Na ‘n lang week is Vrydagaand in ‘n pastorie ‘n baie lekker aand… as daar nou nie woeste gemeente-aksies is nie.
Op die oomblik, hier langs my, staan my geliefde Weber. En in sy magie is 5 stroke vark “spare-ribs”. ‘n Geskenk, glo van dieselfde plek waar die Spur hulle s’n kry…
Saam met die Spareribs is daar Pap en Sous, en slaai. Die wyn is ‘n nederige Santa Clair Rosé.
Die geselskap is my hele gesinnetjie, saam met onse teologiese student…
En more oggend vroeg is dit TUT toe vir rugby… besige naweek lê voor.
Geniet julle naweek!
… en dit was toe hemels…
Hoop dit was so lekker as wat dit gelyk het . . .