Eervolle vermelding- namens die Donkiegilde…

Peet se Padstal buite Warmbelabelabad…

Daar is min dinge so lekker soos ‘n aftrek langs die pad, by ‘n oordentlike oordenkte padstal, soos Peet se Padstal buite Warmbad op die pad na Thabazimbi toe. ‘n Donkievriendelike plek!   Hier is heerlike ontbyte, Sondagmiddagetes, en al daardie kaggelgoetertjies wat Gautengers en buitelanders so soek. Dis waar ek en Pastoriemoeder gister weggekruip het vir die Bikers Church en derglike kerklike ervarings…  Soms wil ons ook net wegbreek…

En nou moet ek weer Tswanetoria toe om motorfietsparte te koop, my stukkende Blackberry Torch vir iemand by die Vodashop anaal te gaan inserteer dat net ‘n goeie  proktoloog dit weer kan uithaal. Daarna moet ek weer vir my dogter op universiteit my maand se salaris gaan besorg…  Dalk, net dalk, kan ek Battleship gaan kyk…

5 thoughts on “Eervolle vermelding- namens die Donkiegilde…

  1. Ek het empatie met die besorg van die salaris aan die studente kind. Ken die pad. Glo my nou eers raak dit aangenaam as dieselfde kind, self verdien en vir jou so nou en dan bederf met allerhande lekkernye !! Hou goeie moed !! (klink dit dan nou so Bybels)

      • My broer se kind lank terug ook dieselfde kursus gedoen ( glo nie voltooi nie) kan onthou hul het gepraat die koste is ‘n riller!!
        Ons het eerste voorraad vir kinta se praktyk gekoop so bly ek hoef nie weer nie- net om eers daar te kom dat hulle self kan aankoop wat te kope is– sterkte gaan nie help nie, maar Absa moes destyds ook maar help !!! Rente of de not

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s