In die wêreld maar nie van die wêreld nie…

O, vandag gaan ek dit weer van alle kante af kry…  Maar ek het ‘n ding op die hart…

Daar is sekere gelowiges wat sê ons moet niks met hierdie wêreld te doen hê nie. Die wat ten minste eerlik is daaroor, gaan woon in ‘n klooster in ‘n afgeleë woestyn, sewentig dagreise met ‘n ou donkie (nie ek nie, ek is nog ‘n jong donkie!) van die naaste rol toiletpapier af. “There’s a friendly Spar wherever you are… ” behalwe naby hierdie kloosters.  Die mense praat gewoonlik nie met mekaar daar nie- daar is “a vow of silence” in plek.  Hulle slaap in grotte, op matrasse wat hulle geweef het van hulle eie baardhare.  Hulle eet net groente wat hulle self geplant en bemes het. Hulle drink net fonteinwater.  Hierdie mense weet nie iets van die huidige Euro krisis nie. Hulle weet niks van die PIGS se gulsigheid wat alles veroorsaak het nie (Portugal, Italy, Greece, Spain!)  Hulle weet nie dat Sirië een van Turkye se vliegtuie afgeskiet het nie.  Hulle weet nie van die spanning tussen Noord en Suid Sudan nie, dalk het hulle onlangs verneem van die Spanning tussen Noord en Suid Korea. Miskien dalk ook ietsie gehoor van die Ongelukkige Voorval in Viëtnam…  Hulle is gelukkig in hulle eie grot, en die enigste vermaak wat hulle het, is om Klaagliedere op perkamentrolle oor te skryf met die hand. Nou- as dit hulle gelukkig maak, wie is ek om dit van hulle af weg te neem?

Ek is nie so nie. Ek is te nuuskierig. Ek wil baie, baie leesstof elke dag hê. Ek wil my koerant lees op die Internet. Ek wil kyk op BBC se webwerf wat in die wêreld aangaan.

Ek wil graag met my vriende in gesprek wees- dit was die wonderlikste ding toe ek faceboek gekry het. Die Internet is vir my ‘n stukkie hemel op aarde- ek is verslaaf aan Interkonnektiwiteit!  Soveel groter was my vreugde toe ek verlede jaar ‘n Blackberry Torch kry. Dadelik kon ek sien as iemand iets vir my epos- of op my blog kommentaar lewer. Dadelik kon ek sien as enige van my 369 vriende iets interessant op facebook publiseer. Ek kon met soveel vriende BBM, of Whatsapp. Dit was so baie, baie lekker om te weet wat in my mense se lewens , en die groter wêreld waarin ons lewe, aangaan.

En toe pak die Toorts op. as jy hom oopskuif, gaan hy dood.  Net die “touchscreen” het die afgelope ruk gewerk. En met my dik vingertjies kry ek nie mooi netjies foutloos getik nie, soos my vriende op facebook sou opmerk.  Maandagoggend het ek my foon in Menlyn gaan ingee om herstel te word. Vodacom het mos so pragtige advertensie, waar Josh Strauss sy foon invat om herstel te word, en dan is dit in die bobbejaanmannetjie se pens…  Selfs dit is vir Vodacom glo geen probleem nie…

Tot ek daar opdaag. En wil hoor van die “loanphone”, want ek betaal ‘n helse klomp geld vir my BBM Talk 24o per maand. Die dametjie gaan haal die leenfoontjie vir my- ‘n simpel, simpel, simpel Vodaphone uit die ark uit. Raai wat doen hy alles? Hy kan bel.  En? Niks en nie. Hy kan bel.

Skielik kan ek nie meer my eposse dadelik lees nie. Ek kan nie facebook nie. Ek kan nie BBM of Whatsapp nie. Ek weet nou niks van niemand af nie. Ek kan niemand uit die moeilikheid uit help nie, behalwe as hulle my direk bel…

Na die klooster in die woestyn, waar jy jou eie groente bemes, is hierdie die tweede manier om totaal van die wêreld vervreemd te word! Kry ‘n Vodaphone leenfoon by Vodacom…  Hierdie foon het nog vir Paulus op Speeddial in Efese!

Ek is woes gefrustreerd! En buite bereik! Dit gaan vir 40 jaar so aanhou- so lank soos wat die parmantige Israeliete gevat het om deur die woestyn te kom. Dalk oordryf ek soms so bietjie, maar dit voel so! 7-14 werksdae- julle gaan vir my kom peanuts voer by Weskoppies teen volgende Vrydag!

So ja, ek is nog in hierdie wêreld. Maar ek voel weggeraap…

16 thoughts on “In die wêreld maar nie van die wêreld nie…

  1. Ja, die tegnologie het ons eintlik aan die kort hare beet! Mens voel nie net afgesny van alles en almal nie, maar ook so half nutteloos. Gelukkig kan ons nog bid, want ons Vader het mos sy eie torch en internet en bbm en en en en……! Ek lees op Lodie se blog hy kan nog sy “moer strip” daar bo in Rusland, dan kan mens maar seker die 7-14 dae sonder die ou toors gaan. Sterkte vir die volgende 2 weke of so, en moet net nie die tralies te hard ruk na dag 7 nie. Groete en dankie vir die oulike gedeeltes!

    Philip

  2. Ds XXX, jy is juweel! Baie dankie vir Biliam se donkie!!!!! Ek geniet jou skrywes ontsettend baie! In n dag van hard werk, drama en soms n struweling met n ou se ander helfte, is jou blog altyd daar om my weer te laat glimlag!!!! Die Here seen jou met n wonderlike skryf talent! So nodig vir my…. N heerlike giggellag net wanneer ek dit die nodigste het!
    Liefde groete
    Carin

    • Baie dankie Carin! Ek moet maar soms my nonsens hier praat om my kop weer skoon te kry… Dankie vir jou ondersteuning! Ekskuus ek het my naam hier bo verander, want anders gaan Drikus by my kom koffie drink saam met die Inkwisisie…

  3. Ai, kyk hoe hang my skouertjies! Dat ‘n TOORTS van alle dinge jou so in die steek moes laat. Dink ek moet ook vir 3 weke in ‘n grot gaan wegkruip. Sorrie sorrie sorrie 😦

  4. Ek is nou die dag gereprimand oorlat ek die werk se BB op fb sleggesê het. Maar die goed maak mens so die mooooooooeeeeerrrr in. Lekker aandjie dooms, en jammer dat ek moer op jou blog gesê het.

  5. Probeer vir Paulus in Efese dominee…. wie weet miskien antwoord hy daar vanuit die hoogste hemele, en jou kop gaan nooit weer hier by ons op die aarde wees nie 😆 Indien dit nie werk nie, ek het “peanuts,” en bly naby Weskoppies……!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s