Mooi motorfietse op die Poison Rally 2011

‘n Hele paar vriende het gister gesê hulle hou nie baie van die Rally gedagte nie. Daar op die Wild Dogs website (vir dueler motorfiets entoesiaste…) is hulle ook heel negatief oor die idee.

Ek kan dit heeltemal verstaan. Daar is baie negatiewe dinge op ‘n motorfietsrally. Ek verstaan ook eerlikwaar nie sekere verstandelik gestremdes se behoefte om deur die nag ‘n motorfiets te ref dat sy kleppe later uitspring nie. Ek hou nie van die reuk van brandende rubber met burnouts nie, en gesuipte mense wat onsuksesvol probeer wheelie doen dit ook nie vir my nie.

 

Maar… aan die ander kant- ek is daar vir motorfietse…

Kom ek wys vir julle die mooiste fiets op die Rally in my oë:

‘n BMW R1100 S. Ek is nie seker van die jaartal nie, maar BMW is nou op 1200 cc enjins, en was voor dit op 1150’s en nog voor dit (rondom 2002?) op 1100 cc. Hierdie motorfiets is in ‘n beter toestand as toe hy nuut was- kyk hoe mooi is die enjin se “cover” dieselfde kleur as die res van die fiets geverf. Daar is nie ‘n krappie op hom nie, en hy is silwerskoon. Dit is die tipe motorfiets wat ek graag sou wou koop- een waarvoor die eienaar duidelik baie omgee en mooi oppas. Hierdie ou (ek ken hom glad nie) sal nie burnouts hou, doughnuts spin en die enjin uitmekaar uit rev nie…

 

Dan is daar vinnige fietse. Die prys vir die vinnigste een op die Dyno masjien is gewen deur ‘n Suzuki Hayabusa, wat 338 km/u gehaal het en iets soos 218 bhp uitstoot… een soos hierdie (as dit nie dalk hy was nie…)

 

En dan kom daar seker ‘n dag in ‘n man se lewe wat jy nie meer self in staat is om teen 300 km/u te ry nie, jou reaksietyd is meer gepas vir 60 km/u.  Dan, wanneer ‘n man ‘n 1/4 Viagra moet drink om nie jou skoene nat te piepie nie, dan is jy gereed vir hierdie klas van Honda Goldwing…

Dis wat ek graag op ‘n rally gaan kyk: Mooi motorfietse. En waar anders gaan ‘n plattelandse dominee ooit Rammstein op daardie klankstelsel hoor, soos dit gespeel moet word?  Vir die Road Trip na die Rally toe, en die mooi musiek, en die mooi motorfietse- daarvoor druk mens maar oorpluisies in om te kan slaap, en maak of ‘n mens nie die rubber ruik nie…

 

One thought on “Mooi motorfietse op die Poison Rally 2011

  1. Die Hayabusa is wel 150km/h vinniger as waar my moed strek, maar dit is vir my een van die lelikste goed op twee wiele. (byvoorbaat sorrie aan die ouens wat nou my knieë wil kom breek)

    Naas ‘n Indian (maar ons praat nie daaroor nie) bly ‘n mooi chopper my gunsteling. Indien iemand moontlik vir my ‘n GS of selfs een van Yamaha of Honda se cruisers wil gee vir Kersfees sal ek ook nie te ongelukkig wees nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s