Matriekuitslae se dinge

En so gaan die gang van die geskiedenis, en sleur ‘n mens deur al die stroomversnellings van jou lewe heen. Ek onthou hierdie tyd van my lewe so goed- daardie gewag op die matriekuitslae. In my geval was dit baie spannend, met rede was ek bekommerd of ek die matriekvrystelling vir universiteitstoelating gaan kry. Ek en leer was nie groot vriende nie, ek en my motorfiets en die oop pad was…
Die groot dag het uiteindelik aangebreek, die spanningskol op die maag was baie erg. Toe ek dit in die hande neem, uiteindelik die groot verligting- 4 C simbole, en 2 E’s vir Wetenskap en Rekeningkunde… Dit was amper!

Vanoggend sesuur is Matriekmerrie se punte vrygestel. Sy leer net so min soos haar pa. Maar het darem haar ma se verstand gekry! Na al die jare se deurskuur tot in graad 10 het sy bietjie vasgetrap, en vier onderskeidings huis toe gebring, vyfde met 1 persent gemis en slegste vak 68 persent, sy kon die vraestell nie klaar kry nie.

Verskoon my maar vandag, ek gaan nou eers op die wolke rondloop, en dan verder met Nedbank oor ‘n studielening gesels…

Lekker dag daar by jou!

9 thoughts on “Matriekuitslae se dinge

  1. Baie geluk! Sjoe, dis so lekker as die kinders sulke spoggerige punte huistoe bring. My engelskind het drie onderskeidings in sy tweede jaar se finale eksamen gekry en my ou moederhart geniet die “bragging rights” vreeslik. Sterkte met die leningsdinge. My engelskind het al ‘n werkskontrak vir 2014, maar leer soos hy wil, kry nie ‘n studiebeurs losgeleer nie.

  2. Pingback: Matriekuislae… | Toortsie en Kameel

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s