‘n Sonnige dag by die Poison rally…

Gisteraand was toe baie anders as wat ek verwag het. Die pastoor se stalletjie het my rustig aan die slaap gemaak met Onbeskaamd en Wian Vos se musiek. Die slaappil en KWV het ook bygedra. Maar hier neffens my tent het sekere ou Suzuki eienaars van Boksburg of Benoni groot behae geskep daarin om mekaar af te los, en so teen tye soos half vyf die demone uit daardie Japanese enjins uit te dryf.

Dit voel ook asof die pastoor reg deur die nag aanhoudend die mense uitgenooi het na die “lekker stunt vertoning moreoggend tussen halftien en hafelf. Ons gaan rubber brand tot eer van die Koning…”.

Moreoggend hou hy ‘n kerkdiens om 07:00 hier reg voor my tent… Ons is ook al 300 keer vandag daaraan herinner…

Ten spyte daarvan geniet ek myself. Ek moes net ‘n ander opblaasmatras gaan koop vanoggend, die een wat ek saamgebring het is ‘n afblaasmatras.

Hier is mense wat ongelooflik baie gesuip op bikes klim! Ek hoop almal gaan lewendig tuis kom.

Een van die mooiste dinge om hier te sien is ouer motorfietse wat baie mooi opgepas is, enkeles van hulle lyk selfs beter as toe hulle nuut was.

Ek verkyk my ook aan die mense se gemak met hulleself- daar is GROOT dames in bikinis en omies met baie dik bierpense wat net in rugbybroekies en hulle motorfiets onderbaadjies rondloop. Hier is ook baie mooi mense. Mooi bikes. Mooi musiek. Dis regtig lekker om die mensdom so te sit en dophou. Ek wens net ek het vriende hier gehad om dit mee te deel….

4 thoughts on “‘n Sonnige dag by die Poison rally…

  1. Deel maar hier. Maar ek wil eintlik steeds nie hoor nie…
    (Skuus, ek is nie lelik nie, slegte nag, na my kind oor die water weer van haar wiele af is, kar het haar gestamp)

    • My moedertjie is ook altyd net so bekommerd… Dit bly gevaarlik, maar as dit in ons bloed is weet ek nie meer hoe ‘n mens daarsonder kan klaarkom nie. Jammer oor jou kind se nuutste ongeluk, ek hoop nie sy het baie seer gekry nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s