Asblik toe…

In my gemeente is ek altyd beskikbaar vir mense in nood. Maar op ‘n Vrydagaand moet jy regtig ‘n baie, baie groot krisis hê om my in die hande te kry. Want Vrydag is my afdag. Dan nooi ek van my goeie vriende om saam met my om my vuur te kom sit. Ons gesinne braai saam ‘n vleisie, en ons drink dalk saam ‘n glasie goeie rooiwyn- soos Slanghoek se Camerca.

In die week het ek ook sulke oomblikke nodig, waar ek net uit my alledaagse lewe uit ontsnap vir ‘n paar minute.  Ek werk baie dae van agtuur die oggend tot na nege saans.   Daarom is dit vir my noodsaaklik om in my week sulke oomblikke te hê waar ek in my verbeelding langs my kampvuurtjie sit, en wegkom van die seer van die wêreld rondom my.

In daardie konteks is Bileam se Donkie gebore. My virtuele kampvuurtjie, waar ek my stories kan vertel met mense wat graag saam met my kuier. En daar is so baie goeie vriende wat gereeld saam met my om die vuur kom sit. Nie almal van hulle is Christene nie. Nie almal deel presies die waarhede wat ek in my lewe onderskryf nie. En tog gesels ons lekker hier, vanuit verskillende hoeke, oor dinge wat vir ons saak maak. Soms verskil ons oor waarhede.  Maar almal is welkom, wat in vrede om my vuurtjie wil sit.

As iemand op ‘n Vrydag homself op my kom afforseer, langs my vuur kom sit, en my die hele tyd beledig, gaan ek vir hom die hek wys. Dit is doodgewoon nie goeie maniere om langs ‘n ander man se vuur te gaan sit, en hom die hele tyd te beledig nie.

Hierdie is my persoonlike blog. Dis niks meer as dit nie- ek verteenwoordig nie die ganse NG Kerk hier nie. Ek gaan nie hier swaarde kruis oor of Ben du Toit nou die Here ken of nie. Dis nie my blog se funksie nie. Ek ken Ben glad nie, ek weet net hy het iets te sê oor die duiwel. Maar ek vermoed hy sê baie mooier dinge oor die Here Jesus.

Langs my vuurtjie kan ek besluit: ek sien raak sekere mense sê Annari du Plessis kan nie ‘n Christen wees nie. Sy is ‘n jong kollega van my wat ek nog nooit ontmoet het nie. Langs my vuur sê ek vir my vriende: die manier waarop daar oor haar gepraat word, is glad nie vir my aanvaarbaar nie. En die volgende oomblik word ek betrek by ‘n helse teologiese aanval, waarin ek ook sommer ‘n dwaalleraar genoem word deur mense wat my nie ken nie.  Hulle is nou van my vuur belet.  Hulle kan elders gaan baklei oor wie ek nou eintlik sou wees of nie sou wees nie.

Ek word aangeval oor Eelt op my blog iets gesê het. En ek hom geantwoord het. Eelt het my nog altyd baie vriendelik behandel. Maar die aanvallers het na sy blog gaan kyk- hulle het niks daar te sê gehad nie! Maar hulle kom maak broek los op my stoep oor wat ek nou oor Eelt moes gedoen het.

Almal is welkom om my vuur, behalwe as hulle hulle soos aashole begin gedra teenoor ander vriende wat by my kom kuier het. As jy ‘n probleem met eelt het, gaan praat met hom daaroor, nie met my nie! As jy wonder oor Ben du Toit of Nelus Niemandt se geloofslewe, wees ‘n man, gaan kuier by hulle en vra hulle self. Ek is nie Ben du Toit of Nelus Niemandt nie, ek staan op geen manier vir hulle pa nie. En daardie bog oor Ben du Toit se dogter wat vir die Antwoord sou sing… hoekom word ek daaroor aangeval? Weet julle hoekom is so baie predikantskinders ateïste? Oor die heilige Fariseërs wat so liefdeloos in die kerk optree.

Wanneer hierdie Fariseërs op ‘n mens spring, is daar geen verskil tussen hulle en die ateïste in die manier van karaktermoord pleeg nie!

Ek is nie meer lus vir baklei nie. Ek gaan net name op daardie swartlys byvoeg soos mense hulle nie hier gedra nie.

Hierdie is my persoonlike blog. Dankie vir al my vriende wat waarde toevoeg tot my lewe.  En die res? Gaan speel elders met iemand wat belang stel…

 

 

 

Advertisements

27 thoughts on “Asblik toe…

  1. Die mense wat so tekere gaan oor Eelt en Ben en Nelus – lees hulle ooit hul Bybel ordentlik? Want so ver ek kan onthou, staan daar “Laat die een wat sonder sonde is die eerste klip gooi.”

    Daar is nie klein of groot sonde nie.
    Amen

  2. Jammer jou gemeente sien nie die artikel wat jy afgevee het nie!

    Wat beteken “aashole”? Sies man, is dit hoe ‘n predikant van die waarheid praat?

    Dis ‘n gevloekery hier op jou “persoonlike” werf en almal keur dit goed en die predikant vloek die hardste!

    Weereens hou jy aan om die riete te roer, die keer sonder om name te noem, maar jy gebruik die kras woord vir daardie mense! Moet jy die laaste dolk-steek inkry?

    Ek sal vir jou ‘n epos stuur na jou regte naam, by jou regte kerk. Ek sal nie jou naam beswadder (daai een wat jy ten alle kostes wegsteek) nie. Dit net om my eie te probeer beredder voor my mense nie.

    Swak gedrag van ‘n predikant!

    • Ek dog jy is geblok! Dis nou baie interessant wat hier besig is om te gebeur. My blog word normaalweg deur my vriende en familie gelees, en deur van my gemeentelede, want ek sit die link op my facebook vir almal om te sien.

      Jy- Drikus- hou aan om my ‘n wolf in skaapklere op my blog te noem. Jy hou aan om hier my te kom slegsê. En dit oor ek Annari du Plessis verdedig het. Wat JY sê nie ‘n kind van God kan wees nie. Jy hou aan om medegelowiges te veroordeel. En mense op my blog sleg te sê, en my daarin te betrek. Dit lyk my jy dink as jy lank genoeg aanhou, gaan die mense jou glo.

      Saam met jou maatjie Charl, wat op my blog kom trol, deur op my blog my aan te kla as ‘n dwalleraar- as jy jou Bybel enigsens ken, sal jy weet dis een van die heel ergste beledigings in die kerklike wêreld. Maar nie een van julle twee kan vir my sê waar ek sou gedwaal het nie. Ek verneem Charl is glo besig om my aan te kla by die kerk. Dis baie interessante nuus. Baie interessant in die opsig dat ek nie eers weet wie hy is nie. Maar hy kom op my blog, en kom beskuldig my dat ek ‘n dwaalleraar is. Ek het geen kontrak met hom om sy naam geheim te hou nie- as juille my kom aanval in my eie ruimte, hoekom moet julle identiteit geheim wees? Wys my een plek waar ek buite die ruimte van my blog met jou of Charl kontak gemaak het. Julle hou aan en aan om my hier te beskuidig.

      Ek het jou baie lang relaas netnou gelees. Hier is my antwoord: Jesus het gebid dat sy kerk een mag wees, sodat die wêreld kan glo- Johannes 17- gaan soek self die vers. Paulus sê in Efesi ërs 1:10 dat Jesus se bedoeling is om alles en almal onder een Hoof te verenig, naamlik onder Christus. Die eenheid van die kerk is Jesus se wens- maar jy en Charl kom byt en verskeur my en ander gelowiges op my blog. Jy wil graag teologie met my kom praat, maar jy is die hele tyd aanvallend asof ek iets het om te verdedig. En jou sidekick Charl ook.

      So- ek het julle tweetjies herhaaldelik gevra om my uit te los. Julle hou aan. Gaan lees gerus weer jou Bybel oor wat die Bybel oor verskeuring van die kerk sê- waarmee julle besig is. Gaan lees gerus wie is die vals aanklaer in die Bybel. Julle werk nou saam met hom.

      En as jy oor my taalgebruik iets wil sê: hierdie sal ek met liefde voor die Inkwisisie herhaal- elke liggaam het ‘n anus. En soos jy en Charl hier optree,. is dit julle.

      Gaan jy my nou uitlos? En hou tog net in hemelsnaam op om my te dreig met my identiteit- ek staan pa vir alles wat ek hier sê- so maak gerus maar my identiteit bekend.

      Net so heel ten slotte- vroeër op litnet was daardie geharde ateïs op my case, wat jy nie wil aanspreek nie. Hy het ook klagtes teen my by die kerk gelê. Weet jy wat is hartverskeurend, liewe Drikus? Ek kan geen verskil ervaar tussen die ateistiese trolle en die manier wat jy en Charl optree hier op my blog nie. En dit is vir my hartverskeurend.

      Uit die liefde wat gelowiges onder mekaar het, sal die wêreld weet dat Jesus die Here is. Dis geen wonder dis so amper onmoontlik om deesdae ‘n getuienis in hierdie wêreld uit te leef nie. Dis oor Fariseërs soos julle, wat die enigste Waarheid beet het.

      • Dominee, as jy jou blog hou by Nylstroom Sonsondergange en potjiekosresepte, sou ek geen reded gehad het om met jou in gesprek te tree nie. Dit is jy wat my aangespreek het hier so in jou “privaatheid”, wat eintlik ‘n PUBLIEKE werf is. Dit is jy wat aanhou om artikels te plaas en skryende sottighede kwyt te raak en dan beledig jy ons van sulke praktyke.

        Hier noem jy ons “anale openinge”–dis mooi taal en mooi vergelykings wat jy hier tref as predikant? Dis skandelik.

        Jy wil hê ons moet jou uitlos? Derhalwe gaan jy aan-en-aan-en-aan om te blog oor ons. Jy wil maar net wen ne? En, as jy nie kan nie dan blok jy ons?

        Hoe kan jy ‘n private blog hê, maar dis oop aan die publiek. Dan het jy die vermeteldheid om ander mense se opinies te verkleineer sonder enige verduideliking en dan vreeslik “victim” te skree as sulke mense jou aanvat?

        Indien jy all verwysings aangaande my en Charl uitvee, belowe ek jy sal my nie meer sien nie, anders moet jy maar die gevolg van jou stellings aanvaar. Skiet ‘n skoot in die donker en daar kom iets uit–staan jy verbaas?

        • Drikus, ek gaan jou ‘n laaste keer antwoord, en dan uitvee as ek jou weer raakioop.

          Ek sal nie net oor Nylstroom Sonsondergange skryf en hou by nonsens nie. Hierdie is ook nie ‘n private blog nie, maar word normaalweg net deur so 35 van my familie, vriende en gemeentelede gelees.

          Ek dink die manier wat jy Annari du Plessis behandel het, is walglik. Ek dink die manier waarop jy uit die hoogte, met al die “waarheid” aan jou kant praat, stink. Ek bespeur in jou en Charl se kommentare op my blog nie stukkie genade en liefde nie, net ‘n stuk dooie Fariseër godsdienstigheid. Dalk is jy ‘n baie gawe ou in die werklikheid. Ek sien niks daarvan in jou optrede op my blog nie.

          Die manier waarop jy hier my uit die hoogte kom aanvat het, en probeer leer om soos jy te dink,laat my wonder wat sê ongelowige mense nou weer. Seker maar soos Ghandi- Ek hou van jou Jesus, maar niks van jou nie.
          Voorbeelde- hier op my blog het jy die volgende gebesig:
          In jou heel eerste kommentaar aan my:
          “Ek neem aan jy is ‘n teoloog? Verder hoop ek van harte jy slaan ag op mense soos “hierstaanek” en “Wynand Louw”. Is die “eerlikheid” wat ek in jou komentare teenoor hulle bespeer eg? Regtig ek hoop van harte so want jy is nie verniet geteister deur die ateiste nie. Jy sal baie meer tyd aan jou geloof moet spandeer want jy word heen en weer geslinger deur elke wind van doktrine.”

          En hierdie tipe aanhalings het jy tot vervelens toe herhaal. Soos hierdie juweeltjie: “Lei jou gemeente reg, as jy so verward is hoe kan jy hulle lei? Moenie onbewustelik mense mislei nie Lukas 17:1-2, bedank liewer jou amp as wat jy dit doen of beter, kom reg en veg in geregtigheid vir geregtigheid Effe. 6:10-20. Is jy eerlik en opreg van harte om dit te doen?

          • Jy ken my glad nie, jy ken nie my verhaal of my roeping nie, maar jy sê sommer ek moet bedank, want ek is verward. Jy hou aan om my te beskuldig dat ek ‘n wolf in skaapsklere is, en ‘n dwaalleraar, soos in die pos wat ek uitgevee het.

            Jy het baie te sê gehad oor my hantering op litnet van die ateiste. Maar tot op hede het jy nog nie die uitdaging aanvaar om daar te gaan preek vir hulle nie, wat jy mos nou beter as ek kan doen.

            Dan is jou hantering van Eelt op my blog absoluut pateties. Jy hou nie van Eelt se blog se inhoud nie, maar jy sê niks daar nie. Jy kom beskuldig my van pornografiese vriende, omdat hy al op my blog kommentaar gelewer het en ek hom geantwoord het. Ja., ek dink ek en Eelt sal baie beter oor die weg kom as ek en jy. +

            “Dit bevestig nou baie en maak die saak BAIE duidelik. Eelt en Donkie ken mekaar? Sjoe, bid jou dit aan, die dominee en die pornografie-verslaafde is vriende. Sou dit nie alles in die duidelikste lig plaas nie – die wolf in skaapsklere?”

            Hoekom het ek aangehou met jou en Charl? Mense kan gerus kyk na die datums van die kommentare. Want julle hou aan terugkom om my te beledig. Die een wat ek uitgevee het van jou:“Wat ek wel geleer het uit hierdie ondervinding, met jou en met Anneri, is dat ons baie verder op die horlosie van God, in die einde inbeweeg het, 1 Tim. 4:1, Lukas 17:1, Rom. 16:7, 2 Thes.3:6. Dat dit mense in die kerk is, wat die dwaling bring; die wolwe in skaapsklere. (Mat. 7:15). Die ergste van alles, hulle weet dit nie eens nie, en dan dink hulle, hulle lei mense na die lig!”...

            En nou wil Charl prokureurs toe hardloop oor ek sy IP adres en eposadres noem. Na ‘n opmerking saoos : “Waar is jy predikant? Weet jou gemeente ooit wat jou regte naam is of is jy daar ook te bang om jou naam langs jou dwalende oortuigings te plaas?” Die optrede van ‘n Trol!
            Hy kan net so lekker soos jy my beskuldig van ‘n dwaalleraar wees. Wat in die Nuwe Testament, en in ons kerkorde, van die gevaarlikste beskuldigings is om teen ‘n leier in ‘n gemeente in te bring. Met leerdwaling verloor ons ons werk. Maar nie jy of Charl het die moed om vir my te sê presies waar dwaal ek nie. Julle hou net aan om my in julle boksies in te druk, en voor my familie en vriende te beledig.

            • Ek is so bly Charl het toe ‘n epos aan die Moderator gestuur, onder andere waar hy my met regsoptrede dreig.; Ek sien uit daarna om te verneem wat die Suid Afrikaanse regsproses gaan maak met hierdie ene. Om op ‘n mens se blog vir jou aanhoudend te bly sê jy is ‘n dwaalleraar, tot half twee in die oggend (Ja, my BB ping as ‘n boodskap deurkom… en “Someone” se IP adres is presies dieselfde as Charl s’n.) Dit is die optrede van ‘n Trol, waarvoor ons nie respek op die bloggemeenskap het nie. Dis eenvoudig- as jy my van dwaalleer wil beskuldig, maak seker van jou feite. Hopelik gaan daar ‘n ondersoek kom, en dan gaan Charl maar pa vir sy van ook moet staan, en sommer vir naamskending ook.

              Julle hou aan met die Wapenrusting van die Gees van Ef 6, wat ek glo so onhandig sou gebruik. Jy raai my aan om die gordel van die Waarheid aan te trek. En jy beskuldig my van vlak teologie. Terwyl ek herhaaldelik gesê het dis nie die doel van my blog nie.
              Net ‘n interessante stukkie teologie- die Wapenrusting van die Gees het geen wapentuig wat jou rug toehou nie. Die beeld wat Paulus gebruik het, was die Romeinse soldaat van sy dag, wie se rug deur sy medesoldate beskerm is. Dis die Christen se swak plek- ons het medegelowiges nodig om ons te beskerm. Maar jy en Charl val die hele tyd aan, sonder om ooit te dink aan die skade wat julle aan die liggaam in die breë doen.

              Ek is ook ‘n sondaar, nog onder konstruksie. Ja, ek is seker nie die skerpste dominee in die land nie. Tog het die Here gekies om my te gebruik in ‘n gemeente van 1650 mense (kyk maar gerus in die NG Kerk se jaarboek…)
              Ek het nog nooit gesê ek is volmaak nie, ek het my foute, ek sukkel met vloek, want ek het in ‘n industriële dorp grootgeword, in Yskor baie hard gewerk om my studies te help betaal, en ek meng graag met die motorfietsgemeenskap- daar is nou ‘n subkultuur wat kan rook, drink, dans en rondspyker!

              So kla maar aan soveel as wat julle wil. Maak my besonderhede bekend soos julle wil. My gemeente het vrye toegang tot my blog, ek sit meestal links daarnatoe op my facebook. 3

              Ten slotte- ek dink die manier waarop jy en Charl mense, gelowiges soos Annari, en ongelowiges hanteer,. is skokkend. Ek persoonlik dink jy skuld haar ‘n openbare verskoning!!! Julle maak die getuienistaak van die kerk op hierdie forum onmoontlik. Die manier waarop julle my behandel het is erger as die ateiste van litnet. Ek het by julle twee niks van die liefde van Jesus beleef nie. Niks van die vrug van die Gees nie. Net ‘n verskiklike arrogansie. O ja, ek raak sommer weer die blik… in oor jy sommer so maklik kan sê ek gaan meer as die ateïste veroordeel word, want ek behoort van beter te weet.

              En daarmee herhaal ek nou weer ‘n keer dat ek niks met julle te doen wil hê nie. Dit voeg net geen waarde toe tot my lewe nie. En as julle so wil aanhou sê ek roer die riete, ek hou nie op met julle nie- bly dan net weg hier. Ek het nog geen kommentaar op jou blog gelos nie. Ek het waaragtig niks daar verloor nie. En Charl het nie ‘n blog nie. Hy skiet sommer so van die kant af op gelowiges.

              Ek sal weer gaan kyk hoekom jou kommentaar nog deurkom hier, ek wil dit nie hê nie.

              Vriendelike vaarwel.
              Ewald Schmidt.
              NG Gemeente Nylstroom-Oos.

              • Die rede waarom die heer geblok is- vir mooi deursigtigheid. In ons werk is geloof, integriteit en egtheid seker die belangrikste eienskappe. As ‘n mens se integriteit die hele tyd verdag gemaak word, wat jou lewensroeping bedreig- moes ‘n mens maar net stilbly onder die aanslag van Bybeltekste wat soos messe gegooi word. Ek wou hierdie vir oulaas van my hart afkry, en nou stap ek weg van die onderwerp af.

                Drikus: “Die mens se behoefte aan selfregverdiging ken geen einde nie!

                Jou pos oor die Goth dominee is wat alles begin het. Is dit nie miskien: “too much reality too soon” vir jou nie?

                Jy sê jy wou nie in argumente betrokke raak nie, maar tog hou jy aan en aan met kritiek, omdat jy gekritiseer word, volg liewer die raad van Titus 3:10!

                Jou oorspronklike pos noem my by die naam! Intussen skuil jy agter ‘n nom de plume. Nou beswadder jy vir my en Charl “by die naam”, terwyl jy veilig in die skuiling van anonimiteit wegkruip. Is dit nie maar gewone lafhartigheid nie? Ek dink dit is uiters swak van jou! Sal jy enigeiets (behalwe om teologies te redeneer) doen om jouself probeer verdedig?

                Jy het nie een keer jou standpunt teologies verdedig nie. Jy gooi sulke terloopse stellings soos: Jesus wil almal onder Hom as hoof wil verenig – in liefde, maar jy gee geen konteks daaraan nie. As jy maar jouself bepaal by die skryf oor ‘n Nylstroomse bosveld son ondergang, wat sal ek jou daaroor aanval?

                Jy vra ons om jou uit te los, derhalwe loods jy ‘n persoonlike aanval op ons, waar en hoe jy ookal kan. Jy is seer sekerlik ‘n goeie mens, maar jy is nie ‘n goeie teoloog nie, aldus ons sien geen bewys van jou twintigjaar ondervinding nie. Jou vriende op jou blog is baie gaaf om jou te ondersteun, maar doen hulle dit omdat hulle jou ken as goeie man en pa van jou kinders, of doen hulle dit omdat hulle teologies oortuig is dat jy hulle rag leer? Hulle blaas saam met jou aan teologiese spookasem.

                In jou opinie is Anneri geskik vir die bediening. Dit sê jy so aan jou gemeente. In liefde moet ons haar aanvaar. Kwalifikasie en kritiek op my blogartikel uit jou messteek na my op jou blog? Niks!

                Jy vra dat ons die moderator moet kontak om dwaal in jou kerk aan te spreek, een wat hom nie slaags maak met sy kollega (Ben du Toit), wat glo die duiwel is nie ‘n persoon en dat God eintlik ‘n energievorm is nie: http://hierstaanek.com/2012/06/14/tugondersoek-vir-leerdwaling-teen-dr-ben-du-toit/. Hoe sal ons regkom met so iemand?

                Die eerwaarde doktor (du Toit) respekteer sy dogter (die antwoord) se kuns: http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Yo-Landi-se-dominee-pa-respekteer-Antwoord-20120211, ‘n dogter wat meer vloekwoorde in haar lerieke het as tussenwerpsels, een wat God dank vir Satan! Sy deel ‘n bestuurder (uit Amerika) wat ook die bestuurder is van ‘n self-erkende Satanis: Marilyn Manson!

                Hierdie selfde doktor is die outeur van die boek: “God? Geloof in ‘n post moderne tyd.” – Lees maar gerus die kredtiek: http://hierstaanek.files.wordpress.com/2012/02/ben-du-toit-resensie.pdf. Prof. Nelus Niemandt het afstand gedoen om enigeits te sê, rakende sy sienings, die van sy kollega op die sinode van jou kerk! Hoe sal hy ons help?

                Dit is skokkend dat jy gemakliker voel met Eelt (die porno-slaaf) as met my. In ander artikels op jou blog, lees ek hoe jy en hy ewe gemaklik ditjies-en-datjies uitruil. Jy wil my kritiek uitvee en my ban van jou blog, iemand wat jou kritiek gee op Christelike vlak, maar jy verkies om die porno-slaaf te behou. Waar lê jou lojaliteit? Nes Annerie eerste die Goth subkultuur verdedig bo die Christenska, los sy Christus en Sy leer in die stof en skryf ‘n blog-artikel en ‘n berig in Beeld, om haar Goth status goed te praat. Waar lê julle lojaliteit?

                Jy vloek en laat toe dat ander vloek op jou blog – hulle gee jou tien sterretjies net vir f#k. Jy stel dit so dat iemand nie ‘n Christen hoef te wees, om jou vriend te wees nie, selfs ‘n self-erkende agnostikus! Wat is ‘n vriend, as iemand met wie jy jouself in wese identifiseer? Dis tragies dat ek as onkundige–die sieke, die dokter moet heel. Jy wil (aldus na hierdie artikel) vir my (en dalk Charl ook) verban van jou blog. Intussen is die porno-verslaafde en die agnostikus welkom. Ek kan myself nie herhinder aan een keer dat ek of Charl enige skeld, vloek of kras taal gebruik het nie. Tog doen jy dit redelik vrylik, deur te vloek asook krasx of sterker taal aan te wend. Wat vind jy so afstootlik in ons kommentaar, afgesien van ‘n kwasstreep sarkasme, wat amper onmoontlik is om jouself nie aan skuldig te maak nie?

                Wat is ‘n broer in Christus, as iemand wat die evangelie verkondig wat Paulus verkondig het? En as iemand ‘n ander evangelie verkondig?

                Indien ek en jy dieselfde teologie in pag het, sou jy met die intrapslag vir my gesê het: “broer, ek glo dieselfde doktriene as jy…of broer, hier gaan jy verkeerd, laat my toe om jou reg te help”.

                Maar jy kies om hier in jou veilige hawe (soos ‘n poedel agter ‘n tuinhekkie) te kef, oor wie hierdie skerminkel Drikus is om te sê…Dis lafhartigheid om agter ‘n skuilnaam weg te kruip en dan die vermeteldheid aan die dag te lê om jou kritisie se kontakbesonderhede oor jou hele blog te plaas. Jy kon derhalwe my details, en daarby meen ek enigeiets wat jou punt staaf, plaas. Indien ek in die publiek sê ek is ‘n Christen, en jy kies om my verkeerd te bewys, dan gee ek nie om indien jy my naam gebruik, selfs fotos van my wat duidelik die teebeeld bewys nie; goed wat ek aan die publiek beskikbaar stel, te gebruik nie. Maar om iemand (omdat jy geen ander manier kan vind) sleg probeer maak, op alle gebiede moontlik denkbaar, is bloot swak styl.

                Toe ek Anneri kritiseer, is jy welkom om my naam en blog in jou artikel te noem, en selfs my te kritiseer, met bewyse of ten minste deur ‘n skamele poging aan te wend. Maar dit doen jy nie, jy skiet hier uit die heup, kom met die dolk van agter en dan gee jy voor dis wat ek (en moontlik ook Charl) doen! Dominee, jy tree agterbaks op, jy doen goed so tussen die lyne, waar ons jou openlik aanvat op een plek, besaai jy jou kommentaar elders met haat-snedes aangaande ons.”

                Dit blyk my heel–onmoontlik–dat ek en jy wel dieselfde doktriene aanhang! Jy vra jou mense: “vertel of ek enige iets anders as dit in die gemeente leer”. Hoe sal hulle kan vertel as hulle nie weet wat staan in die leerreëls van die Dordtregse sinode nie? Ek hou aan daardie reëls en so doen jou denominasie, tog is ons in ‘n verskil gewikkel, waarom? Een van ons twee hou nie by die grondleer nie.

                Indien jy my blog lees, sal jy weldra ‘n baie goeie idee hê van my geloofsoortuigings – ek kan dit nie van joune kry nie. Ek skryf amper uitsluitlik oor die geloof, iets wat vir my sterk in die boesem brand, jy skryf oor dingetjies. Jy skel my naam op jou blog, sonder om my as gelowige te oordeel. Ja jy mag oordeel of ek in die waarheid staan, en as ek nie daar is nie, my kritiseer. Dit doen jy nie, maar loods eerder ‘n ad-hominem aanval op ‘n groot skaal. Jy pos spesiaal ‘n nuwe berig, deur al die kommentaar (wat al jou aanhangers vrylik kan lees) te moduleer na jou sin – uit konteks, sodat jy jouself kan regverdig en wreek.

                Niks wat ons ooit gesê het, teenoor jou, kon jou beweeg tot enige betekenisvolle redenasie nie. Selfs in jou terugvoer aan jou gemeente, rakende die Goth-kwessie, blaas jy emosionele spookasem. Jy is ‘n leeraar, nie ‘n man met ‘n opinie nie – dit is my afdeling daardie.

                Jy sê: “My Jesus is besig om een nuwe koninkryk te bou”. Is dit jou post-millennialistiese siening of is dit sommer net hoe jy voel? Weet jou gemeente dat daar ‘n onderwerp soos eskatelogie bestaan en kan hulle die verskil optel, wanneer iemand so ‘n stelling maak?

                Ek is nie “smalend” teenoor jou nie. Ek sal vinnig vir jou sê ek is nie ‘n teoloog, met twintig jaar se ondervinding nie. Ek het trouens geen vooropgestelde agenda gehad om met jou in ‘n redenasie gewikkel te raak nie, maar jy het gekies om die riete te roer, en jy hou aan om die riete te roer. Waarom, dink ek by myself? En ek dink, jy is bang om soos ‘n dwaas aan jou gemeente te lyk. Jy verdedig jou amp en nie jou doktriene nie. Is dit so dat dit jou werk is om ‘n predikant te wees en nie jou roeping nie? Dit herhinder my aan Anneri se blog-artikel oor hoeveel afgestudeerde teoloë nie “werk” kry nie. As ek “smalend” voorkom is dit om dieselfde rede as dat mense my uitkruid as “bigot”: http://teampyro.blogspot.com/2012/06/bigots.html.

                Wat ek wel geleer het uit hierdie ondervinding, met jou en met Anneri, is dat ons baie verder op die horlosie van God, in die einde inbeweeg het, 1 Tim. 4:1, Lukas 17:1, Rom. 16:7, 2 Thes.3:6. Dat dit mense in die kerk is, wat die dwaling bring; die wolwe in skaapsklere. (Mat. 7:15). Die ergste van alles, hulle weet dit nie eens nie, en dan dink hulle, hulle lei mense na die lig!

          • ok – ek is nie een vir konfrontasie nie – en soos ons almal weet, jy gaan nie iemand verander nie, al probeer jy jou dinges af. maar ek wil nou se wat ek wil se – drikus en charl. ek sien julle is groot christene. ek sit nou hier en wonder of julle bereik wat julle dink julle bereik en of julle voel julle doen vir die kingdom – i don’t know. ‘n mens kan nie net die bybelversies uitlig wat vir jou werk en waarmee jy ander kan kruisig nie. wat het van liefde en grace geword? oh my word.

            g’n wonder mense dink christene ‘n klomp freaks nie – dink regtig nie Jesus sou so optree nie. gaan sit bietjie en dink man – wat het Hy nie vir ons gegee nie – LOVE and GRACE – ek sien maar min daarvan. dis eintlik sad en kotsenswekkend!! dink julle regtig deur om altyd ander mense te bash gaan jy God se liefde vir hulle wys – i don’t think so. love people more en aanvaar hulle in liefde en grace – dan gaan julle dalk meer regkry!! oral op die sosiale forums sien ‘n mens hoe christene ander aanval en judge en soos mal mense tekere gaan – nee man, flippit – ek is gatvol …!!!

            • Nee wat Julia, hierdie twee is tiperend van die hoogheilige klip Christene wat elke diens voor sing in die kerk en Maandag tot Vrydag vloek hulle by die werk en behandle swart of anderskleuriges soos vloerlappe en Vrydagaand en Saterdagaand slaan hulle hul vrouens agter toe deure. Maar die vrou is al so gekondisioneer, sy bly stil en steek die blou merke effektief weg. Want sien, sy glo al sy is die oorsaak van die pak slae en sy dink ook sy sal alles verloor en niemand gaan glo dat haar Christelike man haar donner elke naweek nie.

              Do not argue with a fool, they will drag you down to their level, then beat you with experience.

  3. Sjoe Donkie. Sjoe. n Mens se braaivleisvuurtjie is jou braaivleisvuurtjie. Alle mense is sondig. As almal heilig was, sou dit nie nodig wees dat Jesus vir ons moes sterf nie.

  4. Wow
    Dit was nou vir my interresant. Mooi gesê Donkie. Ek is ampertjies ook ‘n dominee (selfde fakulteit as Anneri) en dit is goed om te sien daar is mense “who’s got our backs”. Vrede

  5. Hi vriend of vriendin Jesus het dan gese moet nie in die kring van die spoters sit nie. En mens moet nie mense aanval nie of stryd is teen die bose magte en die duisternis van die wereld. Bid vir hulle hulle almal het God ook gemaak als is sy skeping. Want Jesus het tot Sy Vader gebid en gese. Ek vra nie dat U hulle uit die wereld moet vat nie maar dat almal sal kan wees waar ek gaan wees. My vriend jou dade beteken niks as jy dit nie doen met liefde en geduld nie. Liefde en seen wense vir jou en almal wat hier lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s