Geloftedag….

Die plaas se hekke is vrolik versier met vlae.  Aan die linkerkant is die ou Transvaalse vierkleur. Aan die regterkant is die ou Suid- Afrikaanse vlag.  Net binne die hek staan die Laer- ouerige Hiluxbakkies in ‘n groot sirkel getrek, Isuzu is dalk nog ook welkom, maar verseker nie daai Chinese gemors nie…

By die hek is daar ‘n groot teken op: Baie welkom by ons Geloftefees!

BEHALWE:

  • As jy swart is.
  • As jy bruin is.
  • As jy van Asiatiese oorsprong is, Israeli’s uitgesluit…
  • As een van jou voorouers terug tot by 1651 van enige bogenoemde subspesies is…
  • As jy ‘n Engelse van het…
  • As jou voorouers op ons register van hanskakies is uit die Boereoorlog- blerrie Joiners!
  • As jy ‘n ateïs is
  • As jy ‘n agnostikus is
  • Of nog erger- as jy ‘n Apostolie is…
  • As jy ‘n Moslem is, hou verby, hier gaan jy seerkry.
  • As jy ‘n Hindoe is
  • As jy ‘n Boeddis is
  • As jy in die Vlieënde Spagettimonster glo.
  • As jou voorouers in die Kaap agtergebly het, en nie Kaapse rebelle in die boereoorlog was nie…
  • As jou kinders nie in die CVO skool is nie.
  • As jou seun krieket speel
  • as jy homoseksuele neigings het.
  • as jy buite die huwelik stout is/was
  • as jy weier om op ‘n Vrydag in Desember ‘n drie stuk pak aan te trek, en dames sonder sykouse of ‘n hoed ouer as 1961 dra.
  • As jy glo dat die aarde ouers as 6000 jaar oud is
  •  As jy daardie lawwe storie glo dat die aarde rond is.
  • As jy al ooit Nasionaal gestem het.
  • As jy nie Sanlam polisse het nie.
  •  As jy nie aan Solidariteit behoort nie.
  • as jy al ooit ‘n psigiater gesien het en medikasie vir gemoedsversteurings gebruik.
  • As jy iets anders as die suiwer weergawe van die Stem sing…
  • As jy of jou voorouers Vrymesselaars is of was…
  • As jy al ooit jou voete in ‘n Rooms katolieke katedraal gesit het…

Bomplanters en Busskieters is besonder welkom!

Die preek gaan gelei word deur DOMINEE XXX, en die tema gaan wees die Hand van die Here wat die heidene slaan.

Daarna gaan PROF YYY die fees toespreek vir 90 minute met die onderwerp: “Hoe ons kinders by Weenen en Bloukrantz vermoor is, en die hemelse wraak by Bloedrivier…”

Ek persoonlik is seker verantwoordelik vir die toestand van onse pragtige land. Ek het gister gekies om te gaan fietsry, kerkpakke het vir my so bietjie warm en onvanpas gelyk vir Versoeningsdag…  Die kyke wat ek gekry het van dié met die pakke en die hoede was nogal “blistering”…

Ekskuus mense, ek is nie so sterk op Geloftedag nie. Ek glo nogal meer aan Versoeningsdag- dis vir my baie meer Bybels.  Wat ek in die Bybel lees, praat van vergewe en vergeet.  Die probleem met Afrika is dat ons so besig is om agtertoe te kyk na al die gemors van die geskiedenis, en wie het wat aan wie gedoen,  dat ons heeltemal vergeet om vandag te leef, en met die oog op die toekoms te begin beplan aan ‘n beter toekoms, saam in hierdie pragtige land…

9 thoughts on “Geloftedag….

  1. Ek het my lewe lank ‘n probleem met mense wat bid om ‘n oorlog te wen, of ‘n wedstryd te wen. Dit klink net nie vir my reg nie. Wat as die “ander kant” ook gebid het? Na wie gaan God luister? Wie se saak weeg die swaarste? Ek het my land lief, as ek moet sterf (in misdaad) omdat ek nie die land wil verlaat nie, so be it. Maar oorlog is ‘n ander storie. Ek gaan myself verdedig as dit moet, maar ek gaan vir GEEN magsbehepte leier oorlog toe nie. Ook nie my os of my esel, dienskneg of diensmaagd of kind of kraai nie.

  2. Sjoe! Dis die 3e geloftedagblog wat ek lees.
    Nadat ek die eerste een gelees het, het ek so skuldig gevoel, net daar belowe dat ek volgende jaar die fees gaan bywoon , iets wat ek in my hele lewe nog net 1 keer gedoen het.
    Daarna het ek heeldag daaroor gedink en gisteraand lees ek toe Xena se weergawe en ook joune. Die Voortrekkers het belowe om die dag “soos ‘n Sondag” deur te bring, nie ‘n politieke fees nie! God het daardie dag Sy kinders gehelp, ongeag wie of wat hulle was, want hulle het om hulp gesmeek. Dis hoe ek dit verstaan. So, dalk moet ons as Sy kinders maar net onsself weer tot geloof in Hom verbind?

    • Die inwoners van Oberammergau het ‘n soortgelyke gelofte gemaak, en vir die laaste 375 jaar hou hulle elke 10 jaar ‘n Passiespele. Hulle hou by hul gelofte.

      Stem 100 % saam met jou, Toorts. Dis nie ‘n politieke fees nie, al sal sommige mense dit hi-jack en dit een maak. Almal wat Geloftedag vier, is nie die stereotipes hierbo uitgebeeld nie.

  3. Geloftedag sal altyd Geloftedag bly vir die mense wat dit na aan die hart lê om hulle geskiedenis te behou en beloftes wat gemaak is, na te kom. Hoe het ek dit dan met die dominee vandag? ‘n Gelofte is ‘n gelofte!

    Die mense wat nie afstammelinge is van die wat die gelofte gemaak het nie, hoort nie by ‘n geloftefees nie. Hulle hoort by die ander ‘opgemaakte’ fees.

    mmmmm Amper soos die geboortedag herdenking van Die Seun van God wat sommer saamgeflans is met ‘n ander Heidense dag ‘om almal tevrede te hou.’ En Sabbatdag wat na Sondag geskuif is om ‘almal tevrede te stel.’

    Mens kan nie ‘n vaste toekoms bou as jy die hoekstene van jou verlede weggooi nie.

    Het ek Geloftedag gevier deur na een van die samekomste te gaan? Nee! Maar ek het vir die Here dankie gesê dat hy daardie dag die Voortrekkers gehelp het. Ek het vir hom dankie gesê vir ons mooi land en ons mense wat met ons verskille en uniekheid die land vervolmaak. Ek het Hom gevra om ons land te seën en te beskerm en dat Hy vir ons mense ‘n gees van ontvanklikheid sal gee.

    Ons moet ‘almal’ se gebruike respekteer. Ek sal nie ‘n versoeningsding bywoon nie, want dis nie waaroor Geloftedag vir my gaan nie. Ek sal Geloftedag altyd onthou vir dit wat dit was en vandag steeds behoort te wees.

  4. Bileam, ek gaan jou gelyk gee dat die Afrikaners baie graag ‘n geisoleerde subspesie op hulle eie wil wees. Maar . . . . net omdat dit gehijack word deur party mense wat in die verlede leef en nie wil uitreik nie, beteken dit nie die dag is verkeerd nie. Hulle kom daarmee weg omdat die wat van hulle verskil opgegee het op die dag. ‘n Geval van “Evil happens when good men does nothing”.

  5. Isuzu is Japanees van oorsprong. Jap Crap soos ‘n stoere Hilux ryer (met back support onder sy t-shirt weggesteek) sal verkondig.

    Die fout wat blankes al die jare gemaak het, was om inklusief te dink in die opsig van die Gelofte. Inklusief soos in: jys wit, jy praat Afrikaans. Daarom MOET jy die Gelofte eer.

    Khak. Want net so kan my bure onder in die straat ‘n krisis beleef, en ‘n gelofte aan God maak waarvan ek geen kennis dra nie, en dan word dit wyd bekend en ‘n tradisie in daardie familie, maar dit het mos absoluut NIKS met my en my nageslag te doen nie!

    Daarom is dit cool met my as my Afrikaanse wit buurman eerder sy vrou wil voeter op 16 Desember. Hy mag maar, behalwe as ek hom vang!

    Die Gelofte is vir die afstammelinge en nageslag van daardie groep mense wat daardie dag in lewensgevaar verkeer het, en gegryp het na al wat hulle geken het (lees jy Sonkind, sou jy nie ook nie?). As daar 30 000 afstammelinge is, of 3 000 of ‘n skamele 333, dan sal hulle dit in hulle hart voel om daardie dag te eerbiedig en hulle voormense se belofte na te kom. Die oordraagbaarheid van DNA. De Ja Vu – don’t get me started.

    Enigiemand anders wat homself kry om sy hoof te buig in dankbaarheid, en wat ook die dag huldig, is welkom. Jy’s nie uniek nie. Maar dis NIE vir almal bedoel nie.

    Groetnis

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s