deur die dorp gemaak, en toe ons by die toetsgronde terugkom, vra die spietkop vir my of ek weet ek het sonder ‘n clutch gery.. Ek sê toe ek het agtergekom iets is nie lekker nie, maar ek het maar aangehou.

    Toe sê hy hy sal my twee lisensies gegee het as hy kon.

  3. Natuurlik gaan sy dit kry… al kos dit dan ook die spietkop se dreigement om haar been wat so op die koppelaar (as dit ooit die regte woord daarvoor is,) ruk, met sy eie hande stil te hou. So ‘n dreigement bring jou vinnig terug aarde toe, en kort voor lank is daardie liksens in jou hande.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s