Wat op aarde het toe geword van… die Rooibok?

Ek hou mos baie van historiese verhale…  Dis so lekker as hulle aan die einde van die fliek vertel wat het toe van elkeen van die karakters geword.  So is daar dalk soortgelyke begeertes om te weet- van die rooibokkudde by Bloubul Safari’s. en dalk van enkele lesers: wat het toe van 2 weke terug se Rooibok geword?

Wel, my oudste seun het toe die rooibok vermoor, soos berig.  Ons het 49 stukkies biltong gemaak gekry. Hulle is op tragiese wyse reeds verslind.  Die rooibok het vanuit die bokkehemel laat weet hy is nie meer kwaad vir ons nie, aangesien ons sy nagedagtenis op so gepaste wyse geëer het.

Maar vanaand is die aand om daardie nagedagtenis nog verder te eer.  Die jagter is op die plaas saam met sy pelle. Nou het sy pappie maar die 8e gebod oortree. Ek het een van sy pakkies vleis uit die vrieskas gesteel.

In Carmen Niehaus se boek oor Potjiekos het ek ‘n resep raakgeloop vir wildsvleis wat ‘n mens nou maar moet gaan probeer.

‘n Wild en droëvrugte potjie (ene André s’n).

Die wild word in blokkies gesny, en eers in olie in die ysterpot bruingebraai.

Dan word dit uitgehaal, en uie in fyn stukkies gesny, saam met 4 knoffelhuisies gebraai.

Daar kom ‘n eetlepel mostertpoeier, teelepel heel naeltjies (geskip!), teelepel braaispeserye, sout en swart peper by.

Die wildsblokkies kom by, saam met 500 ml Coke, ‘n blikkie bier (ek het sommer verstaan ‘n Windhoek Draught…) 5 eetlepels Worcestersous. Dit word vir 90 minute stadig geprut in die pot (myne prut nou al 3 ure stadig om die wild sag te maak…)

Daarna kom 250 gram gemengde droë groente en 1 blikkie pynappelstukkies by, en ‘n teelepel pietersielie.

Net voor opdiening kom 70 gram plein jogurt by. Dit word bedien op ‘n bed van rys…

Nou voeg jy vriende en marinade vir die vriende soos ‘n goeie rooiwyn by… dis wat ons vanaand gaan doen…

Hier is die pot tot dusver:

So baie dankie Rooibok vir jou onbaatsugtige bydrae, baie dankie seun vir die mooi skoot, baie dankie André vir die resep, en baie dankie goeie vriende wat vanaand saam met ons gaan aansit…

5 thoughts on “Wat op aarde het toe geword van… die Rooibok?

  1. Kort net dumplings (degie) bo-op waar die sous lekker kan intrek dan kan jy maar die die rys (in my omgewing eet net prisoniere rys en ook net Dinsdae) uitlos. Lyk nietemin heerlik!

    • Ai ou Jan, ‘n potjie loop darem mooi met Basmati rys! Ek is self nou nie so groot fên van dumplings nie… Maar daardie resep maak mooi met wild- ons het die wild oornag in Mageu geweek, en dit afgegooi voor ons dit gepot het- dit vat die wilde smaak weg, dat dit met net klein bietjie verbeelding soos skaap proe…

  2. Hallo Bileam, ek lees gereeld wat jy skryf en dit voel asof ek jou al ken. Jy het die talent om situasies baie goed te beskryf en ek vind aanklank by die opregtheid en menslikheid van jou inskrywings. Hou so aan – ek dink baie mense lees skelm hier, al lewer ons nie altyd kommentaar nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s