‘n Droom van ‘n aand by Bella Sophia!!

Ek en Vroulief is groot Masterchef fêns. Al moet ek Dinsdagaande uitgaan op die ander huisbesoek, (nie Huisbesoek- my motorfiets nie…)  is dit nie iets om te mis nie- dankie Sony vir die pragtige DVD recorder!  Ons mis nie ‘n episode nie…

Vandat Masterchef SA begin het, was ons ook groot Berdina fêns… Ons was sommer BAIE omgekrap toe sy so vroeg huis toe is- ‘n mens kon mos sien die dame verstaan ‘n kombuis die heel beste van hulle almal! (Onses insiens…)

Ons het op Kwela gesien sy het nou haar eie restaurant oopgemaak.  Dit inspireer my- as iemand ‘n droom vat, en dit gaan waar maak. Tydens die Kreatiewe verouderingskursus twee weke gelede het ek een van Riviera gemeente se dominees gevra: Waar is Berdina se restaurant… Dit blyk toe dis die naaste ordentlike koffieplek aan sy huis, en hy verduidelik mooi vir ons…

So word dit Pinkstertyd, en alles raak baie hectic in die gemeente. Ek sien al ‘n rukkie gelede: hier kom ‘n moeilike tyd. As ‘n mens dit weet, dan moet jy beplan.  So beplan ek toe vir my en Vroulief ‘n heerlike aandjie uit. Weg van gemeente, kinders, katte, spietkops en ander derglike kwellings in die lewe. Eers bespreek ek vir ons ‘n plekkie in een van ons gunsteling gastehuise- Marija Manor daar in Montana. ‘n Mens wil mos nie laataand op ‘n Vrydag die aand terug Noorde toe vat nie.

Berdina se eetplek is die Bella Sophia Culinary Café in Riviera.Op hulle facebook bladsy het hulle geadverteer dat gisteraand ‘n Jazz- kitaar aand saam met Keira Witherkey sal wees. Ek weet niks van jazz kitaar musiek nie, maar ek het net geweet: hierdie is die plek om Vroulief na toe te vat- dit gaan soveel beter as ‘n aandjie in die SPur wees.

Ons het met aankoms elkeen ‘n Cosmopolitan cocktail geniet. Ja, Louis Gossett Jnr, ek weet “real men dont drink pink drinks…” maar manne wat “in touch with their feminine side” is, se kanse is soveel beter…🙂 Jong, ‘n Cosmopolitan is potent! Pienk, maar hy slaan hard!

Ons vriendelike kelnerin het vir ons die spesiale aanbiedinge van die aand mooi verduidelik. Die aanbevole dis was gekrummelde hoender, met “black-eyed peas”- sou dit nou kekerertjies wees? Daarmee saam kom ‘n mieliebroodjie en baie lekker spinasie. Vroulief het dadelik daarvoor ja gesê, maar hulle het my by die ertjie-woord verloor (sorry Berdina, dis nie jy nie, ek is maar so van kleins af…)

Maar ekke: ek het die Asian Sticky Spiced beef, spring onions, chili pickle, bamboo shoots & sesame seeds tagliatelle pasta probeer.  Ek wil net sê: dit was een van die heel lekkerste pasta-ervarings in my ganse lewe! Kyk gerus deur die hele menu- dis baie lekker kos!   Daardie pasta was baie geurig, met so lekker nasmaak wat dit in die mond los! Soos ek en vroulief maar maak, het ons ook bietjie aan mekaar se kossies geproe- en daardie gekrummelde hoender was so sappig en mooi gaargemaak, dat ek die geheim self sou wou weet: hoe doen julle dit? Ek wens my hoender kon so lekker proe!

Ons het vir nagereg ‘n Mississippi Mudpie gedeel. Dis nou ‘n stukkie lekker- so ‘n harde sjokeladekoek buitekant, met so loperige sjokelade binnekant en room- hemels!

Ons het ons ete afgesluit met cappuchino. Baie netjies gemaak, met verskillende patroontjies op.

Ons was aangenaam verras met die somtotaal van die rekening, die vriendelike diens, en ons het baie van die musiek gehou.

Ons het toe nie vir Berdina ontmoet nie, ons het gesien sy lyk baie besig en wou nie pla nie. Sal eendag as ons weer in die bose stad is, gaan koffie drink en hallo sê. So nee, ons is niks betaal om te adverteer nie!

Maar vir ons twee vlugtelinge uit die Pastorie was dit ‘n baie lekker aandjie uit. Ons het goeie waarde vir geld gekry, en beveel dit graag vir al ons vriende aan.

6 thoughts on “‘n Droom van ‘n aand by Bella Sophia!!

  1. Nee man!! Gil ek nou terwyl ek aan my oorskiet-kosstalletjie-sosaties kou wat ek vanoggend buite Checkers gekoop het.

    Dit klink of dit lekker was.

    • So ‘n ervaring is vir my soveel lekkerder as om in ‘n franchise soos spur te gaan eet- baie meer persoonlik, en die kos is met soveel meer sorg voorberei as die produksielyne van die groot landswye restaurante- ek beveel hierdie een ernstig aan

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s