Sewe Skandes, Sondes of Sommernet soos Son gevra het…

Son het my uitgedaag… Die uitdaging is om eers 15 bloggers te identifiseer en uit te daag. Maar tussen haar en Toortsie het hulle almal omtrent klaar gevat wat ek op WordPress ken. Dan moet jy sewe dinge vertel wat mense nie van jou weet nie…

Dit is baie moeilik!  Oh Lord, it is hard to be humble… My geliefde vrou sê ook ek het al klaar al my geheime uitgelap op my blog.

Kom ons probeer maar in elk geval die sewe skandes/sondes/ sommernet beantwoord…

1. Ek het my alie afgeval op my 50 cc toe ek vir ‘n Suzuki ryer van die buurskool ‘n middelvinger gegooi het in ‘n draai op ‘n nat pad in Standerd 9.  Ek was ‘n groot Honda fan, en ons het nie baie van die buurskole in ons dorp gehou nie…

2. My vrou en dogter sê ek vloek…

3.  Die krapmerke op my motorfiets is van een brandewyntjie te veel op verlede jaar se Poison Rally, en ‘n kol sand… eerste val van 1986 af…

4. Ek het een hele oggend spandeer om tannie Koekie te soek, wat ‘n boodskap gelos het dat ek haar dringend moet help. Dit blyk toe my eie dogter te wees, wat haar broers ‘n poets probeer bak het. Ek  sukkel om stemme te herken op ‘n telefoon…

5. Ek sukkel regtig na al die jare nog steeds om voor mense te praat…

6. Ek kan glad nie pak vir ‘n reis nie, en my vrou weier om dit vir my te doen. Ek het altyd te veel bagasie…

7.  Ek is verskriklik bang vir naalde en hospitale. Na my geboorte was ek net een nag in die hospitaal toe ek 6 was met ‘n gebreekte arm, en toe my verstandtande 4 jaar gelede uitgehaal moes word. Verder vermy ek dokters en naalde so ver ek kan, behalwe dat ek wel bloedskenk…

Ek dink nie ek het naastenby genoeg aangejaag in my lewe om interessant te wees nie!

Advertisements

5 thoughts on “Sewe Skandes, Sondes of Sommernet soos Son gevra het…

  1. Hoe lekker lag ek nou vir no 4! My ma het gereeld my en my suster opgemix as ons oor die telefoon met haar praat. Selfs ons kerels kon nie tussen ons stemme onderskei oor die foon nie, want natuurlik soms interessante gevolge gehad het 😉

    En ek dog dis net vrouens wat te veel klere inpak! 😆

    Ek haat ook hospitale, al is ek nie bang vir ‘n naald of inspuiting nie. Eintlik het ek ‘n fobie oor hospitale. Sal nog eendag vertel van die keer wat ek die dag na ‘n operasie self huis toe gery het. Ek het met my eie kar hospitaal toe gegaan, sodat ek kon waai so gou ek kon.

  2. Ai ou Bileam, die kruis van vloek…
    Wat de swernoot behels vloek? Is dit die uiter van ‘n bepaalde woord of woorde? Ek is nie seker hoeveel woorde daar op hierdie lys is nie, en wie het die lys saam-of opgestel. En het hy of sy die bevoegdheid gehad om so ‘n beperking op die heelal te plaas?
    Vloek, myns insiens, behels baie meer subjektiwiteit as bloot “daardie woord is op die vloeklys en jy mag dit hoegenaamd nie uiter nie”. Ek het byvoorbeeld met die dialek “moenie stront praat nie” grootgeword en beskou dit nie as vloek nie terwyl ander minder verlig (lees verkramp) is en die stuipe wil kry as ek dit sê. As Doom weet jy seker meer van hierdie dinge as ek, dalk is dit ‘n lekker onderwerp vir jou volgende spoegsel op jou blog.
    Proesnis.

  3. Senings en bileam, stem saam. Wat is vloek? Wie het besluit…..want wat vir ons vloek is, is nie vir die hollanders nie. Daar sou al die karoo boere skaap fokkers gewees het…….en son sou vandag heerlik kon skryf oor haar gemoedsbekakking.

    Miskien moet ons ‘n inskrywing begin oor wat is vloek……want die vet weet, daar is min dinge in afr wat somlekker sê soos f…….

    Oops, ek is ook ‘n dominee wat sukkel met die vloek-ding…..maar ook ongelukkig ‘n ds wat baie erger aangejaag het in my lewe as “bileam”. Ek gebruik die genade van die Here op…..dis nou nie omdat ek wil nie :-(, maar flip, as ek weer sien het ek k#k aangejaag…..

  4. Terloops, daars een woord in die afr taal wat ek nie sal omgee as hule van die aardbol sal wegvee nie. Dis dieselfde woord wat gemaak het dat die belangrikste “R” in in pretoria se straatname, die “R” in Proesstr is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s