Meneer Boepens en Juffrou Coopers Droop by die vakansie-oord

Ek het hierdie Desember gewerk, maar van Donderdag af ‘n redelike lae profiel gehandhaaf. Die rede was nie Kersfees nie, ek kon dit net nie verder as 20 treë van die naaste poepketel af waag nie. Kersdag het ek gaan preek met drie Immodiums in en ‘n totaal leë maag. Diaree op die kansel bly my ergste vrees, amper so erg soos verbale diaree op ‘n kansel….

Na 5 dae van baie gereelde Ringsittings op Witbank het ek maar die dokter gespreek, en die medisyne help al klaar.

In ons dorp is ‘n baie lekker vakansie-oord met warm en koue swembaddens, en ‘n stewige vakansieprogram. En so het ek en Pastoriemoeder hierheen gevlug vir ‘n Brekfis, ek wou net kyk of daar nog buite die toiletdeur oor is…

Ons het nou op die stoep vasgehaak. Want vandag is dit mej Vakansie-oord en mnr Spiere se kompetisie. Op die oomblik gaan dit oor die mooiste oumas. En maggies, ‘n paar sexy oumas bevind hulle tans in die Bosveld!

Die afkondiger is ‘n Polisiekapelaan wat jare gelede saam met my basies in die Weermag in Heidelberg gedoen het. Hy probeer sy bes om nog inskrywings te kry vir mnr Bierpens, maar die manne is skaam. Nee, ek gaan nie in my tuisdorp inskryf vir (daardie) kategorie nie, eerder mnr Spiere!

Netnou gaan die jonge dames hier tussen die twee swembaddens te paradeer. Daar is pragtige bikini’s en die hare is gekrul of reguit gemaak. Netnou gaan die koue swembad vol wees soos die manne probeer afkoel. Die skare gaan besluit wie is die mooiste, met handeklap gaan daar beslis word. Mense se waarde gaan bepaal word deur hoe hulle lyk, soos beeste op die vendusie…

Uiteindelik, nadat ek al hierdie dinge so sit en kyk, dink ek ook skoonheid is ‘n gejaag na wind. Die vrou wat my gelukkig maak sal nooit inskryf vir so ‘n kompetisie nie. En haar waarde is veel, veel meer werd as die skare se applous!

Ons het ‘n  maandkaartjie by die oord, en so gedurende Desember  het ek diep langs die waters gesit en dink: – uiteindelik wil elkeen van ons graag mooi wees in iemand se oë… Ons wil ook net gelukkig wees in ons eie lyf, al leopard crawl ons swembad toe dat nie te veel mense se retinas onherstelbaar beskadig word deur die gesig van ons in ‘n swembroek nie…

Die geheim is seker net om jouself te aanvaar soos wat jy lyk, goed gebou maar sleg gepleister. En om met selfvertroue in die swembad te gaan spring, want vir dié wat saakmaak is jy pragtig!

9 thoughts on “Meneer Boepens en Juffrou Coopers Droop by die vakansie-oord

  1. Janee, kyk, ek kan nie onthou wanneer laas ek voor bekendes in ‘n cossie geloop het nie. Ek sal veel makliker voor vreemdes loop, maar nie voor mense saam met wie ek die aand nog aan tafel moet sit nie. Dis uit bedagsaamheid.

    • Nee, Murphy. Ek kom nou net van die strand af, en ek gooi my kikoi eenkant toe en stap die branders in, asof ek geen haelskade, deegbolle of krake het nie. Die wat my wil oordeel op hoe ek lyk, moet maar, want ek ken hulle gelukkig nie.

  2. Coopers Droop- die Urban Dictionary definieer dit as volg:

    The Cooper’s ligaments stretch causing the breasts to sag. This is sometimes referred to as Cooper’s droop. Myth has it that if a woman could hold a pencil under her breast, she has Cooper’s droop.

  3. Ek wens ons kan wegkom van die idee dat sommige liggame so lelik is dat hulle weggesteek moet word.
    Ek besef julle skerts nou net, maar sommige mense (vroue veral) kruip hulle lewens lank weg agv hierdie siening dat net die wat soos Angelina en Brad lyk, naby ‘n strand of swembad mag kom.

  4. Ons kan nie almal soos Mej of Mnr wereld lyk nie, maar solank mens gesond is en relatief goed na jouself kyk en gemaklik met jouself voel, wat maak dit saak? Beauty lies in the eyes of the beholder. En elke pot, hoe skeef ook al, het iewers ‘n deksel. Geniet eerder die leweam ‘n Gelukkige mens is ‘n mooi mens, ongeag of die skaal dalk 10 kilo’s te veel wys😉

  5. Soms is ek maar baie dankbaar dat die Here my net “gewoon” gemaak het en nie “uitsonderlik mooi” nie. dit het gemaak dat daar nooit ‘n begeerte was om deel te neem aan so ‘n “skou” nie!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s