Begin LEWE met die einde in gedagte… leef om ‘n verskil te maak!

Dis een van die dinge wat ek by Stephen Covey geleer het.  Dink aan die dag van jou begrafnis, hopelik ver in die toekoms. Dink wat die mense daardie dag van jou moet sê, sodat jou bestaan op aarde die moeite werd sou wees. En begin dit vandag beplan en uitleef.

Stephen is eergister oorlede. Op ouderdom 79 het hy nog steil bergpaaie met ‘n bergfiets aangepak, in die Provo gebied van Utah. Hy het in April tydens so ‘n steil afdraende geval, en seergekry. HY het van toe af al hoe meer agteruit gegaan tot hy, omring deur al sy eie mense, gesterf het.  Dis hoe ek begeer om oud te word- om dinge te doen wat ander as onverantwoordelik sal beskryf op daardie ouderdom.  Bergfiets op steil roetes! Respek! What a way to go! By ons sit byna al die 79 jarige omies op die Ouetehuis se stoep en wag op die doodsengel om hulle te verlos.

Ja, hy het uitgeleef wat hy geskryf het. En daarvoor het ek vir hom respek. Sy boek “Seven Habits of Highly Effective People” was een van die belangrikste stukke leeswerk in my eie lewe.

Was ek ‘n goeie student? Kom ons evalueer:

1. Wees Pro- Aktief– Gee aandag aan jou sirkel van invloed- bou verhoudings en netwerke- ek sukkel soms met hierdie een- 5/10

2. Beplan met die einde in gedagte– Ja, ek dink baie deesdae aan die einde van die reis, en of ek regtig ‘n verskil maak waar ek kan. Sê maar 7/ 10?

3.  Sit die eerste dinge eerste op jou lys- As studente het ons altyd gesê: Pret kom voor Plesier. Prioriteite? Sukkel ook nog steeds daarmee- kom dalk te min by die belangrikste mense in my lewe se harte uit! 6/10

4.  Dink Wen-Wen– soek oplossings wat vir almal voordelig is. Ek probeer dit regtig doen- sê maar 8/10.

5.  Soek eers om te verstaan, en dan verstaan te word. – Ek dink ek is nogal goed hiermee. Ek probeer regtig my bes om my in ander mense se posisie in te dink. Hoe sou ek optree as ek in hulle skoene was?  John Maxwell sou hieroor gesê het: “Mense gee nie om hoeveel jy weet tot hulle weet hoeveel jy omgee nie.…” 9/10

6. Sinergie– verskillende faktore of mense werk saam tot gedeelde voordeel vir almal. Saam is ons sterker as elkeen op sy eie. Ek sukkel met hierdie een- ek sukkel om mense te kry om iets te doen… 3/10.

7. Maak die byl skerp…  As jy aanhou werk met gereedskap sonder om dit in stand te hou, dan faal dit op kritiese oomblikke. As jy aanhou hout kap, word die byl al stomper, tot dit later baie werk, maar min resultate oplewer. Soms is dit nodig om terug te staan, die tyd te vat om die byl te slyp, en dan weer met meer effektiwiteit bome af te kap. Ek probeer dit doen met my verstand- ek probeer dit slyp deur te lees. Maar ek doen dit nie altyd met my liggaam nie- ek is alweer heeltemal onfiks na my 18e Argus- nog nie weer geoefen nie… maar nou gaan ek en my dogter 4 km stap- vanaand gaan ek weer seer wees!  Sê maar 5/10.

BAie belangrike beginsels om in die lewe te onthou. Stephen Covey het my aan die dink gesit. Daarvoor is ek dankbaar. Jammer as ek nie altyd ‘n goeie student van hierdie tipe beginsels is nie, Stephen, dis nie jou skuld nie!

Foto: Assosiated Press

3 thoughts on “Begin LEWE met die einde in gedagte… leef om ‘n verskil te maak!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s