Titanic 14 April 1912

Op 10 April 1912 het die Titanic uit Southampton vertrek op haar nooiensvaart na New York toe. Dit was die mees luukse skip wat die wêreld nog gesien het, die nuutste tegnologie wat die mensdom nog ontwerp het om op die see te vaar.  Die trots van die White Star line…  2224 mense het vertrek op die avontuur van ‘n leeftyd. Die White Star redery het ook gehoop  om ‘n rekordpoging aan te wend om New York vir die heel eerste keer binne 5 dae te bereik en die gesogte, Blue Riband prys te wen. In 1912 was die beroemde Lusitania (getorpedo deur Duitsland in 1e Wêreldoorlog) se susterskip, die Mauritania, die houer van die prys.

Titanic het vertrek met 2224 dromers aan boord na New York…

http://www.theblueriband.com/titanic1big.html

Sy het nooit daar uitgekom nie…

http://www.ibiblio.org/jimmy/folkden-wp/?p=7408

So…

http://www.titanicuniverse.com/

Niks mensgemaaks hou vir altyd nie, en niks op die see is onsinkbaar nie..

As ‘n mens droom oor die reis van ‘n leeftyd,  kan die reis dalk net anders verloop as wat jy beplan het.

En tog, as jy die onbekende vrees, sal jy nooit by jou voordeur uitstap nie!

Moet ‘n mens ophou droom, of moet jy so lewe dat as die einde onverwags opdaag, jy oor niks langs die pad spyt was nie?

Is die risiko op see nie baie meer opwindend as die veiligheid van jou eie bed nie?

Sou jy op die Titanic geklim het as jy geweet het… ?

Ns- Ja, ek weet hy het op 15 April 1912 eers gesink. Die ysberg is op die 14e al getref…


Advertisements

4 thoughts on “Titanic 14 April 1912

  1. Ek het ‘n ewige bewondering vir die natuur, dis ontembaar. My begeerte is om op ‘n bootreis te gaan, my vrees is dat die boot sink en ek moet doggiepaddle, want hemel, dis ver af in die donker water en mens kan nie sien nie.

    My hande sweet maar ook wanneer ek hoogtes moet doen. Ek is maar ‘n voet-op-die-aarde tipe van mens.

  2. Ek wonder juis gister oor hierdie ding…op watter stadium van ons grootword leer ons om die onbekende te vrees. Want dit is nie ingebore nie…ek kyk na my 10 maande oue rabbedoe, en daar is absoluut geen vrees vir enigiets te bespeur nie. Dit is eintlik hartseer dat ons iewers hierdie vrees vir die onbekende ontwikkel. Baie mens gaan net nooit werklik LEEF nie. Baie mense gaan nooit hulle potensiaal ontdek nie. Dis sad.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s