Long Way Home…

Gister se blog vervolg….

Met apologie aan Ewan en Charlie, wat darem met BMW’s die lang pad kom vat huis toe…

Die klank van daardie BMW Boxer enjin as jy sy starter knoppie druk, draai in my gedagtes. Die twyfel is steeds daar- het ek die regte ding gedoen? Omdraai is daar nie, nog voor ek uit die winkel uit was was Grootbaas al op die foon met die volgende potensiele koper.

Ek is bly die Camino het my voorberei vir lesse soos gister s’n. Die mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy hom loop, so het Salomo ons mos geleer.

Vanoggend ry ek nie vrolik met my nuwe motorfiets huis toe nie. Ek wag tot die Quantum bussie 11 uur vertrek. Ek is ‘n passasier in ‘n blygemaakte taxi, wat my langs Menlyn gaan afgooi. Een van my geliefdes gaan my daar oplaai. En Geliefde kom my dan haal en huis toe vat….

Niks van hierdie trip het uitgewerk soos ek dit beplan het nie. Maar dis OK. Want ek het niks elangriks in die proses verloor nie. En mense is altyd soveel meer kosbaar as goeters. Insluitende pragtge rooi BMW motorfietse! Ek is so dankbaar vir die netwerk van mense wat my dra, sonder hulle sou dit ‘n drie weke stappie terug huis toe gewees het!

Nou ja, laat die dag begin…

10 thoughts on “Long Way Home…

  1. Jy is heeltemal reg. My leuse is ook: Mense is belangriker as goeters. Daar sal wel weer so ‘n geleentheid kom.

    My skoonseun het lank gelede sy hond-oue bakkie verkoop. Dis ‘n pa wat die bakkie vir sy seun koop. Hy ontmoet die koper halfpad tussen Nelspruit en Pretoria en hulle teken al die pampoeries. Die bakkie makeer niks nie, want dis goed opgepas. Skoonseun haal die bus terug huis toe en die mannetjie laat waai met die bakkie. Skaars oor die eerste bult slaat die ding bearings (of so iets wat net so erg is.) Die man was woedend en skoonseun het sleg gevoel, maar die bakkie is voetstoots verkoop.

    Nou het jy darem ‘n lekker trip op ‘n mooi herfsdag deur ons mooi land gehad, in plaas daarvan om dalk met ‘n stukkende motorfiets te sukkel.

    • Ek kan nog nie die beste bekostig nie, vriende het my al probeer verlei met ‘n baie meer nuwe BMW R 12oo RT, maar die prys op hierdie pragtige 2e hande fiets is R 120 000! Om van nuwes nie eers te praat nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s