Writers block is ‘n lelike ding…

Ek  beleef maar ‘n stil week in my jong onskuldige gemoed wat my blog aanbetref. Niks kom net op om oor te skryf nie, en nou gebruik ek alweer te veel woorde om niks te sê nie!

Daarom- net so kort verslaggie van die vorige blog af tot nou toe…

Vandat ek my kar verlede Vrydag gewas het, en breinbeserings opgedoen het deur diep te probeer dink, het die volgende dinge in my lewe gebeur:

  • Ek en Vroulief het ‘n UITSTEKENDE aand gehad verlede Vrydagaand saam met ‘n besondere litnetblogger en haar man.  Hulle het by die groot vakansie-oord buite ons dorp kom naweek hou, en ons vir ‘n braai genooi. Dit was vir my so ‘n lekker aand- uitstekende geselskap, uitstekende kos, uitstekende wyn… ‘n aand om te onthou…
  •  Ek moes my dogter terugneem Gomorrah toe,  daar waar sy by die ander ontvanger van my inkomste besig is om slimmer te word as haar pa…
  •  Ek het ‘n preek uitgewerk wat vir myself baie beteken het- om Sondagaand met die gemeente te deel.
  • Dogter se stukkende Corolla is weer heel- ek moes wielbalansering doen en toe die voertuig weer laat deurgaan by die Glasfit op die dorp om dit terug op versekering te kry.
  •  Ek is gisteraand baie aangenaam verras deur my vriend wat Kaap toe getrek het, met ‘n blitsbesoek deur ons dorp- werkverwant vir hom. Ons het in die Spur gekuier rondom oom Charles se bestes in die lang glase, tot die hele plek rondom ons klaar opgeruim was…  Ek besef net weer hoe geseënd ek is met die kaliber vriende wat ek het…
  • Ek was op ‘n hospitaalbesoek in die buurdorp aan ‘n gemeentedame wat 91 jaar oud is. Sy was baie geseënd met goeie gesondheid- tot nou toe. Dit lyk of die einde van die reis vinnig nader kom. Maar sy is dankbaar en tevrede- sulke mense inspireer my!
  • My Bybelstudie uit Johannes 3:1-15 het vanoggend baie lekker verloop saam met so 40 van my gemeentelede, wat my baie inspireer- baie van my preke word hier gebore…
  •  Ek was vanmiddag saam met my liewe vrou by ‘n ander gemeentedame se verjaardagparty. Hulle woon in een van 8 meenthuiskomplekse wat bemark is as aftree-oorde- voltitel, maar met ‘n klousule dat niemand onder 55 daar mag woon nie. En nou is daar glo ‘n jong paartjie met ‘n baba in Fase 1. Die gemeentedame se vriende is in van die meer konserwatiewe susterskerke in ons dorp- en dit was asemrowend hoe baie dinge daar is om oor te kla op daardie ouderdom- veral jong ouers met babas in HULLE kompleks… Ek is skoon bang om eendag ouer as 60 te word! (Maar gelukkig ken ek ‘n paar 90’er jariges wat voluit lewe en nie tyd het om te kla oor almal rondom hulle nie…)
  • My seun het die Scooter se “kickstarter” alweer afgeskop… nou moet pappie alweer sorg dat dit reg kom…
  •  Dieselfde seun is darem nou deur die 2e rondte van keuring vir die Limpopo onder 16 rugbyspan, en kom vir die eerste keer in sy lewe agter hoe regstelende (sic!) aksie werk…
  • ‘n Gemeentedame het op facebook gesien ek hou van James Patterson boeke en het vir my ‘n hele sak vol geleen om die langnaweek te lees… – ek het vanoggend “Bloody Valentine” se 122 bladsye gou in ‘n uur deurgedraf…

Soos julle kan sien- vriende het my lewe opgehelder, my kinders het my lewe beide opgehel en opgehelder, business as usual, en daarom nie veel aan die gang op die oomblik nie…

More ry ek en Vroulief na skoonma toe met ons twee Corollas, die een bly agter by dogtertjie, hoop nie sy buig hom weer om ‘n Jetta agter Menlyn nie…

Geniet julle langnaweek en gaan groot!

14 thoughts on “Writers block is ‘n lelike ding…

      • Julle klink almal so gelukkig, (ja ja ek weet elke huis het sy kruis), maar dit klink of die braaiery, skoon is. Nie die tipe braai waarvan ek hier in Gauteng wegbly nie. Ek gaan gelukkig vir amper maande in die Kaap (Century City) wees vir werk. Dalk sal ek dan meer tyd he om bietjie blogs aanmekaar te slaan.

  1. Hier by onse dorp is ‘n Miss Mary, kort onder die 100. Ek dink sy kan my nog ‘n ding of twee wys. Maar ek kry haar soms as sy op “oumensbesoek” by die ouetehuis is!!😆 Dis ons almal se plig om die oues van dae te besoek – sy neem dit ERNSTIG op!

    • Ek is mal oor sulke mense- ouderdom is nie ‘n syfertjie nie, maar ‘n mindset… As ek 100 is, hoop ek daar is parkering vir my Harley naby die toilet… (nee, ek gaan eers anderkant 80 oud genoeg wees vir ‘n Harley🙂 )

  2. Vir iemand wat nie weet wat om te skryf nie ad lib jy baie goed, as jy niks gesê het nie sou ek verseker nie eers agtergekom het nie. Gee jy klasse?

    Die enigste ding wat vir my erger is as om nie te weet waaroor om te skryf nie, is om te skryf en nie tevrede te wees daarmee nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s