Maandag oggend Breakfast Run saam met my seun…

Hierdie Maandag kon net so blou soos sy voorgangers gewees het. Ek het op ‘n manier êrens oor die naweek  ‘n oorinfeksie opgetel, wat maak dat dit voel of ek die hele tyd regs wil omfoeter. Dit was nogal prettig om gister voor in die kerk te staan en sing terwyl die wêreld so skeef trek!  Dit was so erg gisteraand dat ek die gemeente se lofdiens gemis het, en eerder net stil op die bank gelê het, dan draai die aarde nie so vinnig nie… ek het die lofprysing sommer BAIE gemis!

Maar vanoggend kom Ouboet, hy met die splinternuwe leerlinglisensie, by my aan. Hy skryf nie eksamen vandag nie, en is honger. Ek sleep my bejaarde ou karkas met die skewe wielbalansering uit die kooi, en met groot gesteun en kreun is ek deur die stort. So in die stort besluit ek: my seun gaan nie soos ek van ouds alleen die vreugde van motorfietsry hê nie, ek en hy moet nou bietjie herinneringe saam ook bou. Ek spring uit die stort, spring in my klere, roep my seun, en ons gryp ons valhelms. Met rokende bande vertrek ons vanaf die Pastorie- die gemeentetannies gaan more by die Bybelstudie vra of die  Hells Angels dan daar by my oornag het gisteraand. Nee, tannie, die Heaven’s Bad Boys…

Ons ry toe net tot by die naaste Spur, vir die R19.99 spesiale ontbyt. Ons gesels motorfietsstories, GIRLS, en kyk die rugbyhoogtepunte… raai net, my seun het toe dieselfde belangstellings in die lewe as ekke! Wat ‘n wonderlike seun om groot te maak!  Hy gaan nog ver in die lewe kom, met die manier waarop hy dink…

In elk geval, die ontbyt saam was so lekker, al was dit so kort. Ek moet nog verder in die gemeente gaan rondspook, en hy moet leer om sy Graad 10 eksamen deur te kom. Maar sulke gedeelde ervarings tussen pa en seun, op ons BIKES, maak die lewe mooi! Hierdie Blou Maandag is al klaar meer Turkoois as Navy…

Ekskuus vir die swak foto, my swartbessie flits is demonies besete en op pad hel toe…

6 thoughts on “Maandag oggend Breakfast Run saam met my seun…

  1. I am smiling from ear to ear right now. I took my boy out for a quick lesson yesterday afternoon. He is taller than me already, so well on his way to pass 6 foot very soon. The bike is the BMW F650 GS, a tall bike that even has me on tippy toes! So off we go, and within 10 minutes he is zooming around, doing figure 8 turns and enjoying it thoroughly! But the best thing is the creation of memories. He will remember it forever, and so will I . Biking is in our blood, so it is only natural that we will pass it on to our children. Have an awesome week – next time I come to Gauteng we must go for a ride.

    • This is excellent memories for any son to treasure for the rest of their lives, and muck more for the proud dad! I hope you and your son have many wonderful journeys ahead! Let me know when you are again in Gauteng, will really try to get there, it is just that our diarys are quite overloaded at the moment…

  2. Lekker tye – julle is besig om “history” te maak …. my seun se eerste fiets wat hy “legal” op die pad kon ry was ‘n Aprillia RS125 – (die hoe en hoekom hy daai fiets gekry het is storie vir anderdag …) destyds het ek nog met my Honda CBR 1100 RC rond gespeel – twee of drie naweke terug het ons weer soos ouds gaan “breakfeast run” ek op my GS 1200, en hy op syne (hy het ook die trotse eienaar van sy eie GS 1200 geword) – en die week voor laas het ons Sabie toe gery – julle moet dit geniet – en miskien is ons bevoorreg genoeg om julle eendag te ontmoet !!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s