Om duimspykers op jou naaste se pad te gooi…

Ek hou baie van fietsry.  Na 18 Argusse mag ek seker ook iets te sê hê daaroor.

Hierdie tyd van die jaar kyk ek en my geliefde graag na die Tour de France- mos maar die toppunt van die fietsrysport.

Vandag, op die skof van Limoux na Foix het ‘n mens net weer die beste en slegste van menslike optrede gesien.

Een of ander aashool het duimspykers op die pad gegooi op die bokant van die een groot klim. Die eerste een wat ‘n pap wiel gekry het, was Cadel Evans. Omdat die bokant van ‘n klim so afgesper word, is dit ook moeilik vir die ondersteuningsvoertuie, span of neutraal, om vinnig by ‘n ryer in nood uit te kom. Cadel het meer as ‘n minuut verloor, en kort daarna weer ‘n pap wiel gehad. Iemand het die sport probeer saboteer, en baie van die manne het pap wiele gekry. Dit is die laagtepunt.

Cadel Evans het darem verlede jaar die Tour gewen, en is baie kort op die geeltrui- Bradley Wiggens se hakke wat tyd vir algehele voorloper van die hele Toer. (3″17’)  Bradley Wiggens het die duimspykers ontwyk. Hy kon BAIE vandag gebaat het by Cadel se hartseer. Maar hy het met die ander fietsryers gepraat, en hulle het dadelik besluit om vir vandag nie verder te kompeteer nie, maar vir Cadel te wag.  Dit kan hom dalk die wedren kos in die lang duur. Maar ek het respek vir so ‘n sportman, wat nie wil wen uit die slegte wat met sy hoofopponent gebeur het nie.

Foto van Bradley Wiggins gekry by http://www.bbc.co.uk/sport/0/cycling/18755896

Dit het my nou weer diep aan die dink oor die lewe!  Daar is mense wat graag duimspykers in hulle naaste se pad gooi, om hulle te verhinder om hulle lewenswedloop na die beste van hulle vermoë te kompeteer.

En daar is ander wat eerder sal verloor as om onregverdig te wen in die spel van die lewe.

Ons het ‘n keuse wat ons wil wees in die lewe- saboteurs, of sportmanne en -vroue.

3 thoughts on “Om duimspykers op jou naaste se pad te gooi…

  1. Somtyds betaal jy ‘n ongelooflike duur prys vir daardie verloor as jy nie bereid is omregverdig of vals te wees nie.
    Ek stem – ons het ALTYD ‘n keuse. Niks gebeur perongeluk in die lewe nie en niks word net vanself opgelos nie.

  2. sulke mense wat sulke goed doen is regtig nie lekker in hulle koppe nie … ai ai. maar ja – ek stem saam met wat jy se. en met jou ook vlooi … ek kan praat uit ondervinding.🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s