Maandagoggende se facebookstatusse…

Ek sit vanoggend gou die rekenaar aan net om seker te maak al my vriende het dit gemaak deur die koue nag. Ysbere loop weer rond en verslind die onverskilliges.  Vanoggend tref dit my: hoe baie motiverende boodskappies my vriende op hulle facebook statusse sit.

Ek het self in my bed gelê en Twitter dat vandag die eerste dag van die res van my lewe is, dalk is dit tyd om vandag iets op ‘n ander manier te probeer doen. Natuurlik in Engels, want ek gebruik my twitter om op hoogte te bly met kerkleiers veral in Amerika, en dan kan hulle soms verstaan wat ek ook probeer sê- goeie ouens soos Lee Strobel en Mike Licona…

Een van die bestes is ‘n sendelingvriend in Swaziland s’n:

The only Christian sport is boxing. It is the only sport where it is more blessed to give than to receive.

‘n Fisioterapeut vriendin in Pretoria:

‘n Onderwyseres van ons dorp:

Give the world the best you have and the best will come back to you!

‘n Medeblogger hier:

‘n Moedelose jong pa in die gemeente: (drie-uur vanoggend)

dis lekker. ek en (my vrou)  gaan maandag begin met 3ure se slaap! (My dogtertjie)  wil nie slaap,net speel!

Oral beleef ek net ons almal probeer moed bymekaar skraap om hierdie week te oorleef. Maandae is maar soos Garfield gesê het- ‘n oorbodige dag in die week.

Hoe lyk jou Maandag, en wat sê jou vriende alles vanoggend?

15 thoughts on “Maandagoggende se facebookstatusse…

  1. Dagsê Doom! Wil jou net vir jou ” ‘n pluk aan jou stert gee” met hierdie WOW blad wat begin is!! Ai dit is superkreatief en ek “laaik” dit baie hoor! Doe so voort! Jy kan gerus van jou interessanthede stuur na DIE POS hoor! Ek sal beslis gereeld hier kom inloer! Groete Stefnie

    • Baie welkom Stefnie- dis egter al ‘n ou blad, hoor… lees gerus terug in die geskiedenis, hier is al so 183 verskillende inskrywings hier. Nee, sal nie sommer vir die Pos stuur nie, kyk net hoe maklik kom ek in die moeilikheid soos verlede week…🙂

  2. Maandae is nie sóóó sleg nie! Die slegste is dat ek nie kan laatlê in my ander helfte se arms soos op ‘n Saterdag nie….

    • Vanoggend kon ek darem- die skole begin eers volgende week, en ek gaan vanaand tot laat besig wees met die omgeegroep boekie vir volgende kwartaal- so ek het met blydskap bietjie later gelê…

  3. Nee man, op ‘n Maandag het jy ‘n skoon week voor jou wat jy nog met allerhande dinge kan volmaak….goed en sleg!! Dankie, ek het hierdie post baie geniet

  4. Maandae het statisties die grootste kans om daardie dag te wees waar etlike dae jou tegelyk takel, want jou klandisie (in my geval) was die heel naweek unsupervised en het dus baie tyd gehad om allerhande onheilighede aan te vang wat jy dan op ‘n Maandagoggend moet probeer regdokter, betyds vir die tender wat absoluut vandag moet in wees.

    Taktiek vir Maandag is hou jou staaldak aan en jou mond toe ( a closed mouth gathers no foot) en beweeg so vinnig moontlik om sodoende die moeilikste moontlike teiken te wees. As jou voete grondraak verloor jy spoed, en as jy spoed verloor bloei jy

      • Neewat mater, ek skrik nie ‘n Maandag nie. Toe ek vanmore opdaag toe sug Maandag kliphard en kla by Dinsdag: “Wat soek dié ou alweer hier?”

        Maar Woensdag knap voor eerstehoennerpoep moet ek vort na die land van Zulu. kerrie en haaie dikevreet aan prima bulvleis. Nou daars nou ‘n plek wat nie my my konstitusie akkodeer nie, en enige goeie Woensdag en Donderdag totaal ruineer

  5. Ek is gereed vir die nuwe week en kwartaal wat voorle! Batterye is behoorlik geherlaai na die afgelope week se wonderbaarlike, fantasmagoriese ruskans, vir 7 dae nogal, by die Warthog Inn Lodge naby Brits!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s