Die weerlig was toe raak….

Iemand se vloeke oor my uitgespreek het toe gewerk. Ek het inderdaad (goeie domineewoord) in interessante tye geleef hierdie week.

Nie alleen het ek die eerste klagte in my bediening teen my gekry nie- vorige blog se link. Die weerlig het ook gisteraand my huis raakgeslaan. Behalwe vir die skottel het my router die straal netjies na my desktop toe gelei. En ek het regtig nie nou geld oor om alles te vervang nie.

Ek kan glad nie met die Blackberry op litnet inkom nie, en weet ook nie meer of ek wil nie.

Die weerlig is die rede hoekom ek vir ‘n ruk dalk stil gaan wees. Die bliksem het my hard geslaan….

16 thoughts on “Die weerlig was toe raak….

  1. sterkte op hierdie blou maandag. Toe alles met my verkeerd geloop het( byna ALLES!) het iemand vir my ‘n paar gefotostateerde stukkies gebring om te lees. die tema was: god is in bevel en alles is wel. Se dit vir jouself kort-kort. God is in bevel en alles is wel! Dit werk.

  2. As jy regtig daar wil lees, kan jy Bolt aflaai op jou BB, dan lees jy maklik LitNet se blogs. DIt het in die verlede, ek weet nie deesdae nie, ek mors nooit meer my battery of my tyd daarmee nie..

  3. Donkie, daar is altyd ‘n goue randjie om ‘n donker wolk. My hele huis het afgebrand met alles wat ek gehad het van ‘n weerligstraal laasjaar die tyd. En daar is altyd ‘n more om na uit te sien, al lyk vandag ‘n bietjie grou.

  4. **sug** partykeer kan mens net nie ander mense verstaan nie. Maar jy bly ‘n cool dominee! Julle is maar yl gesaai. Moenie jou laat onderkry deur iemand wat nie werk vir sy hande het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s