Sondagaand se vreugdes…

Die afgelope week het dit gevoel of ek nogal diep moet skraap in die vaatjie om dinge te kry waaroor ek dankbaar kan wees.

Daar was die twee dae in Pretoria, en van Donderdag tot Saterdag sonder my Geliefde in my huis.

Maar vandag was baie mooi.

Dis wat ek vanaand beleef:

 

My dogter is vandag 19 jaar oud. Vanmiddag kon ons ‘n paar pizzas gaan deel by ‘n baie lekker plekkie op pad tolpad toe… Ek het nou vir haar ‘n paar skaaptjoppies en Rooibokwors gebraai. Dit terwyl ek die tennis in my lapa geniet, en Federer weer soos van ouds na ‘n ware kampioen lyk. Op die foto staan my geliefde Huisbesoek, wat binne die volgende 100 km eers by 40 000 km gaan uitkom- ek ry maar so 5000 km per jaar!

Maar op hierdie foto is drie van my groot vreugdes in die lewe:

  • Om motorfiets te ry.
  • Om kos te maak vir die mense vir wie ek lief is.
  •  Om sport te kyk- rugby, krieket, fietsry, atletiek, strandvolleyball vir vroue, en vanaand: tennis.

Maar toe ek nou so voor my vuurtjie sit vanaand, het ek verder gedink oor dankbare dinge in my lewe, waaraan ek my gereeld moet herinner:

  •  Dis lekker om iemand te hê wat elke aand langs my in die bed lê op ‘n koue wintersaand (behalwe as sy nou skoonma en skoonsusters rondry…)
  •  Dis lekker as al my kiddies vir ‘n aand onder my dak is.
  •  Dis lekker dat ons vandag kos op ons tafel kon hê, baie mense het nie daardie luukse vandag gehad nie.
  •  Dis lekker om goeie vriende te hê wat vir my omgee, en vir wie ek ook op my beurt kan omgee.
  •  Dis lekker om vandag ‘n pynlose dag te hê- baie mense lewe in chroniese pyn.
  •  Dis lekker om in die kerk te wees, maar nie vandag te moes preek nie- om net langs my dogter te kon sit en ons teologiese student se uitstekende diens te kon beleef.
  •  Dis lekker om vanaand in ‘n warm bed te kan klim.
  • Dis lekker dat daar so  baie goeie sport deesdae op die televisie is, sportmanne en vroue inspireer my.
  • Ek is so bly dat Roger Federer vir oulaas Wimbledon kan wen.

3 thoughts on “Sondagaand se vreugdes…

  1. Dis so waar Ewald. Ek sit ook vannaand alleen. Christa kuier vir ‘n week by Mareli-hulle. Nou ja dis nou my slaaptyd, dis more 4h30 weer terug werk toe. Geniet dit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s