Vandag se Gumtree advertensie wat ek nog moet stuur…

Nee, hierdie is nou nie bedoel om jou dag te spam nie, ontspan!

Vir die meer ernstige lesers se oorweging net die volgende:

1997 Toyota Corolla 130 te koop, net 135000 km op, volledige diensrekord, R55 000. Die voertuig is soos nuut, is net bestuur deur drie geslagte van dieselfde familie se dames. Daar is wel enkele krappies op, maar wat verwag jy van ‘n 15 jaar oue voertuig? Ek glo ‘n lagie politoer ywerig opgevryf behoort die krapmerkies te kan hanteer…

Ons wys graag daarop dat hierdie die A100 vorm is. Sekere aerodinamiese vermoëns onderskei dit van vorige modelle, bv die gesofistikeerde lugversorgingseenheid, soos opgemerk in die vorm van die linker voordeur se ontwerp.  Dit voorsien vars lug vir die bestuurder as deel van die Arrive Alive veldtog soos deur die Minister van Padveiligheid geïnisieer.

Op minder ernstige noot, ek het darem die wrak na groot gesukkel uitgekoop gekry vir 30% van versekerde waarde. En na groot gesukkel het ons die nodige deure en deurpilaar gekry in goeie toestand by Wannenburgs in Pretoria… ek weet nou hoe lyk die hele Pretoria Wes ook.  Die koste van twee deure, deurpilaar, en die voorste “fender” sover is R4500, BAIE minder as die eerste paneelklopper se kwotasie vir tweedehandse parte! Nog so R1000 vir verf, skuurpapier en derglike, en dan het ek al die materiaal nodig om die voertuig te herstel.

 

So- die voertuig is nou veilig by ons huis, vir verdere beplanning…

11 thoughts on “Vandag se Gumtree advertensie wat ek nog moet stuur…

  1. Klein dorpie kiddies wie se bestuurslisensies se ink nog nie droog is nie, wat skielik in die bose stad moet leer bestuur, met daardie aggressiewe manier waarop mense robotte hanteer.
    Ja, dis haar kar, na ‘n ligte onderonsie met ‘n Jetta by ‘n kruising agter Menlyn.

  2. Ek kan nogal sien hoekom die A100 vorm met sy abstrakte lyne nooit regtig as kommersiële model tot sy volle reg gekom het nie. Dit is nogal ‘n “acquired taste”

    Sterkte met die reparasies, veral om daardie deurpillaar en “sill” weer reggebuig te kry.

    • 🙂 Dankie Plasie- ek voorsien die parte, en ons gaan soveel as moontlik van die stripwerk self doen, dan moet die professionele manne maar met die regte masjiene daai regtrek aksie vir my doen, en die deurpilaar insweis of wat hulle ook al doen… nogal net interessant hoe geweldig goedkoper kry ek self parte in die hande as wat die professionele manne dit doen…

      • Gelukkig is dit deesdae soveel makliker as in die ou dae om ‘n kwotasie te kry vir herstelwerk na ‘n ongeluk omdat alles deur ‘n sentrale stelsel werk. Ongelukkg beteken die sentrale stelsel dat pryse onderhandel word tussen die versekeraars en die paneelkloppers en dit beteken dat die verbruiker op die ou end tog daarvoor betaal. ‘n Lelike catch 22 situasie

  3. Ag nee wat, sy lyk glad nie te erg nie – ek het al baie erger gesien wat baie mooi reggemaak is. Dit gaan nou wel bietjie werk kos, maar een van die dae is sy weer perdfris en gesond 🙂

  4. Terug pieng: Ekonomies onherstelbaar se Gamma Alpha Tango!!! « Bileam se Donkie

Lewer kommentaar op Xena Phoenix Kanselleer antwoord