Laaste enetjie oor die Poison Rally- vreemde irritasies…

Soos die afgelope twee dae gesien kon julle aflei dat ek die Poison Rally baie geniet het. Dit is waar, en hierdie week voel die lewe sommer weer baie beter- dit lyk my tog asof motorfietsry se adrenalien die dopamien in my brein stimuleer, en dan voel ‘n mens sommer weer soos altyd.

Ek het ‘n vreemde irritasie opgetel op die Poison Rally, wat ek self nie so mooi verstaan nie.  Hier op WordPress het julle dit dalk op my BB skrywes oor die naweek reeds opgetel…

Toe ek by Kroonpark inry, het ek dadelik onthou hoe ek verlede jaar in Rustenburg gesukkel het om ‘n plekkie vir my tent te kry. Dis nogal rof as jy alleen opdaag, en die klubs het klaar al die staanplekke gevat. Daarom, toe ek by die hek inry, het ek ‘n groot stuk oop gras gesien op die eiland tussen die pad en die parkeerterrrein. En sommer dadelik daar gestop en tent opgeslaan.

Nadat ek gaan kos en drinkgoed soek het, het ek agtergekom dat daar ‘n stalletjie van die Crossroads Ministries so 70 meter oorkant die parkeerterrein van my af is, met ‘n fris klankstelsel en dataprojektor.  En hierdie ouens het baie mooi gospelmusiek gespeel, soos Onbeskaamd, Wian Vos, Jason Upton ens.  En die pastoor het mildelik van sy klankstelsel gebruik gemaak, en baie gepraat, en dieselfde afkondigings oor en oor en oor en oor en oor herhaal.

Saam met die kerk het die aksiegroepie Stunters for Christ saamgekom. En hulle het vertonings op die parkeerterrein gedoen- waarvan ek die hoofshow gemis het om vir vriende wat Kaap toe trek, by die Ultra Shitty te gaan groet. Dié ouens het ook in die vlak swembad ingetrek, en die agterwiele gespin dat die skare so nat word.

Dis waar ek nou met ‘n paar onbeantwoorde vrae in my jong gemoed sit.

Dit is die Stunters for Christ se motorfietse na hulle in die swembad gespeel het. Ek persoonlik hou nie daarvan dat motorfietse so behandel word nie.  Ek glo die ouens se bedoelings is goed, en dat hulle waarskynlik ‘n deel van die motorfiets skare bereik op maniere wat ek nooit sal kan nie.  Hierdie het net op my senuwees gewerk. Hoekom sou dit wees?

Toegegee, baie bikers doen daardie swembad ding. Hier is nog ‘n voorbeeld van dit in aksie:

Dis seker omdat ek so lank sonder ‘n motorfiets was, en so sukkel om myne behoorlik op die pad te hou, dat ek redelik omgekrap raak as motorfietse deur die alie getrek word.

 

So die vrae in my gemoed:

1. Hoekom het die kerkmense my geïrriteer?

2. Die Stunters for Christ is obviously goeie motorfietsryers. Hoekom het hulle my so geïrriteer?

3. Wat is die sin van burnouts?

4. Hoekom is dit so snaaks as iemand die swembad so opdonder?

5. Watter vreugde is daar om ‘n motorfiets in die nag laat vir ure aanmekaar te staan en ref in die rooi?

 

Die Pastoor en die Stunters- ek sê nie julle moet ophou met wat julle doen nie. Julle doen waarskynlik wonderlike werk. Ek sê net vir my het dit gevang hierdie naweek, waar ek net so bietjie wou wegbreek van my normale kerklike lewe. Ek wou hierdie naweek eerder Rammstein as Onbeskaamd hoor…

Advertisements

6 thoughts on “Laaste enetjie oor die Poison Rally- vreemde irritasies…

  1. Ek haat kasterolie. Verskriklik! As kinders is dit oormatig in ons kele afgedruk, en enige iets met ‘n TE is geneig om jou irritasievlakke te prikkel.
    Onthou net, nie alle kerkmense is Christene nie. En nie almal wat swets is verdoem tot heidenskap nie. Soms irriteer kerkmense se TE optrede ‘n mens maar, en dis OK om soms so te voel. My Oupa het altyd gesê as mense altyd in perfekte harmonie saamleef, is hulle skynheilig.
    Wees maar soms geirriteerd. Dis jou liggaam en siel se manier om te sê “los my nou uit, ek het nou ‘n behoefte aan ander prikkels as julle s’n”
    Oor die “burnouts”, “opdonner” en “rooi ref” is ek nie diplomaties genoeg om myself daaroor uit te laat nie. Ek dink in ieder geval jy het reeds die antwoorde daarop. Jy wou maar net “check” of jou denke nog in lyn met ander rasionele “mortals” s’n is, en dit is!

    • Dankie, dis nou baie sinvolle kommentaar! Ek bedoel hierdie regtig nie as ‘n aanval op die pastoor of die Stunters nie, dis regtig net MY belewenis, op ‘n naweek wat ek juis bietjie wou wegbreek, Jy het dit baie mooi raakgesien in jou laaste sin dat ek eintlik maar net met ‘n reality check besig was…

  2. Sulke gedrag/optredes (by rallies of nie) irriteer altyd die lewende waks uit my uit.

    Ek probeer uiters bedagsaam wees teenoor ander mense en verwag van hulle dieselfde (en word gewoonlik verskriklik teleurgestel).

    Common decency is toe nie so common soos wat ek gedink het/verwag het nie!

    • Dankie MaanKind, jy het verwoord wat ek nie so lekker geweet het hoe om uit te druk nie. Mens idealiseer gewooonlik iets wat jy wil hê vir JOU moet lekker wees en dan is dit ‘n helse teleurstelling as die werklikheid nie heeltemal soos die illusie is nie. Bileam, ek dink jy is ‘n biker, maar jy is nie regtig ‘n rally mens nie 😉

      Nes Krista gesê het – bedagsaamheid teenoor ander mense is op die lys van bedreigde spesies. Ek is steeds verstom as ander mense net GEEN clue het oor “consideration” teenoor medemense nie. Ongelukkig wonder ek dan altyd waar het hulle opvoeding suidwaarts geneuk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s