Long Way Home…

Gister se blog vervolg….

Met apologie aan Ewan en Charlie, wat darem met BMW’s die lang pad kom vat huis toe…

Die klank van daardie BMW Boxer enjin as jy sy starter knoppie druk, draai in my gedagtes. Die twyfel is steeds daar- het ek die regte ding gedoen? Omdraai is daar nie, nog voor ek uit die winkel uit was was Grootbaas al op die foon met die volgende potensiele koper.

Ek is bly die Camino het my voorberei vir lesse soos gister s’n. Die mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy hom loop, so het Salomo ons mos geleer.

Vanoggend ry ek nie vrolik met my nuwe motorfiets huis toe nie. Ek wag tot die Quantum bussie 11 uur vertrek. Ek is ‘n passasier in ‘n blygemaakte taxi, wat my langs Menlyn gaan afgooi. Een van my geliefdes gaan my daar oplaai. En Geliefde kom my dan haal en huis toe vat….

Niks van hierdie trip het uitgewerk soos ek dit beplan het nie. Maar dis OK. Want ek het niks elangriks in die proses verloor nie. En mense is altyd soveel meer kosbaar as goeters. Insluitende pragtge rooi BMW motorfietse! Ek is so dankbaar vir die netwerk van mense wat my dra, sonder hulle sou dit ‘n drie weke stappie terug huis toe gewees het!

Nou ja, laat die dag begin…